Alle opposisiepartye behoort die Demokratiese Alliansie se voorbeeld na te volg

DA-leier Helen Zille met DA-voorsitter James Selfe in 2010. Beide stel hul poste verkiesbaar tydens die federale DA-kongres van 2015. (Foto: DA / Wikimedia Commons)

Die aankondiging dat me Helen Zille gaan uittree as leier van Suid-Afrika se amptelike opposisie, die Demokratiese Alliansie (DA), het die tonge behoorlik los. Wie gaan die groot skoene van Helen Zille vul, en wat gaan die implikasies wees van ‘n DA sonder Helen Zille, nie net vir die DA nie, maar vir die ganse Suid-Afrika?

Opposisiepolitiek is ‘n sleutelelement van ‘n demokratiese land. Alhoewel die opposisie se werk nie aldag aangenaam is nie, is dit belangrik dat verkillende groepe mense verteenwoordig word in die nasionale lekgotla. Die parlement moet ‘n diverse plek wees en dit moet soveel as moontlik mense van die land verteenwoordig om dit geloofwaardig te maak. Gesonde opposisiepolitiek hou regerende partye op hulle tone en daag daardie partye uit. Dit verdiep die demokrasie se wortels en vra vrae oor die koers waarop ‘n land is.

In Afrika het ons egter ‘n groot probleem met diktatorskappe. Ons leiers wil, met enkele uitsonderings, nie sommer afstand doen van hulle mag nie. Die bekendste voorbeeld waaraan mens sommer dadelik kan dink, is president Robert Mugabe van Zimbabwe, maar daar was ook vele ander soos Idi Amin, koning Mswati, Bokassa, en verskeie ander. Dan is daar ook die uitsonderinge. Hier kan ons byvoorbeeld dink aan Nelson Mandela, wat slegs een termyn as president van Suid-Afrika diens gedoen het.

Ons sien ongelukkig ook hierdie probleem van diktatorkappe in Suid-Afrika se opposisiepolitiek. Die prominentste voorbeeld in ons politiek is ongetwyfeld die van hoofman Mangosuthu Butelezi, die eertydste eerste minister van Kwazulu. Sedert Suid-Afrika se oorgang in 1994, het Buthelezi nie ‘n aks afgestaan van sy magsposisie as leier van sy party, die Inkhata Vryheidsparty (IVP) nie. Die IVP het geweldige steun verloor, met ‘n wegbreekgroep en groot getalle kiessers wat die IVP verruil het vir die African National Congress (ANC), maar nogtans weier en bly Butelezi aan die stuur.

En hy is nie die enigste een nie. Bykans elke klein partytjie het so diktator wat klou aan sy posisie. Hierdie mense is amper reg deur die bank mans. Daar is Kenneth Meshwe van die African Christian Democratic Party. Generaal Bantu Holomisa van die United Democratic Movement. Dan is daar Pieter Mulder van die Vryheidsfront Plus. Hierdie is van die bekendste een persoonlikheid partye wat nie vernuwing in hulle strukture verwelkom nie. Daar is ook enkele dames, soos doktor Mamphela Ramphele, wat egter so vinnig uit die politiek is soos wat sy daar ingestap het.

Patricia de Lille is nie van dieselfde stoffasie nie. De Lille het haar eie klein sukkelende partytjie, die Independent Democrats, laat vaar en by die veel sterker Demokratiese Alliansie ingelyf.

Die opvolgstryd in die DA kan ‘n warm stryd word, en dit is waarskynlik so dat daar kiessers sal wees wat nie gemaklik sal wees met ‘n leier wat nie wit is nie. Daar is baie vreemde mense wat elke verkiessing hulle kruise gaan trek vir die DA. Vir die DA moet die vraag nie wees of hulle kan bekostig om hierdie minderhede se stemme te verloor nie, maar eerder of hulle kan slaag om hulle party vorentoe vat met sulke reaksionere figure agter hulle. Daar is baie mense wat eenvoudig veel beter pas in die institusionele kultuur van partye soos die Vryheidsfront plus, en van hierdie ander klein partye, waar daar nie ‘n inklusiewe benadering gevolg word nie. Dit is beter dat daardie mense in daardie partye van hulle ‘n politieke tuiste vind.

Maar dit sal tog ‘n welkome verandering wees in ons politiek as van die ander opposisiepartye ook maar begin om meer gereeld nuwe leiers ‘n beurt aan die stuur te gee. Deur nuwe leiers ook ‘n kans te gee, word nuwe idees en perspektiewe na die politieke tafel gebring, maar bowenal, nuwe energie.

 

Advertisements

One comment

  1. Die rede hoekom die DA n nuwe leier soek is om steun te probeer kry by die kiesers wat normaalweg ANC stem en daarom is die kans goed dat Mmusi Maimane dalk die leier kan wees, juis om te probeer om dit reg te kry. Die DA gaan dus baie meer werk insit by die townships. Die VF Plus volg n demokratiese weg om sy leiers aan te wys en dit word op n 2 jaarlikse basis gedoen. Daar is dus geen “diktators” in die VF Plus nie. Die VF Plus is n party vir minderheidsregte en doen goeie werk in dié verband, juis oor sy sterk en bevoegde leiers.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s