Lesersartikel: EFF sal ook demokrasie wil afskaf

Julius Malema leier van die EFF in 2011, toe hy nog leier van die ANC-Jeugliga was (Foto: Gary van der Merwe / Wikimedia Commons)

In 2013 het ek ‘n artikel geskryf wat op Die Afrikaanse opinieplatform geplaas is wat handel oor Julius Malema se Economic Freedom Fighters (EFF). Ek het gesê die EFF is geen goeie nuus vir Suid Afrika nie. Almal het gedink hul sal nie ‘n faktor wees in die politiek nie en sommer gou van die toneel af verdwyn. Destyds in Duitsland het almal vir Adolf Hitler en sy Nazi’s afgelag.

Vandag weet ons wat gebeur het en die enorme skade wat aangerig is deur die Nazi’s. Ons moet dus nie die EFF onderskat nie en besef hulle kan groot probleme veroorsaak. Ons het dit alreeds gesien met die chaos wat hul in die parlement veroorsaak het en dan ook die konfrontasies wat hul met parlementslede van die Vryheidsfront Plus (VF+) gehad het.

Dan was hul ook betrokke by die vernieling van standbeelde waarvan Paul Kruger se standbeeld op Kerkplein seker die bekendste is. Duidelik wil hul net afbreek, vernietig en chaos saai.

Verder weet ons dat die EFF grond wil onteien sonder vergoeding, want volgens hulle het blankes mos die grond gesteel en daarom kan dit mos net gevat word. Dan praat ons nie eers van die banke en myne wat hul wil nasionaliseer nie.

Nee, die EFF is beslis nie ‘n party wat in die demokrasie belang stel nie en misbruik die demokrasie slegs vir die bereiking van hul eie doelwitte. Uiteindelik sal hul selfs die demokratiese bestel wil vernietig en tot niet wil maak. Die EFF is dus beslis nie goeie nuus vir Suid Afrika en die demokrasie nie en daarom moet ons hul nie net aflag nie, maar besef dat daardie party ons groot skade kan berokken.

Hopelik sal diegene van die EFF wat sulke lafhartige dade gepleeg het met die vernieling van die standbeelde behoorlik aan die pen ry. Seer sekerlik kan hulle nie net maak en breek soos hulle wil nie, maar moet die vernielers verantwoording doen vir hul dade.

Chaos en anargie kan nie geduld word nie en moet met wortel en tak uitgeroei word. Die EFF is nie ‘n aanwins vir die demokratiese bestel in Suid Afrika nie en kan nog vir baie probleme sorg.

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s