Lesersartikel: VF+ kan baat by uittrede van DA se Helen Zille

Helen Zille in 2010 tydens die DA se federale kongres (Foto: DA / Wikimedia Commons)

Helen Zille gaan uittree as leier van die Demokratiese Alliansie (DA). Sy bly egter aan as Wes-Kaapse premier tot haar termyn verstryk. Dit laat die pad oop vir Mmusi Maimane om die eerste swart leier van die DA te word. Hy is tans die parlementêre leier van die DA.

Dit is dus duidelik dat die DA al hoe meer gaan fokus op die swart kieserskorps en daarom sal dit net logies wees as Maimane die nuwe leier word. Hy kan dus gebruik word om meer swart steun vir die DA te werf. Natuurlik sal ons eers later weet wie die amptelike leier van die DA gaan wees en kan mens tans maar net bespiegel wie dit gaan wees. Die gunsteling blyk egter Maimane te wees.

Die DA wil natuurlik die ANC verslaan by die stembus en die vraag is hoe hul dit gaan regkry?

Hulle sal baie meer swart kiesers moet weglok van die ANC om DA te stem. Dit is natuurlik duisende ANC kiesers en om dít reg te kry sal die DA meer radikaal as die ANC moet wees wat betref regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging, grondhervorming en dies meer.

Dit kan natuurlik daartoe lei dat die DA minderhede gaan vervreem en hierdie kiesers gaan ‘n nuwe politieke tuiste wil vind. Die DA neem aan dat kiesers soos die wit mense, bruin mense en Indiërs vanselfsprekend weer DA gaan stem. Dit is egter nie ‘n gegewe nie en die DA mag dalk ‘n verrassing kry wat dit betref.

Dit is vanselfsprekend dat die DA meer aandag gaan gee aan swartmense se belange en dit gaan daartoe lei dat minderhede nie ‘n prioriteit vir die DA gaan wees nie. Dit is dus net logies dat minderhede dan gaan kyk na ander partye waar hul dan hul kruisies gaan trek.

Die party wat dus voordeel hieruit kan gaan trek is die Vryheidsfront Plus. Die VF+ is juis daarop ingestel om die belange van minderhede te beskerm en op te staan vir hul regte. Daar kan dus ‘n groot groei plaasvind wat betref kiesersteun vir die VF+ en dit sal help om die VF+ se hande sterker te maak om nog beter na minderhede se belange, soos die Afrikaner, om te sien.

Kan die DA genoeg swart ANC kiesers wegrokkel om die regering oor te neem?

Nie sommer nie en die DA se dolle gejaag na swart kiesers se stemme mag dalk lei tot die DA se ondergang en vernietiging. Net die tyd sal leer.

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

7 comments

  1. Afrikaners en ander minderhede moet opstaan vir hul taal, kultuur, tradisies, geskiedenis en erfenis. Die VF Plus is dus die aangewese party om te steun, juis omdat dié party die vaandeldraer is van minderheidsregte.

  2. Met die VF se stigting, is daar beloof, ‘n stem vir die VF is ‘n stem vir ‘n Afrikaner-volkstaat. Hierdie stemme sou gebruik word vir die bedinging van ‘n volkstaat met die kommunistiese regime. Hiervan het natuurlik dadels van gekom, want soos ons weet, was die VF juis gestig as voertuig om die regse verset teen die komministiese oorname te neutraliseer en om terselfdertyd die regse Afrikaner in te bind aan die 1994-verkiesing en die uitslag daarvan.

    Die parlementere roete het dawerend misluk vir die Afrikaner (soos voorspel), en daar kan nog slegs buite-parlementer georgansiseer (en gestem) word. Die VF is ‘n lepeltjie melk wat nooit die groot swart koffiekan se tekstuur of smaak sal verander nie, ‘n stem in die woestyn. Dit is tyd vir vernuwende denke rakende die regse Afrikaner se volgehoude parlementere deelname, wat lank reeds in ‘n doodloopstraat is.

    Die probleem met die Afrikaner, is dat verkiesingdeelname vir hom soos die Susterskerke en basaar is – hy het dit saam met moedersmelk ingekry en doen dit graag nog uit gewoonte en tradisie – maar het nooit agtergekom dat daar ‘n regime-verandering in 1994 was wat die parlementere speelveld vir die Afrikaner ongelyk gemaak het nie! Die regse Afrikaner kan nie meer soos voor 1994, enige stembus-oorwinning behaal nie.

    Die VF as parlementere politieke party sal noodwendig – soos die KP – tot niet gaan omdat hy in sonde gebore is en nooit enige langdurige en behoorlike beginselbasis gehad het nie. Die enigstes wat nog voordeel trek uit die bestaan van die VF, is die sg. ANC-demokrasie (om die skyn daarvan lewendig te hou) en die paar ampsdraers wat pensioen bymekaarmaak.

  3. Ag komaan, dis mos nou nie waar wat vd VF Plus gesê word nie. Wie staan op vir die Afrikaner se regte? Wie veg teen regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging en grondhervorming? Wie veg vir die Afrikaanse taal? Die Vryheidsfront Plus! Moet ons nou maar onttrek aan alles en op n mishoop gaan sit en jammer voel vir onsself? Nee, die VF Plus doen darem iets en sit nie op die kantlyn en skree nie. Verdagmakery en baklei ondermekaar dra mos nou niks by tot ons saak nie en ons het nie meer die tyd vir sulke dinge nie. Laat ons eerder saamwerk en konsentreer op belangrike sake, nie onsinnighede nie. Eendrag maak mag!

    • Goeie dag Fritz. Wat ek hierbo geskryf het is geen verdagmakery nie, maar geskiedkundige feite. Eerder dan op die mishoop buite die parlement tussen volksgenote as binne die goddelose tempel tussen die oormag Rooies. Eendrag buite die parlement en nie binne nie! Niemand praat van onttrek van die politiek nie, slegs die parlementere politieke roete wat gedoem is vanaf 1994 en wat ons absoluut niks in 20 jr + in die sak gebring het nie. Die VF het deur sy deelname vanaf ’94, legimiteit aan hierdie onwettige besettingsregime verleen wat deur De Klerk se verraad op ons afgedwing is!

      • Nou wat stel jy voor moes ons die afgelope 20 jaar gedoen het? En wat moet ons nou doen? Enige werkbare oplossings? Jy sê ook niks van die DA nie en val net die VF Plus aan. Meeste Afrikaners steg tans vir hulle, wat tragies is. Nee wat, die VF Plus is die Afrikaner se enigste hoop.

        • Die DA is die ideologiese opvolgers van die Progge en die Sappe – m.a.w. diegene wat aandadig was aan die uitmoor van 40000 Boerevouens- en kinders in die Tweede Boerevryheidsoorlog van 1899-1902. Geen ordentlike of nasionalistiese of ingeligte Afrikaner kan ooit vir die DA stem nie! Diegene wat dit wel doen, stem DA uit vrees vir die sogenaamde tweederde-meerderheid en nie vir beginsels nie. Die DA voel vere vir die Afrikaner. Die DA en die ANC is verskillende kante van dieselfde munt – bykans soos die Republikeine en Demokrate in Amerika. Die kersie op die koek is Zille wat uit eie erkentenis MK-terroriste in haar huis versteek het tydens die sg. struggle. Hoe kan die DA die ANC beveg as hulle gehelp het om die ANC aan bewind te stel! Dis als oeverblindery om die skyn van demokrasie te bevestig … en die Afrikaner-skape loop waaragtig agter die DA-Jode aan …. na hul graf!

  4. Ja, Mmusi Maimane het toe bevestig hy is n kandidaat vir DA leierskap. Sal nou sien of hy verkies word tot DA leier.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s