Hoe Sunette Bridges Afrikaners van hul toekoms beroof

Sunette Bridges (Foto: Facebook / Sunette Bridges)

Sunette Bridges, aktivis en dogter van die sanger Bles Bridges, maak deesdae nogal opslae met haar optrede, onder meer by die standbeeld van Staatspresident Paul Kruger op die Kerkplein in Pretoria. Sy het baie ondersteuners bygekry die afgelope dae, maar ek glo nie Sunette Bridges gaan in staat wees om die verwagtings wat sy geskep het, waar te maak nie.

Sunette Bridges sê sy veg vir die behoud van Afrikaners se kultuur. Ek glo niks daarvan nie. En hier is my sewe redes:

1. Sunette Bridges is ‘n persoon, geen organisasie nie

Sunette Bridges doen als self, soos sy wil. Dit laat haar dalk vinnige besluite neem, maar dit maak besluite dalk ook onvoorspelbaar en inkonsekwent. Daar is geen klankbord of groep waar sy haar strategieë kan toets nie. As sy iets met haar gebeur of sy besluit om te stop, sal dit die einde van haar projekte wees, omdat daar niemand is wat haar projekte kan oorneem nie. Buitendien kan een persoon net ‘n bepaalde maksimum werklas dra, dus die werklas wat sy kan dra, is die beperkings waarbinne die groei van haar aksies kan plaasvind.

2. Persoon staan sentraal

Die storie oor wat sy doen is Sunette, Sunette, Sunette. Nooit is dit ander mense wat goeie dinge doen nie. Dit lyk of die verskillende dinge wat sy doen, almal in die teken staan om die merk “Sunette Bridges” te versterk. As ‘n mens kyk na hoe sy haar verskillende aksies bemark, het sy ‘n hoofrol. Natuurlik is sy dit wat alles self doen, sy ‘t mos geen organisasie rond haar nie.

Dit geld ook vir die Boervrouliga, die organisasie wat op “wit vroue in Suid-Afrika” (let wel: nie Afrikaner vroue nie!) fokus. Daardie organisasie is deur Bridges in 2012 opgerig. Sy is die enigste bekende bestuurslid van die organisasie. Daar is verder geen inligting oor wie by die organisasie betrokke is nie, nog oor ander bestuurslede nie. Darem kan ‘n mens dalk sê dat Sunette Bridges die Boervrouliga is.

Van elke suksesvolle organisasie is daar meerdere persone wat in die openbaarheid verskyn. Of dit nou die Orania Beweging, die Solidariteit Beweging of die Afrikaanse Taalraad is, hulle het almal meerdere woordvoerders. Bridges hou haar helpers blykbaar ernstig uit die openbaar. En dit dui daarop dat nie die doele of projekte nie, maar die persoon Sunette sentraal staan.

Want as Sunette die media haal, word mense mos weer herinner aan haar pa, die sanger Bles Bridges. Elke stunt wat Sunette doen, is gratis publisiteit vir haar pa se musiek. En van dié verkope profiteer Sunette.

3. Weier om saam te werk

Sunette Bridges is nie ‘n nuwe gesig nie, ook nie as aktivis nie. Sy het ‘n lang rekord met aksies wat dikwels kortstondig of min suksesvol was. Ook by die huidige hoofstroom-organisasies is sy nie ‘n nuwe gesig nie. Sunette sê sy wil baie graag saamwerk met ander organisasies, maar soos die debakel met haar Kleinvallei-projek toon, is dit Bridges self wat steeds moontlike samewerking verbreek. Die Kleinvallei-projek is eers aan Orania aangebied, maar sy het die Orania Beweging later ‘te lig’ bevind, ondanks hul rekord van suksesvolle ontwikkeling. Vervolgens het sy die projek aan Kleinfontein naby Pretoria aangebied. Hulle het ingestem. Daar is amptelike aankondingings gemaak dat die projek op Kleinfontein gedoen sou word en voorbereidings is getref. ‘n Facebookblad is geopen. Toe het daar skielik niks meer gebeur nie. Nou word die projek Kleinvallei naby Krugersdorp ontwikkel, sonder steun van ander organisasies.

Hierdie Kleinvallei-projek naby Krugersdorp gaan meer as R4,1 miljoen kos. As sy gaan slaag om die bedrag bymekaar te bedel, dan gaan dit in elk geval nog ‘n lang ruk vat, terwyl sy vinnige beloftes aan die Kleinvallei-inwoners gemaak het. Van ontwikkeling en beplanning met min geld weet Sunette Bridges in elk geval niks nie, want in plek van eers 1 huis te bou, het sy 12 huis-fondasies in Kleinvallei laat stort. En nou raak die geld op…

Buitendien is daar ‘n tipe reël in organisasieland: moenie ander organisasies, waarmee jy wil saamwerk, te hard kritiseer nie. Verseker nie as jy sê hulle beoog dieselfde doele as jou organisasie nie. Sunette voer tans ‘n afbraak-veldtog teen AfriForum en die Orania Beweging, nadat hulle Bridges se protes op die Kerkplein nie gesteun het nie weens die aanwesigheid van die rassistiese Kommandokorps. Daarmee het sy samewerking met daardie organisasies heeltemal onmoontlik gemaak.

4. Willekeurige agenda

Omdat Bridges met min mense saamwerk of steeds met verskillende mense saamwerk, is haar agenda willekeurig. Sy ‘t geen doel nie, behalwe publisiteit te kry. As ‘n mens kyk na die dinge wat sy doen – die afsonderlike dinge is dalk goed – is daar geen afsonderlike hoër doel nie. Sy betaal begrafnisse, Red October, mediese behandelings en donkiekarre. En nou “beskerm” sy standbeelde. Dit is totaal willekeurig. En daarmee is die impak van haar werk baie beperk, en trek slegs die mense wat sy help voordeel. Die projekte het geen positiewe effekte op die gemeenskap as geheel nie, en darem is die projekte verlore kanse.

5. ‘n Sweempie rassisme

Sunette Bridges is nie ‘n Afrikaanse aktivis nie, sy is ‘n blanke aktivis. As ‘n mens haar twiets, Facebookberigte of die webwerf van die Boervrouliga (vals naam!) lees, praat sy eerder van “blankes in Suid-Afrika” as van Afrikaners (lees hier). Die feit dat sy van blankes praat, dui op outydse begrip van Bridges. Dit is nutteloos om in terme van ras te praat. Dalk gaan sy enige steun werf onder blankes wat na apartheid terug verlang en ras as die belangrikste deel van hul identiteit beskou, maar enige kans op sukses in die toekoms word daarmee doodgeslaan. Almal, selfs die mees verstokte anti-rassis, weet dat wit nasionalisme die meeste weerstand kry van alle vorme van superioriteitsdenke. Enige denke in terme van ras is in elk geval hopeloos, omdat dit geen toekoms skep nie. Denke in terme van ras vernietig eerder die kans op sukses, omdat niemand met jou wil saamwerk of selfs wil praat nie.

Buitendien dink ek enige alliansie op basis van ras, soos die Front Nasionaal ook doen, is die verkeerde alliansie. Die Afrikaner kan my insiens baie beter ‘n alliansie op basis van taal en kultuur sluit. Hier is alliansies met ander Afrikaanssprekendes as ook alliansies met Nederland, België en Suriname moontlik. ‘n Alliansie op basis van ras met die lande is om bekende redes onmoontlik.

Denke in terme van ras is hopeloos. Dit beroof net die toekoms van mense wat alreeds so ‘n moeilike toekoms gaan hê. Vir die armste Afrikaners sal die projekte van Bridges beteken dat hul lewensomstandighede dalk ‘n bietjie verbeter, maar daar sal ‘n grens wees aan die groeipotensiaal wees. Orania, Kleinfontein en die Solidariteit Beweging is aanvaarbaar omdat hulle nie in terme van ras dink nie, maar in terme van kultuur. Solank Bridges se projekte sal plaasvind onder terme van ras, sal die deelnemers nooit volledige burgers in die nuwe Suid-Afrika kan raak nie. Hulle bevestig hul status as tweedeklasburgers, wat die hoop op ‘n beter lewe opgegee het. Bemagtiging van die groep kan slegs plaasvind as die denke in terme van ras oorwin kan word.

6. Angs

Bridges maak staat op angs. Angs is die belangrikste faktor in Sunette Bridges se veldtog. Sy wakker angs teen ‘n swart meerderheid aan. Nie net die regering, die EFF-opposisie, maar ook gewoon swart mense is die doelwit van haar uitsprake. Nee, natuurlik verwys sy in haar negatiewe kommentare nie regstreeks na swart mense nie, maar via ‘n tipe kode-taal. Sy gebruik woorde wat in ‘n rassistiese Suid-Afrika gebruik word om ander groepe te benoem. Waar die EFF praat van koloniste, praat Sunette Bridges op Facebook van barbare, gekke of misdadigers. Ek sien geen verskil nie, tussen die EFF en Bridges.

Angs is ‘n baie sterk middel om steun te verwerf, maar ‘n swak middel om steun te behou. Dit is naamlik ‘n refleks van die mens om weg te bly by die slegte. Slegs ‘n organisasie met ‘n positiewe instelling of resultate kan steun behou. Angs sonder resultate is te min motivering om steun te behou en darem sal mense loop. Talle verregse organisasies het al hierdie pad geloop en het tans slegs enkele tientalle aktiewe lede. Dit sluit die AWB, die Kommandokorps en die Suidlanders in.

Sunette Bridges het geen positiewe instelling nie, maar wel resultate. Dié resultate het niks met die doele van haar projekte te doen nie, maar met media-aandag. Bridges slaag nogal daarin om in die nuus te kom. So slaag sy daarin om bo die betreklik klein resultate wat sy behaal uit te styg. Maar eendag gaan die publiek die werklike resultate sien. Nes die OASE-Ekspedisie wat sy positiewe storie nie kon volhou nie, verdeeldheid begin saai het en tans in ‘n angs-strategie verval het.

7. Geen toekoms

Omdat Sunette Bridges gebruik maak van angs, weier om op ‘n volhoubare wyse met ander organisasies saam te werk, ‘n willekeurige agenda hanteer en ook in terme van ras dink, is haar projekte nie volhoubaar nie. Ek dink sy sal nie omgee nie. Want ek dink dit gaan oor bekendheid, eerder as die wens om ‘n werklike bydrae te lewer aan mense in Suid-Afrika.

Die gemiddelde aktivis hou dit ongeveer ses tot agt jare vol om aksie te voer. Dan is dit verby. Dit beteken dat Sunette Bridges, wat al ‘n paar jaar aksie voer, nog so drie, vier jare oor gaan hê, voordat haar aksies verby sal wees. Haar projekte, die donasies, als sal vir niks gewees het.

Sunette Bridges is mos nie dom nie. As dit werklik haar doel is om ‘n volhoubare bydrae aan die toekoms van talle mense in Suid-Afrika te lewer, moes sy dinge behoorlik anders gedoen het. Dit gaan nie oor die doele nie, dit is die persoon wat sentraal staan.

En daarmee is investerings in Sunette Bridges ‘n slegte een. Met die toekoms van die Afrikaner – sy sal nie omgee nie, sy stry mos vir die wit man – as grootste slagoffer.

Dus Sunette, as jy dit lees, gee openheid van sake of jy bevestig al hierdie stellings. Die keuse is aan jou.

Advertisements

78 comments

  1. Wat ek nie van mense soos Christiaan kan verstaan nie is waarom hulle vir Sunette wil dikteer hoe en op wie sy haar vrye tyd en hulpbronne moet spandeer. Elkeen van die ongeveer 60 mense wat huidiglik by Kleinvallei woon is daar uit vrye wil en niemand anders kan beweer dat hulle van enigiets :beroof” is wat hulle sou gehad het, indien daar geen Kleinvallei was nie.
    Sunette doen hierdie taak uit haar hart en as die positiewe erkening daarvoor deel van haar beloning net is, gun haar dit, dit ontneem niemand anders enigiets nie.
    Ek persoonlik ondersteun hierdie projek ten volle. Dit word baie professioneel bestuur en ek glo dat elkeen van die inwoners se lewens word positief verander. Dit kan die bloudruk word van soortgelyke projekte wat enigeen kan toepas op die teikengroep van sy /haar eie keuse. Ek glo Sunette sal haar ondervinding graag met enigiemand deel.
    In elkegeval glo ek eerlike eerstehandse joernalistiek eerder voordat ek hoorse skinderstories glo.

    http://www.dievoorblad.co.za/index.php/afr/joomla-pages-iii/category-list/67-hoofberigte/1934-op-kleinvallei-word-drome-waar

  2. en wat het jy uit jou eie gedoen vir enige nasie wit of swart, behalwe om klippe te gooi, en om ander mense wat darem iets probeer af te kraak, dit is haar tyd haar geld sy mag doen wat sy wil, dit is haar reg

  3. Raak berig.
    Persoonlike ondervinding word raak hierin geskryf.
    Was deel van Kleinvallei 1. Pta.
    Sx doen en besluit self al het sy paar werkersbye naby.
    Net solank jy stilbly.
    Nie enigsins iets voorstel nie.
    Dan eendag uit die bloute is jy verlede.
    Tans is daar skeuring tussen haar Steve, Afrisaam, haar “admins” – geen meer. Miemie Fick en so gaan die lysie aan.
    Sy werk net in skyn saam vir projekte maar sê wat sy regtig voel in haar geheime groepe soos Sitkamer en Liberte.
    Sunette het net een ware vertroueling . Sy self.

  4. Ex Pro Sx, jy beskryf in Sunette die eienskappe van baie suksesvolle entrepeneurs wat al oor my pad gekom het en waaroor ek opgelees het. Sulke entrepeneurs het meestal ‘n bietjie van ‘n Narsistiese komponent in hulle en solank dit nie in die pad van sukses kom nie is dit wat baiekeer die kaf van die semels sny. Baie noem dit ook die “My way or the high way” beginsel, Dit is ‘n benadering wat geld in baie projekte wat deur die tipe van entrepeneur aangepak word, of dit in die besigheidswereld gebeur en of dit in die welwillendheids wereld gebeur. Lees ‘n bietjie oor Elon Musk en jy sal soortgelyke karaktereinskappe en manier van dinge doen in hom sien. Ek hou Sunette se projek dop sedert dit daar op die huidige Kleinvallei begin is en ek kan absoluut geen fout vind met wat sy al daar uitverrig het nie, in teen deel, dit oorskry my verwagtinge. Maar dalk kan jy ander soortgelyke projekte opnoem wat onder dieselfde omstandighede (teenkanting van die media ens) en met dieselfde befondsingsmodel, beter gedoen is of word – ek sal graag van die voorbeelde wil hoor en dan kan ons gesels oor die effektiwiteit van die uitvoering ens

  5. Geen reaksie van Ex Pro Sx? Nou wonder ek net. Hoekom het al die Ex Pro Sx mense nie self aangegaan met “Kleinvallei 1” (by Kleinfontein of watter alternatiewe plek ookal) toe Sunette sogenaamd ‘nie na hulle voorstelle wou luister nie’. Ek meen te sê, as hulle so oortuig was dat hulle voorstelle soveel beter was kon hulle dit mos bewys deur self daad by die woord te voeg. Daar is seer sekerlik nie net 60 (of 100) mense wat hulpbehoewend is nie. Miskien het dit beteken dat dit meer as net ‘voorstelle’ sou gekos het? Of was dit eerder geval dat hulle wou he dat Sunette haar vrye tyd volgens hulle instruksies moes bestee? Dalk net weereens ‘n bewys van die spreekwoord dat die beste stuurman aan wal staan.

    Vir ongelowige Thomasse. ‘n Prentjie(s) is meer as ‘n duisend woorde!

    https://www.facebook.com/kleinvallei/photos

  6. Ek staan by Sunette en my GOEIE Afrikaners, nie Jingo’s soos jy nie. WAAROM moet mense soos jy altyd n speek in die Afrikaner se wiele wees???

  7. Ag Sunette, moet jou asb nie aan die negatiewe kommentaar steur nie. Dit is juis die mense waaraan jy jou glad nie moet steur nie..!!! As iemand negatief op jou doen en late reageer, minag dit want dis waarom ons blanke behoudenes vandag moet verduur wat hierdie liberale “slimkoppe” op 27 April 1994 veroorsaak het. Waar is hulle nou..??? So stil soos die graf…..

  8. DIE EENVOUDIGSTE OPLOSSING IS OM DIE LIBERALIS TE MINAG AS DIE VERRAAIER VAN SY VOLK EN OOK DIE GODDELIKE BEGINSELS VAN SKAPE AAN SY REGTERHAND EN DIE BOKKE ( LIBERALISTE) AAN SY REGTERHAND. MENG JOU MET DIE SEMELS (LINKSE WERELD LIBERALIS EN JUDAISME) DAN VREET DIE VARKE JOU!

  9. Kleinvallei is toe wel gebou en sommer netjiese restuarant wat werk verskaf aan die inwoners daar…. So wat is die probleem dan nou? Mense wat in ‘n plakkerskamp gebly het, het nou ordentlike behuising en werk. Sunette moes IETS reggekry het…..

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s