Lesersartikel: Stop die EFF-leuenaars se vandalisme!

Die Krugerstandbeeld op die Kerkplein in Pretoria (Foto: JMK / Wikimedia Commons)

Is daar nog respek vir mekaar se kultuur en geskiedenis in Suid Afrika? Dit lyk nie so nie.

Die beskadiging van Paul Kruger se standbeeld, wat op die Kerkplein in Pretoria staan, is eenvoudig laag en gemeen. Julius Malema se EFF het verantwoordelikheid vir die aksie geneem.

Dit is onaanvaarbaar en dit kan nie daar gelaat word nie. Die beskadiging en vernietiging van standbeelde gaan niks aan die geskiedenis verander nie. Duidelik word die Afrikaner geteiken met die beskadiging van die Krugerstandbeeld.

Die verskoning word gebruik dat alles wat met apartheid te doen het, vernietig moet word.

Paul Kruger was egter die president van ‘n Boererepubliek, die Zuid-Afrikaansche Republiek (1856-1902). Dit was ook in sy tyd dat die Anglo-Boereoorlog uitgebreek het. Hoe kon hy dus enigsins enigiets met apartheid (1948-1991) te doen gehad het?

Dit is mos mode om te sê dat die land se probleme by Jan van Riebeeck begin het en nou moet alles maar vernietig word en die geskiedenis vanaf 1652 tot 1994 heeltemal uitgevee word. Die land se geskiedenis het volgens sekere mense se redenasies eers in 1994 begin met die ANC se bewindsoorname.

Dit is dan ook die Afrikaner wat al hoe meer aangeval word wat betref sy taal, kultuur en geskiedenis. Feit van die saak is dat die Afrikaner ‘n inheemse volk van Afrika is en hy het die reg om in Suid-Afrika te woon. Pogings om die Afrikaner te probeer vernietig sal nie slaag nie, want die Afrikaner is hier om te bly.

Die beskadig van Paul Kruger se standbeeld is ‘n vandalistiese en lafhartige daad. Hopelik sal diegene wat hierdie daad gepleeg het aan die pen ry. Genoeg is genoeg!

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

One comment

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s