Vryheidsdag vir Europese boere!

Beeste in die weiveld (Foto: United States Department of Agriculture / Wikimedia Commons)

Op 1 April was dit ‘n historiese dag vir die beesmelk-boere in Europa. Die Europese Kommissie (die regering van die Europese Unie) het die kwotastelsel vir melkproduksie afgeskaf. Die kwotastelsel is vir meer as 30 jaar op boere afgedwing.

Vanaf hede word Europese boere nie langer gestraf as hulle teveel melk lewer: die bo-grens vir produksie is afgeskaf.

Die kwotastelsel vir melkproduksie het die mark sedert 1984 gereguleer. Daar was in daardie tyd hopeloos teveel melk. Daar was ‘melkdamme’ en ‘boterberge’. Store was te klein en allerhande geboue is gebruik om melk te stoor. Sommige gemeentes het selfs hul kerke beskikbaar gestel.

Om die probleem te keer het die Europese Unie (die destydse Europese Gemeenskap) ‘n kwotastelsel vir die produksie van melk ingestel. Dit het gebeur omdat daar ‘n gemeenskaplike Europese landboumark is, waarby verskille tussen lande soveel as moontlik beperk is. Elke boer het ‘n maksimum gekry wat hy mag produseer. Vir elke liter melk wat ‘n boer teveel produseer, moes hy ‘n boete, die superheffing, aan die EU betaal.

Veranderings en modernisering in die mark het egter daartoe gelei dat die verhoudinge tussen die lande se melkproduksie heeltemal verander het. In die meeste lande het die produksie skerp gedaal, behalwe in Nederland en Denemarke. Daar het die produksie oortyd ‘n bietjie gegroei.

Hoewel die Europese kwota lang nie vol was nie, moes Deense en Nederlandse boere multimiljoen Rande se boetes betaal, omdat hul produksie te groot was. Dit terwyl die ‘melkdamme’ en ‘boterberge’ lankal verdwyn het.

Veral die laaste 10 jaar toe die vraag na melk op die wêreldmark sterk gestyg het, het die wêreldwye melkpryse ontplof. Op ‘n oomblik was die melkprys se winste selfs hoër as die boete wat die boere moes betaal. Nederlandse boere moes in 2014 ‘n boete van amper R2 miljard aan die EU betaal.

In 2003 het die EU aangekondig dat die kwotastelsel vir melk per 1 April 2015 gelos word. Sedertdien het die wêreldwye vraag na melk net toegeneem.

Tot vandag kon boere net uitbrei deur die kwota van ander boere te koop. Maar sedert vandag is dit verby.

Die Nederlandse boere is vry. Vry om uit te brei. Al is daar nog steeds ‘n kwotastelsel vir mis in Nederland.

Die Nederlandse Koninklijke FrieslandCampina, die Sweeds-Deense Arla en die Nieu-Seelandse Fronterra, onder meer die eienaar van Clover, het mekaar reeds die oorlog verklaar. Hulle is drie van die vyf grootste suiwelbesighede in die wêreld. Hierdie koöperatiewe besighede is almal in eiendom van derduisende boere. In die voorbereiding na 1 April 2015 is fabrieke in mekaar se lande gebou, nuwe stalle gebou, boere is gepaai, en wedlope in China, Indië en Suider-Afrika is voorberei.

Laat die stryd begin!

Lees hier meer oor die afskaffing van die melkkwota en die gevolge vir Europese boere.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s