Sapa het gesluit: Meer staatspropaganda naby?

Gebou van die SAUK in Seepunt, Kaapstad (Foto: Zaian / Wikimedia Commons)

Die onafhanklike Suid-Afrikaanse Persassosiasie (Sapa) het eergisteraand, op 31 Maart, sy deure toe gemaak. Dit het Sapa Donderdag 5 Februarie self berig. Joernaliste van ander media beskryf dit as ‘n mokerslag vir ‘n vrye Suid-Afrikaanse pers.

Sapa is ‘n nie-winsgewende maatskappy wat nie verkoop kan word nie. Dus nou verkoop Sapa al sy besittings en sal hy sy deure toemaak.

Die artikel in Times Live waarna Sapa verwys, is gee egter nie die rede van die sluiting, behalwe dat die direkteure so besluit het. Times Live het die berig wat Sapa versprei het, ongewysig oorgeneem. Ook ander media, soos News24 en ENCA doen min om hul feite buite Sapa se berig reg te kry. Die Mail&Guardian en EWN meld egter dat die huidige wyse waarop Sapa bestuur word onvolhoubaar was.

Daar was volgens Sapa drie moontlike kopers vir die besittings van Sapa, wat met die besittings die tipe bedryf, die versprei van nuus, wil voortgaan. Dit eerste is Naspers se Gallo Images, ‘n fotobank. Die tweede is KKM Review Publishing, ‘n uitgewer van spesiale boeke wat sy sake in ‘n nismark doen. Die derde is die BEE-onderneming Sekunjalo Investments. En die eerste drie sinne op hul webwerf lui:

“JSE-listed Sekunjalo Investments Limited is a black-owned and black-controlled investment holding company situated in Southern Africa.  Sekunjalo’s main objective is to empower previously disadvantaged individuals through job creation and maximizing shareholder wealth generation by making strategic investments. Sekunjalo Investments Limited was established in May 1996 in the Republic of South Arica as a black–controlled economic empowerment group.” – Sekunjalo Investments

Sekunjalo is eienaar van die Independent News and Media SA-groep, wat onder meer die The Star, Pretoria News, IOL en Cape Argus in sy stal het. By die groep het Max du Preez ‘n paar maande gelede bedank nadat die groep geswig het vir druk van die ANC oor Du Preez se ‘one man wrecking ball’-rubriek. Die verskillende media uit die groep, staan buitendien nie bekend om hul vermoë om groot kritiese artikels te skryf.

Hoewel Sapa gestig as samewerking tussen verskillende media-groepe, is Naspers se Media24 die laaste deelnemer aan die projek.

Hoewel die BEE-besigheid Sekunjalo Investments die infrastruktuur van Sapa uiteindelik oorgekoop het, het Naspers tewens ‘n eie nuwe nuusagentskap opgerig: News24 Wire. Artikels van die diens kan aanlyn gratis gebruik word, op voorwaarde dat dit nie verkoop word nie. As koerante of ander mediums dit op die readio, tv of koerant wil gebruik, sal die uitgewersmaatskappy moet betaal vir die diens. Koerante en TV stasies kan hulself meld by Naspers se Gallo Images.

Die probleem is dat News24 Wire en die toekomstige diens van Sekunjalo Investments nie direk die gaping van Sapa se vertrek kan vul nie. Sekere media, veral gemeenskapsmedia, moet die skuif van Sapa na die nuwe nuusagentskappe nog maak.

Dit kan in die voordeel werk van die Departement van Kommunikasie, wat sy posisie in die verskaffing van nuus kan versterk. Dit is natuurlik nie die Departement wat dit self regstreeks gaan doen nie, maar die Departement het voldoende middele om dit te laat doen, byvoorbeeld deur die SAUK. Een van die doele van dié departement is om ‘n ingeligte burgery te skep én om (!>) ‘n positiewe beeld van Suid-Afrika en die regering te skep. Die SAUK is nog steeds die enigste bron van nuus vir 70% van die Suid-Afrikaanse bevolking. Toe daardie departement in Mei 2014 geskep is, het internasionale waarnemers gewaarsku vir moontlike anti-demokratiese doeleindes van die departement. Die drukgroep Rigtht2Know skryf selfs:

“By conflating communication policy and government propaganda the President is signaling an intention to ensure various institutions will be used to amplify government propaganda rather then to create a democratic communication system for all South Africans.” – Right2Know

Soos die joernaliste hierbo skryf was Sapa se joernaliste dikwels die enigste was wat by gebeurtenisse aanwesig was. Die SAUK se joernaliste kom tweede, en dikwels het Sapa se joernalis en die SAUK s’n verskillende weergawes van die gebeure gegee. Die SAUK staan mos bekend om sy verdraaiing van die feite.

Dit is bekend dat Media24 talle die afgelope jare talle joernaliste ontslaan het om te besuinig op die koste van die besigheid. Baie van News24 en Netwerk24 se artikels was artikels wat oorspronklik deur Sapa saamgestel was. Dit is ‘n groot vraag of daardie besuinigings op personeel nie News24 Wire se kans op sukses verklein het nie. Nou moet News24 skielik wél joernaliste op pad stuur om stories te maak. Eweneens is dit onduidelik of News24 Wire daarin slaag om betroubare nuus op langtermyn te lewer. Wat as News24 Wire se koste te hoog gaan wees? Dan gaan dit waarskynlik sluit. Met alle gevolge vir gemeenskapsmedia.

Ek dink News24 Wire gaan die enigste lig op die pad wees. Dit is dalk nog die enigste nuusagentskap wat betroubare, onafhanklike en objektiewe nuusdekking kan gee. Ek glo nie die inisiatief van Sekunjalo Investments gaan enige betroubare nuus oplewer nie. Dit het die Max du Preez-saga mos bewys.

In die tussentyd: wees krities op die nuus wat jy lees.

En wat betref die mense wat Naspers se nuus wil boikot: U het nie langer opsies nie. Dit is nou Naspers se nuus OF die SAUK se nuus OF Sekunjalo Investments se nuus. Ander groot nuusagentskappe in Suid-Afrika bestaan nie. Ander media soos MaroelaMedia maak tans ook maar staat op News24Wire.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s