Nzimande: Flip Buys vervang Van Schalkwyk as Potchefstroomkampusrektor

Die hoofgebou van die NWU se Potchefstroomkampus (Foto: ToonT/ Wikimedia Commons)

Let wel: Hierdie artikel was ons April-gekkedaggrap in 2015. Blade Nzimande het nie prof. Van Schalkwyk ontslaan en met Flip Buys vervang nie.

Blade Nzimande, die minister van Hoër Onderwys, het vandag aangekondig dat Flip Buys aangestel word as rektor van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus. Buys sal die take van prof. Herman van Schalkwyk per direk oorneem.

Dit gebeur na die afgelope week, waar talle gebeurtenisse die stryd om die kampus hewig ontvlam het. Nadat die raad van die NWU besluit het om Van Schalkwyk se aanstelling as kampusrektor nie te verleng nie en per 2016 te beëindig, het radikale studente, wat aan die EFF verbind is, die kampus se hoofgebou beset.

Hulle het geëis dat prof. Van Schalkwyk per direk moes vertrek en dat alle onderrig per direk in Engels moet plaasvind. Studente van die Universiteit van Amsterdam, wat al vir weke die bestuursgebou van die universiteit in Amsterdam beset en veg vir ‘n sosialistiese kampuskultuur op hul universiteit, het hulself solidêr verklaar met EFF-studente.

Van Schalkwyk het toe gesê die EFF-studente, omstreeks 20 aantal, sal geskors word weens oortreding van die kampusreëls en openlike uitlokking van onreëlmatighede.

Blade Nzimande het boos gereageer op Van Schalkwyk se besluit om die studente te skors. Hy het Van Schalkwyk per direk ontslaan, omdat hy basiese menseregte sou skend. President Zuma het hiervoor ‘n spesiale noodbevel geteken.

Volgens Nzimande moet die rus op die kampus egter vinnig terugkeer. Darem het hy op voorspraak van die studenteraad Flip Buys aangestel as kampusrektor. Flip Buys, wat tewens die hoof van die Solidariteit Beweging is, was juis kort gelede geïnstalleer op die NWU-raad nadat hy deur konvokasielede gekies is.

Nzimande en Kwadi het Buys opdrag gegee om die kampus voor Januarie 2016 te ontmantel, sodat enkele fakulteite en die biblioteek na die Mafikengkampus geskuif kan word. Raskwotas sal in koshuise, sportspanne en lesingslokale ingevoer word. Waarskynlik word groot dele van die dosentekorps ontslaan, omdat verdere diversifikasie van die personeel gewens is.

Nzimande en Kwadi besef Buys gaan sy take waarskynlik hewig teenstaan, maar hulle het vertroue dat hulle genoeg magsmiddele het om Buys te dwing om die fatale planne uit te voer. Buys mag in sy pos as kampusrektor niks oor die status van Afrikaans sê nie. Wat die status van Afrikaans na die veranderings sal wees, is onduidelik. Volgens Nzimande sal Afrikaans op die universiteit ‘n posisie inneem wat gelyk aan sy posisie in die res van Suid-Afrika is.

As Buys hom bemoei met sake wat betrekking het op Afrikaans op die universiteit sowel as die Potchefstroomkampus, sal Buys ontslaan word. Tewens sal Afrikaans op die universiteit dán heeltemal afgeskaf word.

Dagblad Beeld het verheug gereageer op hierdie besluite van die minister van Hoër Onderwys. Adriaan Basson, Beeld se redakteur, sê die besluite is ‘n oorwinning vir objektiewe joernalistiek. Basson hoop dat Afrikaans “sy regte plek” in Suid-Afrika sal inneem en nêrens meer sal oorheers nie. Afrikaans moet ‘n minderheidsrol in ‘n veeltalige, of beter in ‘n international English-speaking environment kry. “Want ons het mos geleer van apartheid”, so verduidelik die redakteur.

Flip Buys word volgens onbevestigde berigte nog vandag geïnstalleer as kampusrektor. Die openbare byeenkoms sou om 13:00 uur begin in die amfiteater op die Potchefstroomkampus.

Flip Buys en die Solidariteit Beweging het geweier om te reageer op die gebeurtenisse op die Potchefstroomkampus. Gerugte, wat die redaksie van Die Afrikaanse opinieplatform bereik het, vertel dat Flip Buys nog hierdie week ‘n reis na Europa sal maak om te lobby vir Afrikaans op ‘n selfstandige Potchefstroomkampus.

Die openbare agenda van die Vlaamse minister van Onderwijs en Vorming, mevr. Hilde Crevits (CD&V), vermeld vir Vrydag ‘n afspraak met ene “mnr. F. Bys van Suid-Afrika” in Brussel.

Advertisements

One comment

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s