Lesersartikel: Waar staan die Afrikaner nou?

Die Sentrale Hal van die Voortrekkermonument, onthul in 1949.  ‘n Jaar eerder het ‘n koalisie van die HNP en die Afrikanerparty die mag in Suid-Afrika oorgeneem. (Foto: Elmer van Zyl/Wikimedia Commons)

Dis byna al 21 jaar gelede sedert die 1994-verkiesing plaasgevind het. Die vraag moet nou gevra word waar minderhede, en in besonder die Afrikaner, staan in hierdie bedeling wat ons nou het.

Die Afrikaner het geen politieke mag meer nie en word soos ‘n tweedeklas burger in sy eie land behandel. Regstellende aksie maak dit geweldig moeilik vir Afrikaners om werk te kry en netso ook ander blankes. Baie Afrikaners het na die buiteland verhuis om daar ‘n lewe vir hulself te maak omdat hul dit nie meer in Suid Afrika kan doen nie. Armoede onder Afrikaners het geweldig toegeneem en baie bly in wit plakkerskampe. Neem enigiemand notisie van daardie mense in die plakkerskampe en word hul gehelp.

Dit lyk in elk geval of die ANC regering maak of daar nie iets soos blanke armoede is nie. Netso word die Afrikaner se geskiedenis verdraai en as nikseggend afgemaak. Wat van die Afrikaner se kultuur en sy tradisies? Om nie eens te praat van sy monumente nie. Gee iemand nog werklik om oor die Afrikaner se doen en late? Onthou ons nog die Tweede Vryheidsoorlog en die duisende vroue en kinders wat gesterf het in die konsentrasiekampe?

Ons moenie vergeet nie. Onthou ons vir Racheltjie de Beer en Wolraadt Woltemade? Wat van ons ander helde soos Generaals de Wet, de la Rey en ook Danie Theron? Nee, ons moet beslis nie vergeet nie.

Onthou ons die manne wat aan die grens geveg het? Die manne wat in Namibië en Angola was?

Die Afrikaner het ‘n plek hier in Suid Afrika en kan nie weggewens word nie. Die ANC kan die geskiedenis probeer verdraai en herskryf, maar in elke Afrikaner se hart sal dit bly voortbestaan, die waarheid van die Afrikaner en sy roemryke verlede.

Die Afrikaner moenie hom verder laat vertrap nie en moet opstaan vir homself. Opstaan vir sy taal, sy kultuur, tradisies en sy geskiedenis. Skud die skuldgevoel af, skud die jammer ek leef houding af en staan weer op vir jou volk. Die Afrikaner is hier om te bly en sal nooit verdwyn nie.

Laat die Afrikaner toe om te leef en vry te wees in sy eie land.

Dis tyd dat die Afrikaner eendragtig begin saamstaan vir sy regte en belange en daardie tyd is nou!

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Redakteurnota: Lees meer oor die Afrikaners se geskiedenis in die Internetmuseum vir Afrikanergeskiedenis.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s