Lesersartikel: Moeg vir naamveranderings

Foto's Orania en Bloemfontein II 256 (Large)
In 2012 is die naam van die Maitlandstraat in Bloemfontein verander na Charlotte Maxekestraat. (Foto: DAO)

Weereens is die ANC alweer besig met naamveranderings. As hul nie besig is met verdraaiing van die land se geskiedenis nie, dan is dit naamveranderings.

Het hulle dan niks anders om te doen nie?

Daar is seer sekerlik belangriker dinge om aandag aan te gee. Dienslewering is pateties, korrupsie volop, misdaad en plaasaanvalle ruk handuit, munisipaliteite feitlik bankrot en basies gaan alles in die land net meer agteruit.

Tog skeel dit die ANC min.

Dit lyk of die onderdrukking van Afrikaans en die vernietiging van die Afrikaner vir hul belangriker is.

Ons weet hul wil die Vrystaat se naam verander en nou sê die LUR vir onderwys in Gauteng dat skole se name wat te doen het met apartheid, ook nou moet verander. Die ANC-regering besit nie die skole nie en kan nie net maak en breek soos hul wil nie. Skole se beheerliggame besluit of hul die naam wil verander of nie.

Duidelik wil die ANC oral inmeng en verder probeer om die geskiedenis van die Afrikaner te vernietig.

Dis tyd dat die ANC begin aandag gee aan die land se probleme, maar ons weet dit sal nooit gebeur nie. Hul is eenvoudig magsdronk en wil vasklou aan die mag solank hul kan. In die proses gaan die land net agteruit en wil die ANC nie verantwoordelikheid aanvaar daarvoor nie.

Dis mos geriefliker om minderhede, soos die Afrikaner, die skuld te gee vir alles. So kan dit nie aangaan nie en dit is tyd dat daar gesê word genoeg is genoeg!

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s