Leserartikel: Die belang van goeie politieke strategieë

Ook skaak toon die belang van strategie (Foto: Levente Fulop / Wikimedia Commons)

Strategie en beginsel is konsepte wat onlangs deur my gedagtes gegaan het. Verstaan mense die verskil en hoe dit toegepas moet word? Baiekeer word ‘n spesifieke saak geneem en tot beginsel opgehef, soos politici al gedoen het.

Die probleem is egter dat jy dan moet staan by die saak wat tot beginsel verhef is en jy het dan geen beweegruimte om verandering te maak nie. Indien jy verandering sou maak, sal daar altyd dan gesê word jy het jou beginsels versaak. Benader jy egter ‘n saak strategies, kan daar altyd veranderings en skuiwe gemaak word sonder dat jy enigsins van jou beginsels afwyk.

‘n Voorbeeld was destyds met die onderhandelingsproses tydens die Konvensie vir ‘n Demokratiese Suid-Afrika (KODESA) voor die 1994 verkiesing. Sommige het die saak van onderhandeling tot beginsel verhef en gesê hul onderhandel nie met ateïstiese kommuniste nie. Later sou dieselfde groep wel tot die onderhandelingsproses toetree en moes hul voetwerk mooi ken om te verduidelik hoekom hul ook tot onderhandeling toetree, want hul tree dan nou teen hul eie beginsels op!

Die ANC het destyds gewys dat onderhandeling maar een strategie is van baie strategieë op vele terreine. Ons weet ook dat die destydse NP heeltemal uitoorlê deur die ANC by die onderhandelinge. Het die NP ooit enige eie strategieë gehad en wat van teenstrategieë? Lyk nie so nie.

Vandag sit ons met ‘n magsbehepte ANC wat die meerderheid gebruik om te heers. In die proses moet minderhede, soos die Afrikaner, maar die spit afbyt. Sommige glo die ANC kan geklop word by die stembus deur vir ‘n enkele party, soos die DA, te stem.

Probleem is net dat jy dan die meerderheid aan jou kant moet kry en dis ‘n groot aantal kiesers wat jy dan by die ANC moet afrokkel. Verder sal jy ook meer radikaal as die ANC moet wees wat betref grondhervorming, regstellende aksie en dies meer.

Ons kan sien dit is presies wat die EFF nou doen. As teenreaksie probeer die ANC soos die EFF optree om nie steun af te staan nie.

Op sy beurt raak die DA weer soos die ANC wat betref verskeie sake soos grondhervorming, regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging. Minderhede baat dus absoluut niks by al hierdie verwikkelinge nie.

Daar sal dus op vele terreine ‘n strategie toegepas moet word sodat minderheidsgroepe, soos die Afrikaner, weer ‘n krag kan word om mee rekening te hou. Minderheidsregte en selfbeskikking is die sleutel tot sukses vir die Afrikaner en alle ander minderhede wat na vryheid, vrede en voorspoed strewe.

Dit is moontlik om die ANC uit te knikker van die mag en minderhede soos die Afrikaner weer hul regmatige plek in die son te gee met die regte strategieë. Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg. Die Vryheidsfront Plus wys duidelik die weg aan na ‘n beter toekoms met ‘n uitstekende strategie en moderne toekomsvisie.

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s