Jagbedryf speel belangrike rol in bewaring

Leeu in die Blaauwbosch Wildtuin in die Oos-Kaap (Foto: Winfried Bruenken / Amrum / Wikimedia Commons)

Diereregte. Daardie komplekse verhouding tussen mens en die natuur. Dit is altyd ’n warm gesprekspunt. Weens klimaatsverandering moet die mens gedurig aanpassings maak wat vir ons pynlik is. Verandering is vir ons pynlik. Ons hou nie daarvan nie.

As daar nou een ding is wat diereregtegroepe wêreldwyd nie lekker verstaan nie, dan is dit die rol van trofeejag. Daar is goeie redes hoekom Suid-Afrika soveel wilde diere het, en die jagbedryf speel geen klein rol daarin nie.

Onlangs het die kwessie van trofeejag weer na vore getree, toe foto’s van die beroemde Australiese snelbouler Glenn McGrath op die internet versprei is waar hy afgeneem is na ’n jagtog. McGrath het intussen skynbaar ’n Damaskus oomblik beleef en is na wat berig word “diep spyt” oor die feit dat hy aan so jag safari deelgeneem het.

Die jagbedryf bring elke jaar miljoene rande in Suid-Afrika in, honderde miljoene, en dit vorm ’n belangrike deel van ons ekonomie. Die idee dat trofeejag in dieselfde mark kompeteer as wildsbesigtiging is absurd. Dit is twee totaal afsonderlike behoeftes. Jag is nie ’n sport waarin alle mense belangstel nie. Ek self het geen sin aan jag nie, en ek hou nie daarvan nie. Ek is egter gewoond aan geweld op diere, dit is deel van die lewe.

Sedert die jagbedryf so populêr ontplof het, het baie spesies weer algemeen geword in Suid-Afrika. Een so spesie wat ’n goeie voorbeeld is, is die vlakvark. Ek het nooit as kind vlakvarke geken nie, maar danksy die wildbedryf het vlakvarke uiteindelik weer ’n algemene verskynsel geword in die land.

Beesboere verkoop nie al hulle beeste op een slag nie. Hulle bou ’n kudde op, en verkoop baie selektief. Wildboere wat in trofeejag spesialiseer, werk op presies dieselfde prinsiep. Sonder bewaring, is en sal daar geen trofeejag moontlik wees nie. Wildboere speel ’n sleutelrol in bewaring van Suider Afrika se kosbare fauna.

Kom ons kyk na iets wat NIE werk nie. Rooi plastiek renosterhorings wat by die CNA verkoop word – DIT werk nie. DIT red nie ons renosters nie. Daar is baie mense wat baie geld maak deur sogenaamd geld in te samel vir bedreigde spesies. Al wat hierdie mense eintlik doen, is om die geld te hou, en min of geen van daardie geld word uiteindelik aangewend om waarlik die diere te help nie. Dit word gebruik op die salarisse van werknemers van nie-regeringsorganisasies.

Maar die wildboere verloor die propaganda, en die diere byt in die stof. Onwettige jag, sogenaamde ‘poaching’, tesame met misleidende propaganda, hou die grootste bedreiging in vir die kosbare erfenis wat ons wildlewe is.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s