SONA2015: ANC se leuens blom steeds

President Zuma tydens die Wêreld Ekonomiese Forum in 2009. (Foto: Eric Miller / Wikimedia Commons)

Dit lyk nogal of die ANC daarvan hou om die waarheid te verswyg of dalk te verander. Nee, ek hou nie van die ANC nie, maar ek hou nog minder van leuens. En laat leuens en die ANC hierdie week nou ‘n perfekte kombinasie wees.

Want die ANC het hierdie week maar baie min keer die waarheid vertel. Hulle het mooi, leë woorde gebruik, en waar hulle nou nie daardie strategie nie kon toepas nie, het die ANC vuil onwaarhede vertel. Die dilemma van hierdie skrywer is nou om te besluit wat leuens is en wat mooi woorde is om die gebroke realiteit mooi te laat wees.

Want word die uitspraak oor Afrikaners, dat hulle by Suid-Afrika hoort, nou regtig in die praktyk gebring? Dit help nie dat die kommentators verskillende dinge vind nie. So het Pieter Mulder gesê die Afrikaner-uitspraak is ‘n goeie begin, het Flip Buys van Solidariteit gesê Zuma praat mos oor als, dus is die betekenis maar min en AfriForum verwys na die uitspraak as leë woorde, omdat Zuma sy Van Riebeeck-uitspraak in dieselfde toespraak herbevestig het.

Dan moet ons kyk na “feite”, dinge wat objektief vasgestel is of deur eie waarnemings vasgestel kan word.

So het die ANC onder meer gesê die DA is verantwoordelik vir slegte dienslewering in Khayelitsha. Dit is egter ‘n feit dat nie die DA die kiesdistrikte in Khayelitsha verteenwoordig nie, maar die ANC.

‘n Ander voorbeeld is die storie van Jacob Zuma dat slegs 3% van die Johannesburgse Effektebeurs se aandele in hande van swart mense is. Die Solidariteit Beweging beweer egter dat dit 23% van die aandele is. Buitendien haat ek vir rassekwalifikasie omdat ras absoluut niks sê oor persoonlike eienskappe of persoonlike omstandighede nie.

Of soos die DA sê: Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) skep net ‘n paar miljoenêrs en die res van die bevolking het geen voordeel van die beleid nie.

’n Derde voorbeeld is die leuen dat die ANC daar als aan doen om die parlement te beskerm. President Zuma het tydens sy antwoord op die debat na die staatsrede gesê dat ‘ons die waardigheid van die parlement moet bewaar en sy grondwetlike take moet beskerm’. Ons – die publiek – kan dit as ‘n ekskuus beskou weens die regerende party se optrede tydens die staatsrede. Minder as 24 uur later het die ANC onthul wat die woorde werklik beteken: Niks. Die ANC het toe die Wes-Kaapse provinsiale rede van premier Helen Zille (DA) versteur. Toe die nuus nog vars was het ANC-lede beweer dat dat hulle opslae gemaak het na ‘n rassistiese uitspraak van Helen Zille.

Na die ANC se aanslag op die grondwetlike rol van die parlement, klink nou skielik dieselfde woorde uit die ANC se monde:

Nog dieselfde dag beweer die ANC dat EFF-LP’s nog baie harder geslaan moet word.

Ons moet daarvoor waak dat dit geen patroon word nie. Die ANC het mos ‘n geskiedenis pogings gedoen om die Wes-Kaap onregeerbaar te maak. Daar is – soos die Nederlandse dagblad Trouw dit beskryf het – ‘n poepoorlog gevoer. Maroela Media het dit darem later ‘n poefie-oorlog genoem. Dit is ook algemeen bekend dat die ANC werkers op talle plase in die Wes-Kaap opgestook het om te gaan staak, met groot skade in De Doorns in die Hexriviervallei tot gevolg.

Heel moontlik gaan die ANC nou ‘n strategie van permanente onrus in die Wes-Kaapse wetgewer gebruik om die Wes-Kaap letterlik onregeerbaar te maak.

Gelukkig slaag die media oor die algemeen daarin om die leuens van die ANC te ontmasker. Maar wat die SAUK nou weer sê… Maroela Media het die afgelope tyd dikwels getoon hoe die SAUK die nuus probeer verdraai. Hier is weer een. In die verslag oor die ontwrigting van die Wes-Kaapse wetgewer sê die SAUK:

It was a clear case of déjà vu. Just a week ago the DA promptly rose on a point of order at the start of president Jacob Zumas State of the Nation Adress. Today the ANC returned the favor to premier Zille. – SAUK

Almal wat die verrigtinge tydens die staatsrede gevolg het, weet dit was nie die DA wat tydens die staatsrede van die president ‘n punt van orde gemaak het nie, maar die EFF. Die SAUK regverdig nou verkeerdelik die ANC se ontwrigting van die Wes-Kaapse wetgewer volgens die oog-om-oog, tand-om-tand-prinsipe. Buite die feit dat dit ‘n onjuiste weergawe van die voorvalle is, pleeg sulke verbande en verklarings wat deur die redaksie self gemaak word – en nie deur politici of onafhanklike kommentatore – ‘n aanslag op die onafhanklikheid en betroubaarheid van die beriggewing. Hiermee bevestig die SAUK die komplotte rondom ANC-propaganda in sy beriggewing.

Dus so kan die ANC se leuens steeds blom. Ongelukkig.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s