Lesersartikel: Minderheidsregte is oplossing vir vandag se politiek

Ook in Bangladesj betoog mense vir die beskerming van minderheidsregte (Foto: Thomas Lavlu Mondal / Wikimedia Commons)

Ek dink nou terug aan die onderhandelingsproses voor die 1994 verkiesing en die gevolge daarvan. Die Nasionale Party (NP) het allerhande beloftes gemaak aan kiesers met die 1992 referendum. Daar het dadels van al daai beloftes gekom.

Die NP van F.W. de Klerk het toegewing na toegewing gemaak aan die ANC en niks in ruil gekry daarvoor nie. Die NP het eenvoudig geswig en is heeltemal uitoorlê deur die ANC. Vandag sit ons met die gebakte pere in die vorm van ‘n magsbehepte ANC meerderheidsregering.

Gelukkig kon die Vryheidsfront onder Genl. Constand Viljoen artikels in die grondwet geskryf kry, soos artikel 235, wat voorsiening maak vir selfbeskikking. Minderheidsregte is van kardinale belang juis omdat daar tans op minderhede se regte getrap word.

Wat so tragies is van die destydse NP is dat hul geglo het hul kan die ANC by die stembus verslaan en toe ‘n groot verrassing gekry het.

Vandag glo die Demokratiese Alliansie ook hy kan die ANC alleen verslaan en regeer. Dit is ‘n droomwêreld waarin hul leef en mense sal moet wakker skrik. Slegs as opposisiepartye saamwerk na ‘n verkiesing en ‘n koalisieregering vorm na verkiesings waar ANC minder as 50% kry, dan sal die ANC van die mag weggehou kan word.

Soos alreeds tevore gesê sal daar dringend na minderheidsregte en selfbeskikking gekyk moet word as oplossing vir die probleme wat ons in hierdie land het. Daar moet verandering kom, daar is geen ander uitweg nie!

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s