SONA2015: DA sloop vir Jacob Zuma

Die gesamentlike vergadering van die parlement het plaasgevind in die saal van die Nasionale Vergadering (Foto: Shi Zhao / Wikimedia Commons)

President Jacob Zuma het ‘n swaar eerste dag gehad tydens die debatte na sy staatsrede. Die Demokratiese Alliansie het, meer as enige andere party, die aanval gesoek. Die ANC het die swaar onder die spreekwoordelike aanvalle deurgeloop. DA se Mmusi Maimane, John Steenhuisen en Phumzile Van Damme het vuur gespoeg.

Mmusi Maimane het die president se gedrag hard gepak. Maimane het gesê “ons kan apartheid, die finansiële wêreld of selfs Jan van Riebeeck blameer”, maar dat Jacob Zuma en die ANC die werklike probleem is. Hy het gesê dat Jacob Zuma tydens die staatsrede die parlement gebreek het. Hoewel die EFF reëls oortree het, het die uitvoerende gesag onder leiding van Jacob Zuma voorsiening gemaak om hard in te gryp, waarby onder meer die intelligensiediens ingespan is as ook oefeninge vir polisiebeamptes om EFF-lede te kan teiken, gehou is.

“Verstaan asseblief, agbare president, dat wanneer ek die term ‘agbare’ gebruik, ek dit uit respek doen vir die tradisies en konvensies van die vooraanstaande Huis. Maar moet dit asseblief nie letterlik opneem nie want jy, agbare president, is nie ʼn agbare man nie.” – Mmusi Maimane

Dit is baie ironies dat Maimane vir André Brink se tekste gebruik het om vir Jacob Zuma te slaan, terwyl hierdie tekste oorspronklik juis vir die apartheidsleiers bedoel was.

Waar Zuma nog ‘n bietjie gelag het tydens Mmusi Maimane se tirade, kon hy nie langer lag tydens die toespraak van John Steenhuisen. Maar eers moes die ANC – by monde van die Vrystaatse premier Ace Magashule – ‘n groot fout maak toe Phumzile Van Damme vuur gespoeg het oor rassisme in Suid-Afrika en meer spesifiek rassisme binne die ANC. Toe Van Damme halfpad haar toespraak was, het Magashule in ‘n punt van orde gevra of Van Damme, wat oorspronklik in Swaziland gebore is, wel ‘n Suid-Afrikaanse burger is. Van Damme het teruggeslaan en gesê dat hierdie xenofobiese uitspraak walglik is.

Toe John Steenhuisen as laaste DA-lid van die dag die verhoog opgekom het, het hy as ‘n ware satirikus die ANC onder die vloer geveeg. Hy het al die feite wat die ANC oor die DA opgedis het, met humor ontkrag. So het die ANC falende bestuur in Khayelitsha uitgewys, maar Steenhuisen het verweer dat al die kiesdistrikte in Khayelitsha in hande van die ANC is. Nadat Magashule in sy toespraak gesê het dat Zuma nommer 1 is, het Steenhuisen gesê Zuma is die nommer een reëlbreker. Tewens het Steenhuisen gesê daar gaan ‘n dag wees dat Zuma nie meer in sy pos gaan wees nie – en dat die DA hom dan verantwoordelik gaan hou in die regbank.

Die selfvertroue wat Zuma tydens die staatsrede asook aan die begin van die eerste dag van debatte getoon het, was verdwyn. Die DA se aanvalle het Zuma sigbaar suur laat lyk.

Die DA het die wêreld getoon hoe ‘n mens opposisie behoort te voer. Inhoudelik sterk. Met humor. En sonder angs vir die regerende party.

As jy nog lus is vir die DA se vuurspoegtoesprake, hier is die toespraak van die toespraak van Mmusi Maimane:

En hier is die toespraak van John Steenhuisen:

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s