Skeuring in die NG kerk sal reuse skade aan gemeenskappe doen

Die NGK-Tweetoringkerk in Bloemfontein (Foto: Slagaar / Wikimedia Commons)

Terwyl Suid-Afrika se parlementêre drama voortsleep, is daar ’n ander pot wat besig is om lelik oor te kook. Radio Rosestad berig vandag dat ’n skeuring binne die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) nou baie meer van ’n werklikheid geword het, nadat die meerderheid Vrystaatse gemeentes teen die wysiging van die kerkorde gestem het, wat voorsiening sou gemaak het vir die Belhar Belydenis om ’n opsionele deel van die belydenisgrondslag te word. Met die Kaapse kerke wat ten gunste is van die wysiging, is die NGK nou ’n diep verdeelde kerk, en vir baie is die verhoudinge skynbaar onherstelbaar.

Die stemproses binne die kerke het baie herinner aan enige politieke verkiesing. Daar was pro- sowel as anti-Belhar publikasies. Debatte is eindeloos in die media gevoer. En vandag sit ons met dié resultaat.

Kom dit, dan sal dit die tweede keer in my lewe wees wat die NGK in twee skeur. Daar was ook die skeuring in 1987, toe die Afrikaanse Protestandse Kerk (APK) tot stand gekom het. Die ontstaan van die APK het ongetwyfeld die krag van die NGK ’n knou gegee, maar ten spyte hiervan het die APK ook maar mettertyd weer gekrimp, tot waar daar op talle plattelandse dorpe amper nie meer ’n lewensvatbare gemeente moontlik is nie.

Die skeuring wat dreig sal egter nie iets wees waarin ek my verheug nie. Volksblad het vandag berig oor die leeue aandeel wat die NGK speel in die welsyn van die land. Naas die regering is die kerke ons grootste leweraar van maatskaplike dienste. En, sou die kerk weer opnuut skeur, dan sal die gevegte wat daaruit spruit opnuut die welsynwerk van die kerke lamle, presies nes die regerende drieparty alliansie se binnegevegte ook die administrasie van ons land kniehalter.

Die dreigende skeuring binne die NGK is nie net maar iets wat die NGK gaan raak nie – dit het implikasies vir die hele samelewing. Die hoop word daarom uitgespreek dat dit nie tot hierdie punt sal daal nie, hoewel die prentjie skynbaar tans nie goed lyk nie.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s