Lesersartikel: Politieke situasie in SA is onhoudbaar!

Die EFF betoog in Buitekantstraat in Kaapstad (Foto: Discott / Wikimedia Commons)

Die politieke situasie wat ons tans in Suid-Afrika het, is onhoudbaar en kan nie so aangaan nie. Dit is duidelik die ANC kan nie meer die land regeer nie en daar sal beslis verandering moet kom.

Hoe kan dit gedoen word?

Die ANC moet nog meer aangevat word deur opposisieparty en onder groot druk geplaas word. Verder moet mense ingelig word oor die mislukkings van die ANC en dat daar ‘n nuwe regering moet kom. Tydens verkiesings moet kiesers teen die ANC stem en vir ‘n party wat wat dieselfde waardes deel wat jy het en ook werklik sal veg vir jou belange. Ons weet geen enkele party kan op sy eie ‘n verkiesing teen die ANC wen en alleen regeer nie.

Kiesers moet dus stem vir die party van hul keuse en weet daai party sal dan na spesifieke belange omsien.

As jy sterk voel oor Christelike waardes, minderheidsregte, die doodstraf ondersteun en gekant is teen regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging, nuwe grondeise en plaasmoord en ook korrupsie en misdaad, dan is die VF+ jou party om te ondersteun. Jy weet dus die VF+ sal na hierdie sake omsien en veg vir jou regte.

Na die verkiesing kan opposisiepartye saamwerk en n koalisieregering vorm daar waar ANC onder 50% van die stemme kry. Baie belangrik is dat daar ernstig na nuwe politieke modelle gekyk moet word waar daar minder sentralisasie van mag is en meer afwenteling van mag is sodat gemeenskappe oor hul eie sake kan besluit.

Minderheidsregte en selfbeskikking kan nie meer geïgnoreer word nie en daar sal beslis meer aandag daaraan gegee moet word.

Die “nuwe” Suid Afrika werk nie en is ‘n mislukking en daar sal verandering moet kom. Minderheidsregte en selfbeskikking is ons enigste hoop en dis tyd dat ons ernstig daarna moet begin kyk. Die chaos onlangs in die parlement is ‘n wekroep vir verandering want so kan ons land nie aangaan nie. Kom, laat ons skouer aan die wiel sit, daar is werk!

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Redakteursnota: Vind die party wat jou waardes verteenwoordig: klik hier vir die verskillende verkiesingsmanifeste.

Advertisements

One comment

  1. Werk jy vir die Vryheidsfront plus?

    Daar is geen politikus vir wie ek sal stemme werf nie. Politici moet maar self werk om hulleself ryk te maak. Ek gaan dit nie vir hulle doen nie.

    Jy skryf heelwat dinge waarmee ek saamstem. Welliswaar nie met als nie maar tog hier en daar. Die desentralisasie van mag is iets wat my na aan die hart le. Die proposionele stelsel – werk dit? Ek weet nie aldag nie. Kort ons nie liewer ‘n mengsel van direkte en indirekte verteenwoordiging nie?

    Die ANC had in 1994 ook om en by 250 setels in die parlement. Dit het gestyg en ‘n hoogtepunt bereik in 2004, toe het dit weer gedaal in 2009 en 2014.

    Dit gaan ‘n spesiale tipe leier kos om te verhoed dat die ANC nie verdere steun sal verloor nie. 2016 is dit weer plaaslike verkiessing, en mens kan nie help om te wonder wat die rol van die EFF sal wees nie. Die EFF is baie gewild onder ‘n sekere deel van die samelewing. Hulle onortodokse taktiek sorg dat hulle meer stof opskop as wat hulle normaalweg sou regkry met 25 LP’s.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s