Lesersartikel: VF+ se kalmte was sterk tydens chaotiese staatsrede

Die banke van die EFF en DA in die parlement was leeg tydens 2015 se staatsrede (Foto: Shi Zhao/ Wikimedia Commons)

Die chaos en wanorde wat gepaard gegaan het met die opening van die parlement is onaanvaarbaar en onverskoonbaar. Die parlement is veronderstel om n plek van orde, dissipline en respek te wees. Duidelik was dit nie die geval nie.

Wat het die EFF bereik met hul optrede? Absoluut niks nie.

Wat het die DA bereik met hul uitstappery? Ook niks nie.

Die Vryheidsfront Plus (VF+) het sterk gestaan en nie uitgestap nie, juis omdat hul gedissiplineerd is en respek het vir die waardigheid van die parlement. Reëls en regulasies kan mos nie net geïgnoreer word en links en regs gebreek word nie. Die VF+ moet geloof word vir hul optrede en dat hul nie tot die vlak van die ander gedaal het wat al die chaos veroorsaak het nie.

Die skuld vir al die probleme in hierdie land moet vierkantig voor die deur van die ANC gelê word, want sedert hul regeringsoorname in 1994 het alles agteruitgegaan. Die ANC is duidelik nie opgewasse om te regeer nie en netso is dit duidelik dat n eenheidstaat nie vir Suid-Afrika werk nie. Daar sal ‘n nuwe regering moet kom en ook ‘n afwenteling van mag na die plaaslike gemeenskappe sodat minderheidsregte en selfbeskikking tot hul reg kan kom. Dis al uitweg en oplossing vir Suid-Afrika.

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

2 comments

  1. Dankie vir jou artikel Frik. Ek stem nou nie saam nie maar dankie nietemin. Ons parlement is gelaai met die ‘ou manne’. Die Buthelezi’s, Meshwe’s, Mulders, Zuma’s, en vele ander. Wat het hulle ons gebring? Ek se nie die EFF het reg opgetree nie, maar die mense wat hulle verteenwoordig, is desperaat, terwyl die ou manne net die koei melk en huise bou.

    Laat ek nie se ek dink die EFF is reg nie. Laat ek liewer net se, ek het simpatie vir hulle saak.

  2. Die VF Plus het die regte ding gedoen en ek is trots op die sterk leiers vd VF Plus. VF Plus daal nie tot EFF se vlak nie en laat hul ook nie intimideer deur die ANC nie. Die VF Plus is daar om te veg vir mense se belange en hul doen dit goed. Hul laat hul nie op sleeptou neem deur emosies nie, maar deurdink n saak deeglik en neem logiese en verstandige besluite. Lyk of VF Plus die enigste party is wat gedissiplineerd te werk gaan in al die chaos!

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s