Demokratiese Alliansie glo steeds konstitusionele pad is enigste oplossing

DA-leier Helen Zille in 2010 (Foto: DA / Wikimedia Commons)

In ’n sterk bewoorde brief het DA-leier Helen Zille hierdie week ’n waarskuwing aan president Zuma gerig – ons is op jou spoor. Volgens Zille sal hulle aanklagte teen die president voortgaan, selfs al word daar steeds nie deur Zuma se regsspan op die aanklagte gereageer nie. Die vermoede bestaan egter dat daar wel uiteindelik reaksie sal wees.

Zille skryf verder (vry vertaal):

“In geen ordentlike demokrasie sal dit moontlik wees vir die president om die konstitusie wat hy beloof het om te onderhou, op dié manier te ontduik nie.”

“Jacob Zuma – ons president en die man wat Donderdag in die Nasionale lekgotla sal opstaan en sy pad sal probeer oorbluf in sy 8ste staatsrede – moet gesien word vir wie hy is: ’n ontduiker van geregtigheid”.

Volgens Zille is Suid-Afrika in ’n resies teen tyd gewikkel, en staan die land die kans om meeste van sy onafhanklike instellings te verloor aan die politiekery van die heersende magskliek:

“In die nuutste poging om beheer te neem van die Suid-Afrikaanse Uitsaai Korporasie (SAUK) en dit te verander van ’n publieke uitsaaier na ’n staatsuitsaaier (en ’n skaamtelose ANC mondstuk), het die Minister van Kommunikasie, Faith Muthambi ’n geheime Memorandum van Inlywing onderteken wat effektief die SAUK raad ontneem van hulle magte. Dit sal die Minister die mag gee om enige besluite van die raad te veto waar reëls verander word, by die aanstelling van die hoof uitvoerende beampte (die Zuma gesinde Hlaudi Motsoeneng), voorstelle vir die verwydering van raadslede, die voorkoming van dissiplinêre stappe teen Motsoeneng en om die SAUK te dwing om sy regskostes te betaal.”

Zille het voorts daarop gewys dat haar party die DA nie die beplande ontwrigting van die 2015 staatsrede deur die Ekonomiese Vryheidsvegters steun nie – iets wat volgens haar ’n “ramp” vir Suid-Afrika sal wees.

Advertisements

2 comments

  1. Die VF Plus gaan nie tot dieselfde vlak daal as die EFF nie en nog minder hul laat intimideer deur die ANC deur elke keer op die vlug te slaan en uit die parlement te stap nie. Lyk of die VF Plus die enigste gedissiplineerde party is wat nie met hul harte dink nie maar met hul verstand en nie toelaat dat emosies oorneem nie.

    • Hulle is 20 jaar lank al goeie getroue parlametariers wat net sit en salaristrek ja. Al die ordentlikheid het nie verhoed dat die ANC sterker geword het en hulle president magtiger nie . . .

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s