André Brink en sy wens om P.W. Botha te vermoor

André P. Brink (1935-2015) (Foto: Seamus Kearney / Wikimedia Commons)

Die skrywer André P. Brink het gesterf. Op die ouderdom van 79 jaar het hy tydens ‘n KLM-vlug van Amsterdam na Kaapstad gesterf. Ek hoop hy het die Afrikaanse liedjies van Stef Bos op KLM se persoonlike stoelrekenaars gevind en geluister. Ons sal waarskynlik nooit weet nie.

As hy op die oomblik Stef Bos se musiek geluister het, sou dit baie toevallig gewees het. Stef Bos is getroud met die kunstenares Varenka Paschke, kleindogter van oud-president P.W. Botha, die Groot Krokodil. Tydens P.W. Botha se regeringstyd het André Brink ‘amper elke dag’ fantasieë gehad oor hoe hy P.W. Botha sou vermoor. Natuurlik het dit nooit sover gekom nie.

Dalk het Brink die liedjies van Stef Bos ontdek en vervolgens ‘geboikot’. Ons sal waarskynlik nooit weet nie.

Die sterwe van André Brink was belangrike nuus, nie net in Suid-Afrika, maar ook in Nederland en België. Amper alle Nederlandse media het dit berig. Daar het selfs verskillende spesiale redaksionele kommentare verskyn, waaronder die van De Volkskrant, Nu.nl en NRC Handelsblad. Hoewel ek De Volkskrant gewoonlik duidelik links vind, is hierdie kommentaar behoorlik goed geskryf. Die skrywer is goed geïnformeer oor huidige sake in Suid-Afrika. Die koerant noem Brink ‘vir ‘n lang tyd die gewete van die Afrikaners’. Hoewel die koerant die hoogtepunte uit die lewe van Brink beskryf en die belangrikheid van sy standpunte skets, toon die koerant ook die verganklikheid van Brink se bekendheid. Na die val van apartheid het Brink nie die erkenning gekry wat byvoorbeeld Ingrid Jonker, sy minnares, Nadine Gordimer of Breyten Breytenbach gekry het. Desalnietemin was Brink na die val van apartheid een van die eerste skrywers wat kritiek op die ANC gehad het.

Dit kom ooreen met my eie ervarings. As Nederlandse student is ek gebore na die afskaffing van apartheid in 1991. As hoërskoolleerling is ek bloot gestel aan onder meer werk van Breyten Breytenbach, Elisabeth Eybers en Antjie Krog. André Brink het ek nooit gelees nie. Dalk moet ek maar een van sy boeke gaan lees uit die ’70s of ’80s.

André Brink was een van die Voortrekkers in die Nederlandse anti-apartheidstryd. Hy was, meer as Breyten Breytenbach die intellektuele hoofman. Breytenbach was meer soos ‘n rebel. ‘n Mens kan die internasionale impak van Brink ook aflei uit die feit dat die berig op Volkskrant.nl waarin sy sterwe verkondig is, reeds meer as 45 000 keer gelees is.

‘n Paar dae vir sy dood het André Brink die eredoktoraat van die Université catholique de Louvain in Nieu-Leuven, België. Moenie waag om die naam te vertaal as Katolieke Universiteit Leuven, want juis die ontstaan van die UCL is ‘n gevolg van skeiding tussen taalgroepe. Die (nou Nederlandstalige) Katholieke Universiteit Leuven was in die ’60s ‘n gemengde Nederlands-Franse universiteit, soos die Universiteit van die Vrystaat nou Afrikaans en Engels is. Vlaamse studente in Leuven het egter in opstand gekom en geëis dat die universiteit (wat mos in Vlaandere geleë is) heeltemal Nederlandstalig moes wees, omdat dit op hierdie wyse ‘n ‘n kultuur-universiteit sou word. In 1968 is die tale gesplits en is ‘n nuwe Franstalige universiteit in ‘n nuwe stad, Nieu-Leuven aan die ander kant van die taalgrens gebou.

Geen verpligte skeiding op basis van ras, maar ‘n vrywillige skeiding op basis van taal. Wonder wat André Brink van die storie dink. Maar aangesien hy ‘n teenstander (lees sy ope brief) was van verdere verengelsing van die Universiteit Stellenbosch, dink ek hierdie geskiedkundige storie oor die UCL sal hom nie plaag nie.

André Brink het ‘n groot impak gehad op die Afrikaanse literatuur. Sy Afrikaanse boeke wat hy tydens apartheid geskryf het, behoort volgens kenners tot die beste Afrikaanse boeke nog. Desondanks is sy Afrikaanse boeke tydens apartheid verbied en dit was die rede dat hy in Engels begin skryf het. Hy is letterlik die soetste taal uitgejaag. Dit is een van die aspekte van die ‘donker kant’ van die taal, soos Amanda Strydom dit – hoe ironies – saam met Stef Bos sing in Die taal van my hart.

Alles vir die taal, behalwe rassediskriminasie.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s