Lesersartikel: Plaasaanvalle is besig om handuit te ruk!

Die plaasmoordemonument naby Pietersburg (Foto: Johnnyhurst / Wikimedia Commons)

Plaasaanvalle is besig om handuit te ruk en daar sal dringende aandag daaraan gegee moet word. Die jaar is maar ‘n maand oud en heelwat plaasaanvalle het al plaasgevind.

Boere voorsien voedsel aan hierdie land en skep ook baie werkgeleenthede. Die landbou speel dus ‘n belangrike rol in die ekonomie en plaasmoorde skep onsekerheid en veroorsaak dat daar ook werkverliese plaasvind.

Uitsprake deur sekere politici dat blankes grond gesteel het, grond onteien gaan word sonder vergoeding en dat boere hul plaaswerkers sleg behandel, dra net by tot die probleme en skep nie oplossings nie. ‘n Wanpersepsie word dus gekweek dat boere die slegte mense is en die skuld moet dra vir alles.

Dit is onaanvaarbaar dat boere so behandel word, want dis onregverdig en hul verdien dit nie.

Daar moet eerder beter na boere omgesien word en hul verdien ook meer beskerming. Plaasaanvalle en die gepaardgaande moorde is geheel en al onaanvaarbaar en daar kan nie toegelaat word dat dit so aangaan nie. Plaasaanvalle moet tot ‘n prioriteitsmisdaad verklaar word en die doodstraf moet teruggebring word, sodat misdadigers wat sulke barbaarse moorde pleeg uit die samelewing verwyder kan word.

Kom, laat ons opstaan vir ons boere en saamstaan teen plaasmoorde!

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

2 comments

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s