Is vrylating-roulette ANC se buitelandse publisiteitsfoefie?

Tralies in die mure van Robbeneiland se gevangenis (Foto: Schavda / Wikimedia Commons)

Eugene de Kock word op parool vrygelaat. Die beul van vlakplaas kry parool, terwyl Clive Derby Lewis, die moordenaar van Chris Hani, nie vrygelaat word nie. Eweneens moet die ‘apartheidsmisdadiger’ Ferdi Barnard in die tronk bly, so het adv. Michael Masutha, minister van Korrektiewe Dienste, Vrydag bekend gemaak.

Dit is die eerste keer dat ek nuus van Suid-Afrika die eerste hoor via die Nederlandse media. Daar was so iets wat my opgeval het: die ANC kry krediet vir die vrylating van Eugene de Kock, omdat dit “uit naam van versoening” gebeur.

Elke Suid-Afrikaner weet dit is bog. Juis omdat die afgelope maande daar nie vir De Kock se vrylating gepleit is nie, maar juis vir Derby Lewis se situasie in die tronk. Daarby kom dat die misdade van De Kock baie gruweliker en meer stelselmatig was as Derby Lewis se enkele moord op Chris Hani.

Wat verder opval is dat die buitelandse media nie berig oor Derby Lewis se saak nie.

‘n Mens kan net spekuleer oor die beweegredes om De Kock vry te laat en Derby Lewis in die tronk te hou. Die presiese redes van die minister is maar vir die wat goedgelowig is, omdat die stelsel van vrylating op parool ‘n knou gekry het na die opmerklike vrylating van Schabir Schaik. Ek dink darem dat die vrylating politiek gemotiveer is.

Ek dink die belangrikste binnelandse beweegredes vir die vrylating kan die verdere aanjaag van polarisasie wees. Polarisasie onder die mom van versoening, hoe mooi kan die ANC dit kry? Want die ANC weet mos baie goed dat baie Suid-Afrikaners, van alle rasse, vind dat De Kock maar sy straf van 2x lewenslang en 212 jaar tronkstraf moet uitdien. Natuurlik is daar voorstanders van De Kock se vrylating, maar dit werk nou juis in voordeel van verdere polarisasie.

AfriForum het nou twee persverklarings (1) (2) oor die saak uitgestuur, maar bly uitermate vaag oor wat hulle dink oor De Kock se vrylating. AfriForum trek gesamentlik op met die menseregteaktivis Rhoda Kadalie waar hulle Derby Lewis se aanhouding kritiseer. Ek dink die onduidelike houding oor De Kock se vrylating is op hierdie stadium seker ‘n verstandige besluit, waarmee AfriForum die minste vyande maak.

Die tweede rede is dat die ANC se beeld in die buiteland ‘n verbetering kon gebruik. Die ANC het die afgelope jaar nogal onder kritiek deurgeloop. Baie insidente, waaronder die polisie in die parlement en die president se uitsprake, en groeiende netwerke van Afrikaanse organisasies in Europa het die kritiek vanuit die buiteland veroorsaak. Die ANC is amper afgeskryf as die ou wat sy eie planne vir nasiebou en versoening gedwarsboom het.

Maar waar buitelandse media nie die vermoë het om volledig en inklusief oor Suid-Afrika te berig nie, kan insidente die beeld oor die ANC steeds positief of negatief verander. Die wêreld hou steeds nie van apartheid nie en darem word die ANC vandag “baie moedig en versoeningsgesind” genoem. Maar dit is natuurlik bog.

Die ANC weet dit en het darem sy voordeel getrek uit hierdie vrylating-roulette.

Of dalk is die besluit om Derby Lewis in die tronk te hou maar net weer ‘n bewys van vriendediens van die ANC vir sy elite-vriende, waarby Derby Lewis nie vrygelaat word nie omdat hy een van die ANC/SAKP se ou boeties geskiet het. As dit so is, vertel die ANC so ook indirek wat hy werklik dink van die ou regering se Vlakplaas-beleid. Maar so ver durf ek nie te spekuleer nie.

Advertisements

One comment

  1. Ongelooflik dat Clive Derby-Lewis nie vrygelaat is nie. Die man het kanker en is n bejaarde persoon. Wat meer moet hy nog doen? Die ANC en SAKP predik net versoening as dit hul agenda pas en tot voordeel vir hulself is. So kan dit aangaan nie. Genoeg is nou wragtig genoeg!

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s