Zelda ‘van Riebeeck’ was reg én verkeerd

Skootskerm van Zelda la Grange se twitterprofiel. (Foto: Twitter)

Die storm rond Zelda la Grange, die voormalige persoonlike sekretaris van Nelson Mandela, is heeltemal haar eie skuld. La Grange het behoorlike uitsprake gedoen oor Jacob Zuma se opstelling teenoor minderhede, of ‘wittes’ soos La Grange dit omskryf het.

Hoewel ek haar ongemaklikheid en woede oor Jacob Zuma se uitsprake en gedrag verstaan, veroorsaak haar uitsprake ook ongemaklikheid, omdat die uitsprake my insiens baie onhandig is. Sy het geskryf:

I’m sure comments like: unafrican to have dogs, stress is western creation, Van Riebeeck etc all good for investment in SA. […] Makes white people really feel welcome in SA. I think I’m calling Jan today to ask him what de hell he was thinking sailing to Africa. […] Oh I’m going to ask Pres Hollande if HE wants me because the organisation that praises Mugabe but condemns De Klerk doesn’t want us in SA […] Yes Mr De Klerk was the last Apartheid President and gave in under pressure BUT he could have held onto power = civil war […] De Klerk surrendered power or he could have stayed in power like the other anarchists and corrupt heads of state around us. 

Verder vervolg sy:

If I was a white investor I would more or less leave now. It’s very clear from Jacob Zuma whites are not wanted or needed in South Africa. […] Next time a white business man from the US or Europe brings investment with job opportunity they must be told they are not wanted in SA. […] Oh wait. Whites’ tax money is good enough for Nkandla but then you constantly have to be brutalized […] White foreign investors must also stop making BEE partners rich. Jacob Zuma made it clear whites are not welcome in SA. […] I’m SICK of Jacob Zuma’s constant go at whites every few months. Why can’t we co-exist without it having to be at the expense of one another.

Van die argumente wat sy gebruik is hoogs omstrede. Ek dink sy maak twee groot foute. Eerstens sê La Grange indirek dat sy ‘n kolonis is en darem dat sy nie in Suid-Afrika behoort te wees nie, omdat sy moontlik terug Frankryk toe kan. Tweedens maak sy te min onderskeid tussen wittes van Suid-Afrika en wit buitelanders. Daar is ‘n groot verskil tussen die twee groepe en die regte wat lede van die twee groepe in Suid-Afrika het (en behoort te hê).

Die toon waarop die uitsprake gedoen is, dui daarop dat dit onder hewige emosie gedoen is. Dit het nie bygedra aan die inhoudelike sterkte van die argumente. Die argumente wat Zelda la Grange gebruik is verstaanbaar, maar in hierdie verskyningsvorm baie swak. Die argumente is mos nie baie intellektueel verwoord nie. Dit is eerder ‘n mening van die straat: ‘n Rowwe mening met ‘n kern van waarheid, maar onbruikbaar vir die politieke debat.

Daar was geen moontlikheid dat ‘n persoon soos Zelda la Grange sulke uitsprake sou kon vashou sonder om in die rytjie met ‘persone met omstrede uitsprake’ te beland. Sy het juis teen daardie tipe uitsprake geagiteer.

Dit is duidelik dat sy met haar onverstandige uitsprake eweneens haar mening skade toegebring het. Want haar mening is nou nie bepaald omstrede nie. Dit word gedeel deur talle Afrikaners, in alle lae van die samelewing. Sy sou haar mening beter geformuleer moes hê. Met ander woorde: meer politiek korrek.

Die jammer sê was vervolgens baie pynlik. Maar daar was geen ander manier, omdat sy die skade wat sy aan haarself gedoen het, moes beperk, sodat sy later weer haar mening kan gee.

Die ANC het egter weinig simpatie getoon en Zelda prakties uitgegooi. Gwede Mantashe, die sekretaris-generaal van die ANC, het haar ‘n ‘verdorwe wit mens‘ genoem. Dit ly tot nuwe ruimte vir Zelda se mening. Want as naaste vertroueling van Nelson Mandela is Zelda la Grange steeds ‘n politieke faktor van belang.

Dit lyk egter of Zelda la Grange ‘n les in politieke spelreëls en argumentasie nodig het.

Dit word tyd dat die Solidariteit Beweging met Zelda la Grange gaan praat, sodat sy haar mening as Afrikaner beter, sterker en – los van die inhoud – meer aanvaarbaar in die politieke speelveld kan druk.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s