Privaatheid en die burgemeester se toyboys

Mikrofoon van PowNews van die publieke uitsaaier PowNed (Foto: Maurits90/Wikimedia Commons)

Groot opslae in Nederland oor die burgemeester van die stad Maastricht, Onno Hoes, toe hy vir die tweede keer in kort tyd met ‘n jong man gesien is. Nie die feit dat hy graag jong ouens sien, maak opslae nie, maar die wyse waarop.

Tot kort gelede was die burgemeester getroud met die land se grootste skinderbek, Albert Verlinde, wat elke aand prime-time die nuutste skinderstories oor die land se bekendes onthul. Dit is vermaak by uitstek. Verlinde het ooit die vriendin van een van die land se grootste sangers, Jan Smit, uitgevang met Wesley Sneijder, een van die wêreld se beste sokkerspelers.

Toe Onno Hoes uitgevang is in die voorportaal van ‘n hotel, terwyl hy met ‘n ander ou as sy man gesoen het, is dit onthul deur die grootste konkurrent van Albert Verlinde. Hoewel die privaatheid van politici in Nederland oor die algemeen gerespekteer word, was nie die feit dat hy burgemeester is belangrik nie, maar die feit dat hy met die land se grootste skinderbek getroud is: Die skinderkoning se man is met owerspel betrap!

Dit het dus ook geen politieke gevolge gehad, behalwe dat Hoes ‘n waarskuwing gekry het van die munisipale raad, omdat ‘n burgemeester altyd integer moet handel en sy amp nie mag skaad nie.

Dit was egter nie die einde van die storie nie. Albert Verlinde en Onno Hoes het geskei. Ook daar het nie die storie geëindig nie.

‘n Televisieprogram, PowNews, het toe ‘n plan gemaak om Onno Hoes te vang. Die program bedryf egter geen gewoon joernalistiek, maar doen die ontoelaatbare. So vra hulle elke week aan die (enkellopende) minister-president wanneer die laaste keer was dat hy seks gehad het. Dit is geen joernalistiek nie; dit is uittartende hoernalistiek.

PowNews is ‘n program van die publieke uitsaaier PowNed, wat ontstaan het nadat die GeenStijl-blog tot die oop stelsel van die Nederlandse staatstelevisie toegetree het. Die doel van die uitsaaier is om mense te skok met uittartende hoernalistiek en die naam van die uitsaaier verwys ook na die Engelse straattaalwoord powned.

Hierdie program van uittartende hoernalistiek het ‘n jong ou gevra om vir Onno Hoes te vang, die privaat gesprekke op video op te neem en die geskrewe gesprekke op byvoorbeeld Whatsapp te bewaar. Die burgemeester en die jong ou het enkele afsprakies gehad en toe het daar dinge gebeur wat in elke groeiende verhouding gebeur. Privaat opmerkings is gesê en dus ook op band opgeneem.

Die program is sonder sensuur uitgesaai en dit het opslae veroorsaak. Nou het die munisipale raad van Maastricht getwyfel: Die burgemeester het mos ‘n waarskuwing gehad. Ander kant van die storie was, is dat dit opset was. Daar is ‘n val vir die burgemeester gemaak en hy het daarin geval. Mag ‘n burgemeester nie vir sy lief sê nie hy ‘s mooi, sexy of aantreklik?

Wat van die privaatheid van die burgemeester? Ander kant is sy amp definitief beskadig, ondanks die feit dat die burgemeester niks daaraan kan doen nie. Ek weet regtig nie wat my mening oor die saak is, behalwe dat dit ongewoon is dat die burgemeester (53 jaar) sulke jong ouens (in hul 20’s) wil sien, maar dit is nie illegaal nie.

Wat dink julle? Ja, vermaaklik is dit. Maar het die burgemeester reg op ‘n privaat persoonlike lewe of gee die feit dat hy ‘n openbare amp beklee die publiek die reg om alles van hom, selfs sy kleure onderklere, te weet?

Advertisements

One comment

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s