Jesus is almal s’n!!!

More is dit die dag voor Kersfees. Oukersaand. Baie bitter mense haat Kersfees. Party omdat die kerk en Christene hulle seergemaak het. Party omdat hulle besig is om uit puberteit te ontsluimer, en agterkom die beweerde feite agter Kersfees strook nie lekker nie. Vir watter rede ook al, daar is baie mense wat nie vrolik voel of wil voel nie. Wat voel Kersfees is net nog ’n sirkus soos Valentynsdag of Halloween.

Daar is rede om kwaad te voel. Die wêreld is deurmekaar. Dit sal nie help om diegene wat Kersfees haat te probeer verander nie. Ek was self eens een van hulle. En was gereed met die skietgoed as jy my sou vra hoekom en dié dag verag.

Maar alles is altyd besig om te verander, en vanjaar het ek besluit ek gaan tog hierdie fees te vier.

Dit is waar dat 25 Desember nie die antieke eerste eeuse leermeester Jesus se geboortedag is nie. Selfs al sou dit wees, daar is absoluut geen manier waarop ons dit kan verifieer nie. Voor Jesus het hierdie tyd van die jaar gehandel oor die kortste dag en die langste nag, wat op hierdie punt omdraai, sodat die lig van die son nou weer langer sal skyn elke dag – en die lig met ander woorde die duisternis weer ‘oorwin’.

Hoe ironies is dit nie, dat dié begrip ook op Jesus van toepassing gemaak word deur so baie mense nie? Dat Jesus gekom het om die ‘bose’ te oorwin . . . Die lig oor die duisternis.

Ek sien vandag daar iemand skryf dat Bloemfontein tog hulle kloue moet afhou van die wenner van die 2014 mejuffrou wêreld kompetisie – Rolene Strauss. Strauss is glo kwansuis die uitsluitlike besitting van haar tuisdorp, Volksrust.

Ag! Gee die volk tog rus! Nee, dit is soos die regerende party wat poog om Nelson Mandela hulle eie eksklusiewe reg te maak. Ons almal weet, of dit nou Ghandi was, of Buddha, of Moeder Theresa, of Jesus van Nasaret, of wie ook al – hierdie mense het hulle gunste en gawes en offers aan die ganse mensdom gebring.

Om teen Kersfees te baklei, is eintlik ’n poging om Jesus te steel van mense wat op ’n bepaalde manier oor Jesus glo. Dit is hulle reg om te glo wat hulle wil, nes dit ook almal se reg is om te mag twyfel of nie te glo nie. . .

Miskien kan ons eerder almal vanjaar bly wees oor hierdie Jesus. Daar is so baie om te leer by die Bybelse Jesus. En hoorie, dis nie Barend van der Merwe wat so seg nie, nee, Ghandi het dit gesê, en dié was beslis geen Christen nie! As Ghandi dit sê, wie is ek om te stry?

Sonder twyfel was hierdie Jesus, op die minste, ’n baie belangrike profeet. En Jesus is niemand se besitting nie. Geen enkele tradisie besit Jesus se nalatenskap volkome en volmaak nie. Dit is almal se erfenis.

Mag almal ’n geseënde Kersfees he.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s