Malema moet prioriteite stel!

Julius Malema, EFF-leier. (Foto: Gary van der Merwe / Wikimedia Commons)

Malema en die EFF se optrede in die Nasionale Vergadering het my nogal verras. Sy politieke presentjie, die chaos in die parlement, werk uitermate goed om die ANC onder druk te plaas. Maar nou verval hy weer in ou politiek: sy fokus verskuif van Zuma na Zille.

Malema beskuldig Helen Zille, DA-leider en premier van die Wes-Kaap, daarvan dat sy rassistiese insidente in die Wes-Kaapse provinsiale dienste onder die mat probeer inskuif.

Malema, wat gaan aan?! Zille is mos nie so dom om dit te doen nie?!

Ek dog Malema is ‘n f**** slim politieke strateeg. Nes president Jacob Zuma oorleef hy steeds weer sy insidente en skandale. Maar anders as Nommer#1 se politieke strategie slaag hy wel daarin om sy politieke doele te bereik, terwyl Nommer#1 steeds alles in werking moet stel om die politieke doele van andere te dwarsboom.

Maar Malema, hoekom Zille? Of beter: Hoekom nóu Zille, net nou julle gesamentlik Nommer#1 in die hoek gedryf het?

Malema, jou strategie is ondeursigtig, onduidelik en stuurloos. EFF sal as party moet bewys dat hy betroubaar kan wees vir sy kiesers, en moet toon dat EFF iets regkry. Want as EFF in die huidige vyf jaar niks regkry nie, sal die kiesers die EFF braai en opeet.

Zuma is natuurlik ‘n groter vis as Zille. Moenie dink dat Malema kiesers wat DA stem vir die EFF kan wen nie. Tot ‘n sekere hoogte kan dit dalk, maar Malema se politieke standpunte staan lynreg teenoor die meeste DA-kiesers se standpunte. Die resultate wat Malema teenoor Zuma kan bereik en die aantal kiesers wat hy by die ANC kan weghaal is soveel meer…

Is dit nie so veel slimmer om die aanvalle op die ANC en Zuma te konsentreer? Ja, soms mag daar maar vuurwerk wees tussen die DA en EFF, maar om die DA regstreeks van rassisme te beskuldig… Ek weet nie of dit nou bevorderlik is vir die gesamentlike stryd teen Nommer#1.

My insiens mag Malema so veel chaos maak in die parlement as hy wil om Zuma onder druk te plaas en so die Suid-Afrikaanse demokrasie te beskerm.

Ek is egter bang hy gaan daarna nie ophou nie.

Maar vir eers: Malema, stel jou prioriteite. Dit is Zuma op plek 1. Dit is Zuma op plek 2 en dit is Zuma op 3 tot en met 10!

Advertisements

One comment

  1. Die ANC, DA en EFF is nie goeie nuus vir die Afrikaner en ander minderhede nie. Nie een vd bogenoemde party stel belang in minderheidsregte nie en het nie werkbare oplossing vir hierdie land nie. Hul streef onwerkbare beleide na en ou uitgediende ideologieë. Die antwoord lê in selfbeskikking en minderheidsregte en mense moet hul oë begin oopmaak daarvoor.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s