Die ramp van ‘geen internet’ en die afhanklikheid daarvan

Bladsy is nie beskikbaar nie (Foto: Wikinger/Wikimedia Commons)

Sewe lank dae sonder internet. En dit in ‘n Eerstewêreldland. Ja, dit is moontlik. En dit was swaar – of juis nie, danksy my Afrika-ervaring. Maar mense raak hopeloos te afhanklik van digitale bereikbaarheid.

Maar sjoe, wat is ons afhanklik van die digitale kommunikasie! Ek as student sonder koerant-intekening, was hopeloos van die wêreldgebeure afgesluit. Ek kon nie digitaal werk nie, en ook nie via my slimfoon nie. En my skootrekenaar werk nie op die universiteit se wifinetwerk nie. Ek kon nie Facebook nie, ek kon nie sms, bel of Whatsapp nie. Ek kon nie my e-pos dophou nie. Dit was hoogs moeilik om my studie voort te sit. Gelukkig werk ek baie met pen en papier, so al my boeke en artikels is nog ouderwets papier.

Vandag lees ek – die eerste artikel na sewe dae – op ‘n nuuswebwerf dat die Chinese regering op die VSA se weerdiens spioeneer om die VSA se digitale infrastruktuur te kan saboteer. In Nederland sou ‘n ineenstorting van die digitale infrastruktuur dramaties wees. Die land se waterpompe, wat Nederland droog hou, word digitaal aangestuur, internet en televisie is digitaal en al hoe meer radio word digitaal. Amper niks meer, behalwe die koerante en die vaste telefoon, is nog ouderwets. Maar die koerante se vormgewing word al met rekenaars gemaak en steeds minder mense het ‘n telefoon met vaste lyn.

Met ander woorde: as internet op een dag uitval in Nederland sal die land reddeloos en volk radeloos wees. Nog nooit was dit so maklik om ‘n samelewing te ontwrig.

Die digitale mens het ‘n nuwe grootste gevaar geskep. In lande waar die omgewing vredig en veilig is, word konflikte maklik plotseling baie naby gebring. Juis omdat die digitalisering in hierdie gebiede so vinnig gegaan het. As ‘n kwaadwillige land of terroristiese organisasie daarin slaag om die digitale infrastruktuur te saboteer, sal almal daarvan merk.

En dit is juis die paradoks: die lande wat die veiligste is, waar konflikte die verste weg is, het hulself tewens die kwesbaarste gemaak. En juis burgers in dié lande het nooit lesse om te kan oorleef gehad…

Wees maar bly as u in ‘n land met konflikte woon. U is darem voorberei op chaos. Ek nie.

Advertisements

One comment

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s