Popsaak is ’n goeie toets van die regstelsel

Wat is die fyn details van die hofsaak tussen Hofmeyr en die komediant Conrad Koch? Ek weet nie. Volgens wat ek kon uitmaak wou die klaers nie die spesifieke woorde van die komediant waarop die aanklag berus, aangehaal he in die media nie. Vir Hofmeyr is die hele sage skynbaar ’n reuse finansiële knou. Die dreigemente teen sy lewe, wat ek nogal glo gebeur, is natuurlik kommerwekkend.

Maar daar is ’n patroon wat herhaal met hierdie dinge.

Dit is regtig jammer dat daar hierdie obsessie met die ou Suid-Afrika, spesifiek met apartheid, bestaan. Dit is tragies om die redenasies te sien, die simplistiese interpretasies oor die verlede. En die veralgemenings. Terwyl die hofverrigtinge aan die gang was het Hofmeyr in ’n woordewisseling betrokke geraak met mense op die sosiale netwerk Twitter, en beweer dat diegene wat apartheid verwerp die verkragting van blanke vroue goedkeur.

Daar is regtig eintlik niks verkeerd daarmee om die stem te sing nie. Dis binne enige mens se regte. Maar dat ons hier op ’n tydbom gesit het, het baie mense sien kom.

Daar is een ding wat ons nie kan duld in Suid-Afrika nie, en dit is persoonlike dreigemente teen mense.

En, natuurlik, ook enige veralgemenings teen rasgroepe, taalgroepe, seksualiteite en dies meer.

Maar op die oog af was hierdie dinge nie die rasionaal agter hierdie saak nie. Dit het hier skynbaar meer gehandel oor die finansiële verliese wat Hofmeyr gely het weens Koch se uitsprake. Die klaers was skynbaar ontevrede omdat Koch vir Hofmeyr finansiële skade aangerig het met sy uitsprake.

Dit is baie ironies, gesien in die lig van die jare lange veldtog wat Hofmeyr self al teen so baie mense gevoer het. Hy het al die Naspers publikasies openlik geboikot, en ook sy aanhangers aangemoedig om dieselfde te doen. So swaar gaan dit deesdae met die gedrukte media, dat Volksblad se deure amper vanjaar gesluit het. Elke ontwikkeling in hierdie verband is met groot fanfare deur baie mense van die biokot Naspers beweging gevier. Die einde van Naspers en Afrikaanse koerante is voorspel.

Ons sien dus dat hier duidelik ’n geval is van dubbele standaarde. Dit wat vir die self verwag word, word nie vir andere gegun nie.

Is dit nie presies die situasie met apartheid nie? Daar is vandag baie sogenaamde ‘aktiviste’, nogal heelwat van hulle uiters suksesvolle musikante (of heelwat minder suksesvol), wat nooit in hulle ganse lewens ‘aktiviste’ was nie. Wat in bevoorregte skole was. Wat nie veel te sê gehad het toe ander mense se regte ontneem was nie. Maar skielik, oornag, toe verander alles. Is Naspers, Volksblad, Beeld, Burger, Huisgenoot, nie ook maar ontneem van hulle inkomste nie? Deur jare se verdagmakery nie? Dat Huisgenoot sensasioneel was, en hulle tydskrifte met Steve (En ook Oscar Pistorius) se skandes verkoop het, daaraan twyfel ek min, en dit is bietjie walglik.

Maar die hele BoikotNaspers beweging is ewe walglik.

Mens lees immers van plaasmoorde in jou Volksblad.

Maar van wit op swart geweld, van mense wat hulle mans vermoor en dan maak asof dit swartmense was, daarvan sal jy op geen regse webwerf enige iets lees nie.

Want daar moet dáár ’n bepaalde illusie voorgehou word. En niks anders geld in daardie wêreld nie.

Advertisements

19 comments

  1. Wit op swart geweld? Waar kom jy daaraan? Val witmense die swart boere op hul plase aan? Gaan blanke mans en verkrag swart vroue? Die antwoord is nee. Gaan kyk eerder na die feite en wat werklik aangaan. Wat van swart op wit geweld? En swart op swart geweld? Waar trek ons die streep? Probeer ons polities korrek wees of wil ons die waarheid weet volgens feite?

    • Wit op swart geweld? Watter voorbeeld wil jy hê? Hector Pieterson? Die groot misdaad van Slawerny en die klein persoonlike misdade soos wit base wat swart vrou-slawe verkrag het net om seks te kan hê? Wat van Apartheid? Koloniale oorloë? Dit was almal eksplisiet teen ander rasse. Ek wou graag sien dat rassistiese moorde sedert die afskaffing van apartheid tot die verlede behoort het, maar wat van die Skierlik-reeksmoordenaar?

      Hou asb op om die raskwessie by moorde te sleep. Anders as waar eksplisiete ideologie mense laat moor (soos by die Islamitiese Staat of die Ku Klux Klan), is moorde oor rasgrense geen rassistiese moorde nie.

      • Die voorbeelde wat jy noem is eerder die uitsondering as die reël. Ons moet gaan kyk wat vandag in die land aangaan en volgens die feite die saak debatteer. In elk geval, ek het reageer op wat die skrywer vd artikel kwytgeraak het. Dis tog net reg dat persone daarop reageer, want n saak het altyd twee kante of hoe? Terloops, was daar enige ander reaksies of het net ek op die artikel kommentaar gelewer?

        • Nie enige ander reaksie wat ek van weet nie Frik.

          Daar is nog voorbeelde van wit op swart geweld. Daar is die Waterkloof 4 saak. Die Skierlik saak. Daar is elke dag misdaadsake waar mense mekaar moor.

          Ek moet elke dag saam met mense van ander rasse lewe en werk. Diegene wat ek mee te doen kry, is vreedsame mense. Julle wil he ek moet hulle haat. Haat en haat en haat en nogmaals haat.

          Maar ek haat geweld. Ek gee nie om wie dit is wat dit doen nie. Wat ook al hulle kleur is nie. Ek gee nie om wat daar van my gese word nie, ek gaan nie ander mense haat omdat hulle anders as ek is nie.

          Ingrid Jonker was ook ‘n kritikus van apartheid. Ek sien meneer Hofmeyr haal na hartelus haar verse aan. Hierdie vrou wat dan nou, volgens hom, ook die verkragting van blankes ondersteun het . . .

          Dankie nietemin vir jou kommentaar.

          Vrede vir jou.

      • Swart op wit geweld nou: -> Swart regering is onskuldig, swart friende en kultuur is onskuldig en Mandela wat voor die kameras “shoot the boer” gesing het is natuurlik ook onskuldig. Swart misdadigers is net ‘n klein weinig skuldig, maar na die tronkstraf het hulle “paid their debt to society” -> onskuldig. En natuurlik is hulle kinders en kindeskinders onskuldig.

        Wit op swart geweld voor 100 jare: -> Al blankes is skuldig, nou en tot ewigheid. En een blanke misdadiger maak alle blankes skuldig en ook hulle kinders en kindeskinders.

        • Die punt is dat “swart op wit” geweld (nie my woorde) nie geïnstitusionaliseer is terwyl “wit op swart” geweld wel planmatig en met regeringsgesag deurgevoer was. Jy kan nie ‘n groep verantwoordelik hou vir die daad van ‘n enkeling, terwyl jy wel ‘n hele groep verantwoordelik kan hou vir misdade wat namens die hele groep gepleeg is.

          Dit is tewens geheel onjuis om te suggereer dat swart mense wittes wil uitmoor om so blankes te straf vir die eeue waarin blankes swart mense sistematies onderdruk het.

          Na die onafhanklikheid van Suriname van Nederland het die Nederlandse staat ‘n stunning R30 miljard aan die nuwe land betaal, terwyl Suriname net 500.000 inwoners het, terwyl nog 400.000 Surinamers in Nederland bly. Na die onafhanklikheid van Indonesië het die land alle Nederlandse bedrywe en besittings genasionaliseer.

          Na die afskaffing van apartheid het die blankes slegs sake waarop hulle eintlik geen reg gehad het nie – soos die alleenreg op regering – vir almal beskikbaar gemaak. Hoewel die effekte van regstellende aksie in Suid-Afrika verlammend werk, is die mate van regstellende aksie in Suid-Afrika eintlik nog maar baie min.

          • “Die punt is dat “swart op wit” geweld (nie my woorde) nie geïnstitusionaliseer is”

            Dis die punt? Wat verskil maak dit?

            Indien jou dogter/vrou verkrag word, is dit ‘n troos indien dit nie geïnstitusionaliseer was, maar net “misdadigheit”?

            En in SA is daar geïnstitusionaliseerde stappe gemaak om wetsgehoorsaame mense te ontwapen, terwyl die polisie duisende wapens elke jaar “verloor” (“verkoop” is ‘n beter woord…).

            En wat met Zimbabwe? Was dit geïnstitusionaliseerd of nee?
            Wat met die volksmoord van Haiti? (Die blankes in Haiti wat vermoord was, was nie die eienaars van die plantasies nie, maar nuwe boere wat deur aanloksels van die nuwe swart regering in die land gekom het.)
            Wat met Idi Amin? (OK, die slagoppers was asiate, maar dis was wel geïnstitusionaliseer: https://en.wikipedia.org/wiki/Expulsion_of_Asians_from_Uganda)

            Nou, indien ‘n mens sy opvoeding van die TV kry, dis klaar dat hy niks weet wat in die TV nie getoon word, maar ‘n blogger soos jy, wat toegang tot informasie hê?

            “Na die onafhanklikheid van Indonesië het die land alle Nederlandse bedrywe en besittings genasionaliseer.”

            Ahh, kyk, jy weerspreek jouself en bring self ‘n voorbeeld van nie-wit-op-wit geweld wat wel geïnstitusionaliseerd was.

            “Na die afskaffing van apartheid het die blankes slegs sake waarop hulle eintlik geen reg gehad het nie – soos die alleenreg op regering – vir almal beskikbaar gemaak.”

            Ek is waarlik geen vriend van apartheid nie, dis was ‘n groot misgissing. En BEE het sy wortels baie diep in apartheid:

            https://en.wikipedia.org/wiki/Bantu_Investment_Corporation_Act,_1959

            Apartheid was niks anders as die plundering van die blanke belastingsbetaler vir vrede en “lording it over” die swartes. Nou is die blanke belastingsbetaler geplunder sonder enige teenprestasie.

            Nou ek is die laaste wat wil “lord over” die swartes, dus is ‘n tweestaat-oplossing die enigste moontlikheid om ‘n samelewing sonder plaasanvalle en sonder massaverkragtings te skep. Daar is ‘n reg op selfbeskikking (ja, Christian, ook vir blankes) en elke volk het die reg om van ‘n vremde staat af te stig en ‘n eie staat te stig.

      • “Anders as waar eksplisiete ideologie mense laat moor (soos by die Islamitiese Staat of die Ku Klux Klan), is moorde oor rasgrense geen rassistiese moorde nie.”

        Moment, jy sê dat ‘n moord nie so erg is nie indien dit sonder “regeringsgesag” gebeur. Maar hier skryf oor die KKK (wat baie paralele met die ANC het, BTW), wat ook sonder regeringsgesag gehandel het.

        Nou wat?
        Is die regeringsgesag nou “die punt” of nee?

  2. Barend: “Daar is een ding wat ons nie kan duld in Suid-Afrika nie, en dit is persoonlike dreigemente teen mense.
    En, natuurlik, ook enige veralgemenings teen rasgroepe, taalgroepe, seksualiteite en dies meer.”

    Ek glo wat Barend hier bedoel is:
    enige veralgemenings teen nie-blanke rasgroepe, nie-Afrikaanse taalgroepe en nie-heteroseksuele seksualiteite.

    BEE is regverdig mit “veralgemenings teen blankes” – en Barend kan dit duld.

      • Dus, jy stem saam, dat ons geen lojaliteit vir die ANC-staat skuld nie – en dat dit moralies is om gene belastings an hierdie staat te betaal?

        • Nee. Wat jy kan doen is om al jou demokratiese regte te gebruik om die regering te oortuig van jou standpunt, of om ander mense te kan oortuig sodat jy steun van ‘n aansienlike deel van die bevolking kry.

          As jy wette oortree, sal jy self die konsekwensies daarvan moet aanvaar. Of jy sal die wêreld moet oortuig dat jou misdade geregverdig word deur die misdade van die regering, soos die ANC dit tydens die struggle gedoen het. Maar dit kan net met praat, onderhandel en diplomatiek wees. En om raserige opmerkings te maak oor onskuldige mense, is dieselfde as baie ondiplomatiek te wees.

          Om teen iets te kan stry, sal jy eers jou teenstander skerp moet definieer. En jou omskrywing van jou teenstander (dit wat jy insinueer) is baie onduidelik en onregverdig.

          • “Nee. Wat jy kan doen is om al jou demokratiese regte te gebruik om die regering te oortuig van jou standpunt, of om ander mense te kan oortuig sodat jy steun van ‘n aansienlike deel van die bevolking kry.”

            Demokrasie werk net in ‘n homogene staat.

            Dit werk nie in ‘n multi-etniese staat nie. In ‘n multietniese staat stem elke etnie vir sy eie party en daar is geen “oortuig” nie, geen diskussie, niks. Daar is ook gene geheime stemming as meer as 75% van mense vir hulle party stem. (ook in SA stem meer as 75% van swartes vir die ANC en meer as 75% van alle andere vir die DA, alhowel die DA omskep in ‘n Xhosa-party, dus in die toekoms ons sal waarskynlik ‘n ANC-Zulu party en ‘n DA-Xhosa party sien.)

            Wat ons nie sal sien in SA of in enige ander multietniese staat is ‘n party wat nie op etnie gegrond is nie.

            Dis ook die grond hoekom daar in multi-etniese state veel geweld voor elke stemming is: Die staat weet wie vir wie sal stem en hulle weet dat hulle kan die stemming wen indien hulle die opposisie-etnies vermoor of anders keer om te stem.

            En dis ook die grond vir die selfbeskikkingsreg van die volke: Om jy woorde te gebruik: om die “demokratiese regte te gebruik om die regering te oortuig”. – Dis net moontlik in ‘n staat waar partye nie op etnie gebaseerd is nie.

            • Amper alle state in die wêreld is multi-etnies. Amper almal het historiese etniese minderhede. Nederland, België, Frankryk is almal histories multi-etnies en veeltalig (respektiewelik Nederlands/Fries/Papiaments, Nederlands/Frans/Duits en Frans/Nederlands/Baskies/Spaans/Bretons). In die multi-etniese en veeltalige lande werk demokrasie. Dit is ‘n fout bewering om te sê dat demokrasie nie werk in multi-etniese lande.

              Dit is ook fout om te sê dat in multi-etniese demokrasieë elke etnisiteit sy eie politieke party(e) het. Dit is eerder ‘n teken van ‘n suksesvolle demokrasie as die land se politieke partye multi-etnies is en op ideologieë, eerder as op etnisiteit, gebaseer is.

              • Ja en jy laat ook uit die Verenigde State van Amerika?! Brittanje!! En dan ook histories, die Romeinse Ryk wat uiters magtig was was ook kultureel gemeng.

                Maar nee jong, jy stry hier teen mense wat ‘n buzz phrase geleer het, en in hulle koppe het, en dit is dat verskillende mense nie kan en mag saamwerk nie. Dit sal hulle glo tot hulle vergaan! Jy kan maar se wat jy wil. So sal dit wees. En terwyl hulle sink sal hulle so veel as moontlik andere saam probeer afsleep in hulle diep gate in.

                • Hahaha, ja ek het die lande uit gelaat, maar ek het eintlik ongeveer nog 200 ander multi-etniese en multi-kulturele lande “vergeet”. 😉

                  Ek dink ‘n mens moet altyd bly praat. As ‘n mens die gesprek beëindig, sal daar geen oplossing kom nie. Selfs oorloë kan net beëindig word met ‘n gesprek tussen die verskillende groepe. 😉

  3. Christian, normaalweg reageer ek op elke laaste kommentaar, maar die keer is ek nie lus nie. ‘n Swart regering word daar gese. ‘n Swart regering nogal. Daar is baie mense in ‘n regering. ‘n Regering soos die een in Suid-Afrika bestaan uit drie bene. Die wetgewende gesag. Die regsprekende gesag. En die uitvoerende gesag. Daar is derduisende blankes wat in die uitvoerende gesag werk sowel as in die regsprekende gesag. Op plaaslike, provinsiale sowel as nasionale vlak. Ook in die wetgewers, baie blankes. Die amptelike opposisie in die nasionale vergadering se partyleier is wit, hoewel hulle leier in die parlement toevallig swart is, maar daardie persoon (Maimane) is toevallig getroud met ‘n blanke.

    Daar is groot bekende Afrikaanse sangers soos Bobby van Jaarsveld wat stem vir daardie party van Maimane, die Demokratiese Alliansie . . . EN o ja, amper vergeet ek, wat terselfdetyd ook optree by die reuse feeste van “Afrikaans is groot”. . .

    Ek steun geen politieke party nie. Ek dink nie die ANC onder Jacob Zuma regeer goed nie. Dit is gladnie waaroor hierdie blogplasing gegaan het nie.

    Maar nou ja. Hierdie mense gaan nie uit my kry wat hulle wil he nie. Net soos wat ek baie blankes ken wat nog nooit enige mens enige fisiese leed aangedoen het nie, en ook nooit sal nie, so ken ek ook massas mense van ander rasse waarvan ek dieselfde kan se. Ek kan en sal nie hierdie haatstokers ernstig opneem nie. Ek sal geen ras haat nie. Ek haat misdaad en geweld.

    Maar nou noem ek dinge vir jou van my wat jy reeds weet. Wat ek eintlik wil se is – wees versigtig om met hierdie ou te debatteer. Dit is al wat ek verder gaan se.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s