Phillip Hughes se dood was ’n frats en ’n uitsondering op die reël

Die dood van die Australiese krieketspeler Phillip Hughes is ’n reuse tragedie in die wêreld van sport, wat vrae laat ontstaan het oor die veiligheid van spelers van die spel krieket. Maar krieket het eintlik ’n goeie reputasie in vergelyking met sportsoorte soos rugby en veral boks.

 

Mens se kans om van krieket te sterf, is bitter skraal. Daar was ’n tyd gelede ’n klein beriggie in die koerant, waarin beweer word dat familie die grootste bron van stres vir mense is. So, om met jou familie te doen te kry, kan dalk veel meer gevaarlik wees as om krieket te speel.

 

Sport doen veel meer goed as wat dit skade doen. Trouens, sport bevorder fiksheid. En fikse mense is gesonder. Miskien kan die mens leer uit hierdie tragedie. Dalk kan die beskermende drag verder ontwikkel word, om insidente soos hierdie selfs nog minder te laat voorkom, dalk eendag heeltemal te laat verdwyn.

 

Die gevaarlikste ding wat mens kan doen, is om te lewe. Daar is miljuisende dinge wat ons lewens bedreig. Mens kan jouself nie in ’n kokon toespin nie. Alles kan binne ’n sekond verby wees, van die mees onverwagse dingetjie.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s