Springbokke se verloor teen Ierland kan goeie gevolge hê

Dit is altyd maklik om terugskouend te oordeel, en so die “regte” besluite te neem. Historici is meesters hiervan. Kyk as hulle darem daardie generaal was. Daardie president. Daardie afrigter. Daardie losskakel. Daardie keurder . . . Maar die praktyk is heel anders as die teorie.

Vat vir Piet Snorre. Op ’n manier mis ek die ou. Bokrugby was opwindend onder sy leiding, opwindend in meer as een opsig. Maar toe Piet daar in die ateljees gesit het, in die maande voordat hy die tuig oorgeneem het, toe het hy hoog en laag gesweer dat onder sy leiding sal die span nou BEHOORLIK transformeer. Hy sal so baie swart spelers kies dat geen haan weer sal kraai van die politici se kant af nie. En toe? Toe hy in die warm stoel beland, toe bly die span maar grootliks dieselfde, en Piet ontwikkel hierdie ding vir John Smit, op daardie stadium die Sharks se tweede keuse hakker.

Suid-Afrika se mense het bitter hoë verwagtinge as dit by die Springbokke kom. ’n Verloor teen die All-Blacks, ja, dit kan ons vergewe. Maar teen Ierland? Nee. Dit kan nie!

Tydens Saterdag se wedstryd, so lyk dit my, was daar wel weereens ’n aantal vreemde beslissings. En dit is miskien ook so dat die Bokke dalk die Iere onderskat het. Miskien het die Bokke gedink hulle kan net opdaag, dan sal hulle wen. En daar was verkeerde keuses deur die Bokke, en, en, en. Miskien is al daardie dinge deels waar. Maar wat die grootste waarheid is, is dat Ierland op die dag beter as ons was.

Lekker is die gedagte nie. Ons wil graag glo ons is die beste. Ons is so goed dat ons al span is wat die All-Blacks kan wen. Ons IS immers nommer twee op die wêreldranglys. Maar feit is selfs die heel beste, of een van die heel bestes dan, kan ’n slegte dag op kantoor he. En een van die “swakeres” kan daardie dag uitstekend wees. En dan gebeur wat Saterdag gebeur het.

As ek my sin kon kry, dan sou ek ook ander spelers gespeel het. Ek is een van die Sarel Pretorius manne. Sarel verdien ’n kans. Tog verstaan ek elke afrigter het maar sy eie idees. En mens moet daarmee leef.

Saterdag se wedstryd, die Bokke was nie regtig SOOOOO treurig nie. Briljant was hulle natuurlik ook nie. Dit was eenvoudig net Ierland se dag. En Ierland, is hulle nie immers die sesnasies kampioen nie? Suid-Afrika is nie op die stadium enige kampioene van enige beker nie. Nie wat ek van weet nie.

So, die verloor is glad nie ’n slegte ding nie. Meyer wou eintlik die toer op ’n hoogtepunt begin het, maar dit was toe nie so nie. Dit is egter een van die beste dinge wat ooit kon gebeur het. As ek nou Meyer was, dan het ek sommer ’n hele klomp honger jong spelers gekies vir Saterdag. En as hulle presteer teen Engeland, beloon hulle dan met permanente plekke in die span. Suid-Afrikaanse rugby het nogal baie diepte, en dit is sulke tye wat ons diepte goed getoets kan word. So besef die spelers bo dat hulle nie moet aanneem hulle plekke verseker is nie.

Moet sê ek dink nie hierdie toer gaan enigsins makliker word nie en die druk is nou vierkantig op die Bokke. Dit gaan bitter moeilik wees om Engeland te klop, en Wallis gaan ook hulle lippe aflek vir die Bokke . . .

Maar nou is nie die tyd om in ons span te twyfel nie. Ons moet agter hulle bly staan, al wen hulle net vir Italië, moet ons die span bly ondersteun.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s