Lesersartikel: Maak saam stem dik vir Steve!

Steve Hofmeyr (Foto: AB from South Africa / Wikimedia Commons)

Deesdae word daar baie geskryf oor Steve Hofmeyr. Meestal is dit negatief en die kritiek teen hom is regtig onregverdig. Daar is selfs borge wat hul onttrek by feeste omdat hulle nie van Steve se menings hou nie. Mag Steve dan nie n opinie hê oor iets nie?

Wat het geword van vryheid van spraak?

Hy sê tog niks rassisties nie en pleeg ook nie haatspraak nie. Hy sê dinge soos hy dit sien en daar is duisende wat met hom saamstem. Is al dié mense dan ook rassisties?

Steve doen baie vir die Afrikaner en die Afrikaanse taal en daarvoor moet hy die eer kry wat hom toekom. Dis tog nie verkeerd om op te staan vir jou volk, jou taal, jou kultuur, geskiedenis en tradisies nie. Jy haat mos nie ander oor jy lief is vir jou eie nie. Die Afrikaner en ander minderhede het die reg om op te staan vir hulself en te veg vir hul regte.

Suid Afrika is ‘n land met verskeie tale, volke en kulture en dit kan nie weggewens word nie. Gee eerder erkenning aan daai verskeidenheid en toon respek vir mekaar en vir elkeen se mening. Dankie aan Steve Hofmeyr vir sy puik musiek en dankie ook vir dit wat hy vir ons volk en die Afrikaanse taal doen.

Dis tyd dat minderhede begin saamstaan en hul stemme begin dikmaak. Saam kan ons dit doen!

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

3 comments

  1. Jy moet oppas om nie sake met mekaar te verwar nie Frik. Steve is ongetwyfeld ‘n uitstekende kunstenaar. Kuns is natuurlik subjektief en wat vir een mens goed en mooi is, is nie noodwendig vir die volgende nie. In my opinie is Steve ‘n uitstekende kunstenaar wat tydlose musiek en liriek gekomponeer het en hy kan ook besonder goed sing en optree.

    Maar waar dit by sy politiek kom, is ek maar negatief. Wat my die meeste pla van Steve is sy bande met die Pro-Afrikaanse Aksiegroep, en dan veral by name die kwasi-politikus doktor Dan Roodt. Dan Roodt is self vreeslik lief vir beledig. Kyk na hierdie artikel en dan sien jy Roodt se gelastery teen die Boeremense van Suid-Afrika, waar hy links en regs blankes as onnosel en “imbesiele” tipeer.

    http://praag.co.za/?p=21241

    Selfs die woord “imbesiel” is ’n uitgediende Sielkundige konsep wat nie in 2014 meer hoort nie, nes die woord “selfmoord” kom dit uit ’n ou orde wat nie meer van toepassing is op die lewe van vandag nie. Dit is argaïes en pedanties.

    Ek het van die berigte gelees rondom Steve se saak teen die komediant. Ek ken nie die details van daardie saak nie, en indien daar goeie gronde is vir Steve se hofbevel, dan is ek bly vir hom dat dit toegestaan is, en dat hy hom kon wend tot die regstelsel van hierdie land, een van die drie bene van die regering van ’n land vir wie Hofmeyr selde iets goed van te sê het, is dit tog verblydend dat Steve wel tekens toon dat hy iemand is wat aan die konstitusionele orde glo.

    Maar wat apartheid betref, dit is net eenvoudig nie waar dat swart Suid-Afrikaners gevra het vir apartheid nie. Toe die bevolkingsregistrasiewet in 1950 ingestem was, kon swartmense nie daarvoor gestem het nie, want hulle was eenvoudig nie toegelaat om te stem nie. En so ook nie elkeen van die hordes apartheidswette waarmee swart mense onderdruk was nie. Dit was nie hulle keuse nie.

    As aanhanger van sy kuns laat dit tog maar ’n bitter smaak in my mond dat hierdie uiters begaafde man so bitter min van swart mense se swaarkry dink. Daar was ’n tyd toe ou swart vroue soos diere gemerk was met pasboeke. Hulle kon nie gaan waar hulle wou nie, hulle kon nie handel soos hulle wil nie. Niks. Ou verswakte bejaarde vroue wat geen bedreiging vir enige mens ingehou het nie.

    • Barend,my artikel gaan nie oor Praag en dr. Dan Roodt nie. So, laat ons nie n debat oor hul begin en van die onderwerp afdwaal nie. Die artikel gaan oor Steve Hofmeyr en sy reg om n opinie te hê,asook vryheid van spraak, vryheid van assosiasie en minderhede se regte. Laat ons asb bly by die onderwerp.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s