Die ooreenkoms tussen die Ossewabrandwag, die ANC en AfriForum…

Wapen van die Ossewabrandwag (Foto: Seb az86556 / Wikimedia Commons)

Ek het vandag ’n bespreking bygewoon in verband met die Ossewabrandwag, wat 75 jaar gelede in Bloemfontein gestig is – in die pastorie van die Tweetoringkerk, o ja – Geloof en politiek is onafskeidbaar met mekaar verweef. Die hele storie het my herinner aan die IVP. Ook ‘n sogenaamde kultuurorganisasie wat uiteindelik in ‘n politieke beweging ontaard het en vyande van die ANC geword het. Was oorspronklik baie na aan die ANC. Wapen het uit dieselfde kleure bestaan as die van ANC. Buthelezi as jong man lid van ANC nes baie lede van die OB lid van die Nasionale Party was. IVP en ANC het soortgelyke oogmerke maar verskillende idees oor hoe om daar uit te kom. Presies dieselfde met die OB en die NP. Buthelezi word in heelwat kringe gesien as marionet van die NP. Hy is anti sanksies, openlik Christen en praat Afrikaans op TV, maar hy hou aan om onafhanklikheid vir Kwazulu te weier en dring aan op Mandela se vrylating. Uiteindelik sou die spanning tussen die IVP en ANC ontwikkel tot ‘n lae intensiteit burgeroorlog, veral in Kwazulu en dele van Gauteng.

So was dit ook met die Ossewabrandwag. Baie mense is tragies dood vir geen goeie rede. Paramilitêre bewegings soos die AWB werk net nooit. Weermagte wat nie ‘n politieke orde dien nie, maar ‘n lewe van sy eie het, veroorsaak al duisende jare staatkundige chaos. Soos byvoorbeeld wat in die Romeinse Ryk gebeur het. Die OB verbreek die sogenaamde Cradock ooreenkoms en ontwikkel hulle eie staatkundige idees. Dit lei tot die finale breuk tussen die OB en die Malaniete. Die OB se leiers heul in die geheim met die Nazi’s – die volle waarheid waarvan eers dekades later sou uitkom nadat akademici die Duitse argiewe gefynkam het vir hulle proefskrifte.

Daar is geen interne sisteem wat die OB reguleer nie. Daar is geen kritiese denke binne die beweging nie, die kritiek teen hulle kom slegs van buite, en soos wat die Nazi’s se diktatoriale maniere hulle ook uiteindelik laat inplof het, so gebeur dit ook maar die OB in 1952.

Interessantheidshalwe word daar toe deur iemand verwys na AfriForum. Dit is natuurlik ‘n burgerregteorganisasie, maar ook een met sterk kulturele ondertone. Daar word verwys na die ledetal en die tipe bedrae geld waaroor AfriForum per maand en per jaar toegang het. Toevallig toe ek laasweek so siek was, sit ek en kyk op KykNET na die een program, en daar praat ‘n voormalige lid van AfriForum toe en hy se AfriForum doen uitstekende werk, maar AfriForum, se die akademikus toe daar, het een groot probleem, en dit is dat daar geen dissipline binne die organisasie is nie. Sy lede is dikwels openlik rassisties en dit word oorgesien, en daarby is dit besig om hulleself op te stel teenoor ander mense van die land, of ten minste, dit is die indruk wat geskep word. Maar dit is veral die saak van dissipline wat my bybly.

Mens kan maar net gaan kyk na die Nasionale Party se geskiedenis. Wie was die NP se mees gedissiplineerde leier na Hertzog? Dit was DF Malan. Dit was Malan wat strydende faksies bymekaar kon bring en hou. Hy was iemand van rede wat die konstirusionele pad enduit wou stap. En hy wou vir Havenga as opvolger sien, maar dit het nooit gebeur nie. Na Malan sou die NP stadig maar seker verdeeld begin word, en daar is afgestig en weer afgestig.

Dieselfde wat vir die OB en Afriforum geld, en wat vir lank in die NP gegeld het, dit geld ook maar vir die ANC – ‘n gebrek aan kritiese denke. Daar is nie net ‘n onverdraagsaamheid nie, maar ‘n vyandigheid teenoor onafhanklike denke. Teenoor diegene wat die sentrale leierskap se idees uitdaag. Daar word deur middel van vrees geheers in al hierdie instellings. In die ANC se geval, sit ons nou met diepe verdelings rondom E-toll, en die Gautengse leierskap is in ‘n uiters moeilike posisie, en staan na my mening ‘n kans om hulle invloed te verloor binne die groter ANC, maar dit kan weer die party se invloed in die Gauteng provinsie ‘n knou toedien, aangesien dit die leiers is wat deur die party gekies was op provinsiale vlak.

Die ANC staan voor baie moeilike keuses, en as hulle leiers nie versigtig gaan wees nie, gaan daar lelike letsels kom. Gauteng is strategies uiters belangrik, nes die Wes-Kaap, en dit kan reuse probleme vir die ANC skep indien hulle mag gaan verloor in daardie provinsie.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s