SA-blouligbrigade kos der miljoene rande. Die Nederlandse premier ry sy fiets!

Lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (Foto: ER24 EMS / Wikimedia Commons)

Die polisie se speurdiens moet R30 miljoen afstaan aan Zuma & kie se beveiligingsdiens. Ook ander bedrae is nog toegeken aan dié diens. Die begroting van die beveiligingsdiens van die Suid-Afrikaanse regering styg hierdie jaar met R74 miljoen. Dit meld Netwerk24.

Aangesien ek die beveiligingsdiens se begroting nie op die internet kon vind nie, moet ek ‘n voorspelling doen oor die diens se begroting. Die goedkoopste tipe bewaker in Suid-Afrika kry ‘n salaris van R39 000 per jaar. In hierdie geval sou die loonkostes van die diens se 5378 medewerkers R208 miljoen bedra.

Maar as ons na die bewakers wat die motors van ‘n blouligbrigade ry, kyk (sien video onder), lyk hulle nou nie die goedkoopste tipe bewakers nie. Hulle is mans in pakke. Wat sou hulle verdien? R100 000 per jaar, wat ‘n salarisbegroting van R537 miljoen beteken? Of is ek nog te versigtig? Wat dink julle? En wat sou die materieel kos?

Die Nederlandse Dienst Bewaken en Beveiliging, wat voorheen die Dienst Koninklijke en Diplomatieke Beveiliging was, versorg die nie-militêre beveiliging van die Koninklike Gesin, die ministers en buitelandse diplomate. Die diens het 392 mense in diens en kos (inklusief materieel) R130 miljoen per jaar.

Slegs die Koninklike Gesin, die minister-president en die omstrede politikus Geert Wilders word permanent bewaak en slegs die motors van die Koning en die minister-president is gepantser. Die ander ministers, buitelandse diplomate, lede van die parlement, of hoës uit die provinsiebestuur word nie permanent bewaak nie. Dit is bekend dat die minister-president nie van sy motor hou nie en – veral na die werk – liewer sy fiets gebruik sonder sigbare bewaking naby. En ja, soms is daar snaakse oomblikke as hy agtervolg word deur betogers…

Hoe anders is dit as in SA, waar Netwerk24 skryf: “Dié BBP-wagte moet vir Zuma, sy kabinet, provinsiale LUR’s, ander BBP’s, sekuriteitshuise en regeringsinstellings bewaak.”

In Nederland word net die paleise van die Koning permanent deur die weermag bewaak. Dit kos glo R200 miljoen per jaar. Die Nederlandse parlement word nie eens gewapend bewaak nie. Daar is 4 gewoon polisiemanne met eenvoudige handwapens wat die regeringssentrum, die Binnehof, bewaak.

Ek’s jammer vir Suid-Afrika met sy plus-R600 miljoen BBP-beveiliging, teenoor Nederland se 350 miljoen. Ek wonder wat gebeur as ons die R250 miljoen se “beveiligingskostes” vir Nkandla gaan saamvat… Net jammer dat die Nederlandse regering vorige maand besluit het om vier eeue oue Nederlandse paleise te restoureer. Koste? R500 miljoen… Maar sommige van die Nederlandse paleise is openbaar toeganklik en per paleis is die restourasie steeds goedkoper as Zuma. Ha!

Die blouligbrigade in Suid-Afrika:

Die Nederlandse minister-president, sy fiets en die parlementêre pers:

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s