Boere moet werkers beter behandel!

(Foto: Xemenendura / Wikimedia Commons)

As Nederlandse boerseun is ek stomgeslaan hoe Suid-Afrikaanse boere hul werkers behandel. As Nederlander is die wêreld van permanente huishulpe en werkers op die plaas my vreemd. Baie vreemd.

Noudat Cosatu se Tony Ehrenreich weer oproepe gedaan het om plase in die Wes-Kaap te beset, reageer sommiges uit die ander kamp stomgeslaan.

Ten spyte van Tony Ehrenreich se belaglike oproep, het elke leuen ‘n kern van waarheid.

Nee, die storie gaan dalk nie oor die wetlike vereistes hoe boere met hul werkers moet omgaan nie. Dit gaan dalk oor menslike omgang.

Self is ek ‘n boerseun, afkomstig van ‘n plaas sonder werkers. In Nederland is dit hoogs ongewoon dat daar werkers op ‘n plaas is. Sedert die meganisering in die 1960’s en 1970’s  is daar nouliks werkers meer oor. Toe ons in die 1940’s begin het om ‘n nuwe provisie uit die see te bou, was daar wel werkers nodig op die nuwe platteland, omdat die plase op die nuwe land groter is as op die ou land. Wat egter opval is dat werkers, soos op die ou land, nooit op die plase woon nie.

Maar ek werk ook op plase van ander boere. Ek sou dit nooit-nie aksepteer as plaaseienaars my as ondergeskik behandel of selfs in die bakkie sit, toesig hou op my werk en ‘n bietjie blaf vir my. Hoe sou jy voel as iemand vir jou gaan sit en kyk hoe jy werk? Ek’s mos nie sy slaaf nie en verwag van my baas dat hy saamwerk.

As Suid-Afrikaanse boere kla weens die minimumloon van hul werkers, wat R105 per dag verdien, kan ek net baie hard lag of baie hard huil… As plaaswerker in Nederland verdien ek R400 tot R600 per uur, afhanklik van die seisoen. Per dag werk ek so ses ure, veral selfstandig op ‘n plaas, byvoorbeeld as die eienaar op vakansie is. Dit beteken dat ek op een dag in die somerseisoen ongeveer R3 600 verdien – meer as my Suid-Afrikaanse eweknie in ‘n maand verdien. Die minimum maandloon van my Suid-Afrikaanse kollega bedra mos R2 274,82…

Of het Suid-Afrikaanse boere soms meer as 30 werkers in diens? Werklik? Ek dog die gemiddelde aantal werkers op ‘n plaas in Suid-Afrika bedra ongeveer 4 tot 6 werkers?

Nee, die grondstof vir onrus op die plase is nie Tony Ehrenreich se oproep of die onmoontlikheid van (voorheen) agtergestelde werkers om grond te koop of te kry nie. Dit is ook nie die loon nie.

Die grondstof vir onvrede onder werkers is hoe boere die werkers behandel. Ek het verskriklike tonele op Suid-Afrikaanse plase gesien en walglike verhale gehoor. Hoe plaasseuns in die koshuis byvoorbeeld skokkend negatief praat oor die werkers op hul vaders se plase.

Nee, dit gaan nie oor rassisme of diskriminasie teen die werkers nie, dit gaan oor respek en ingesteldheid teenoor die werkers. Sommige plaaseienaars in Suid-Afrika hou mos daarvan om werkers op ‘n siniese manier verantwoordelik te hou vir hul foute.

As jy nie vir iemand verantwoordelikheid gee nie, kan hy hom nie verantwoordelik gedra nie. As jy iemand geen vertroue gee nie, kan hy nie toon dat hy betroubaar is nie. As jy nie vir iemand lag nie, sal hy ook nie vir jou lag nie.

Maar gee jy hom vyandskap, dan sal hy vir jou vyandskap terug gee.

Met alle gevolge, soos diefstal en plaasmoorde, van dien.

Dalk moet plaaseienaars eerder verantwoordelikheid vir die plaaswerkers gee en die werkers beter behandel. Wees vriendelik in plaas van om styf en afsydig te wees, besluit in oorleg wie wat doen in plaas van om te beveel en die belangrikste: werk op gelyke vlak saam.

Slegs daarmee kan boere die grondstof vir onvrede onder hul werkers wegneem.

En sou hierdie storie van onbillike behandeling van werkers onwaar wees, dan het die boerdery in Suid-Afrika definitief ‘n probleem met die beeldvorming oor sy wyse van besigheid.

Advertisements

2 comments

  1. Boere behandel hul werkers baie goed op plase. Hier en daar mag daar dalk n uitsondering wees. Deur te sê boere behandel hul werkers sleg en is onmenslik teenoor hulle,is regtig verregaande en onwaar. Waar is die bewyse dat boere hul mense so sleg behandel? Netso word boere nie vermoor op hul plase omdat hulle die werkers sleg behandel nie. Dis mos nie waar nie. Daar is ander redes hoekom plaasaanvalle plaasvind en boere vermoor word. Dis beslis nie net misdaad nie en nog minder oor werkers sleg behandel word. Boere moet eerder beter beskerm word en plaasaanvalle moet verklaar word tot prioriteitsmisdaad. Suid Afrikaanse boere is die beste!

  2. Ou seun, as boer in SA die selfde geld moet betaal as wat in Nederlands die geval is, sal elke boer bankrot raak. Moenie Nederland en SA vergelyk nie en ooknie jouself met die tradisionele swart werker uiot Afrika nie. Dis soos om Porche met ‘n 19voetsek Ford te vergelyk.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s