Ag mevrou Loots, as selfs u onsin begin praat…

Sonja Loots, skrywer en rubriekskrywer in Rapport, maak haarself skuldig aan als waarteen sy gewoonlik stry: ondeurdagte menings. Tydens haar tyd in Nederland het ek haar geluk gewens vir haar alternatiewe menings in dié koerant. Maar haar vorige rubriek, onder die titel Doodluiterse rassisme bloei in stamland, het my regtig baie boos gemaak, juis omdat sy nou die oop deure intrap. Darem my oop brief aan Sonja Loots.

Geagte, mevrou Loots,

Nederland Bekent Kleur se betoging teen rassisme en diskriminasie (Foto: Jos van Zetten / Wikimedia Commons)

U gooi twee oënskynlike verwante dinge saam in u rubriek in Rapport, wat heeltemal nie saam behoort te wees nie. Ja, wat u in Nederland gesien het en die afleidings wat u daarvan gemaak het, lyk so logies… Maar dit is nie.

Mevrou Loots, u begin ‘n storie oor hoe Amsterdammers praat van “naffers”, wat ‘n samesmelting van “Noord-Afrikaans” en “kaffer” sou wees. Ek het, as student wie se M-verhandeling gaan oor deelneming van Noord-Afrikane in die Nederlandse samelewing, nog nooit (van) daardie woord gehoor nie. Tweedens verskil die betekenis van die woord “kaffer” in Nederlands duidelik van Afrikaans: in outydse Nederlands was dit juis die woord vir Noord-Afrikane of More. Die bewering dat Nederlanders na Noord-Afrikane as “naffers” verwys, is myns insiens ongegrond, omdat Nederlanders dan eerder die woord “kaffer” sou gebruik. En gelukkig word die woord amper nooit gebruik nie.

Ja, Noord-Afrikane, met name Marokkane, is baie onpopulêr in Nederland, maar dit word hoofstroom nie bevorder deur enige rassisme of afkeer jeens die bevolkingsgroep nie. Die statistieke is baie duidelik: 65% van die Nederlands-Marokkaanse seuns tussen 12 en 23 jaar is verdagte van ‘n misdaad gewees. En elke jaar is 20% van die Marokkaanse mans tussen 18 en 25 jaar verdagte van ‘n misdaad. Selfs as die Centraal Bureau voor de Statistiek vir die agtergestelde sosio-ekonomiese posisie van Marokkane in Nederland korrigeer, is die misdaad onder Nederlandse Marokkane 3 keer hoër as onder oorspronklike Nederlanders.

Mevrou Loots, natuurlik is daar mense wat rassisties raak – en hulle hou daarvan om hierdie statistieke te misbruik – maar hulle is nes representatief vir Nederlanders as die Afrikaner Weerstandsbeweging vir u.

Tweedens gebruik u die Zwarte Piet-debat as rede om te toon dat Nederlanders rassisties is. Die argument het ewe veel waarde as die argument dat Nederlanders nie rassisties kan wees nie, omdat die helfte van die oorspronklike Nederlanders (wat 78% van die bevolking is) minstens een verhouding met ‘n persoon met ‘n ander kulturele agtergrond gehad het.

Ja, Zwarte Piet is ‘n karikatuur, maar nie van swart mense nie. Die skrywer Adjiedj Bakas, self van Nederlands-Karibiese oorsprong en ‘n afstammeling van slawe, het verklaar dat afstammelinge van slawe hulself ongegrond identifiseer met Zwarte Piet. Lees ook sy artikel oor die Zwarte Piet-debat en die denkbeeldige “verwantskap” met slawerny.

Buitendien het die regter verklaar dat Zwarte Piet nie in stryd met artikel 1 van die Nederlandse grondwet is nie, wat diskriminasie verbied. Die regter het egter gesê dat “wie zich gediscrimineerd voelt, gelijk heeft.” Dus, mevrou Loots, as ek – as Nederlander – my nou gediskrimineer voel deur u artikel, kan ek vra vir ekskuus. En volgens die regter moet u vervolgens jammer wees vir wat u gesê het. Hoe vreemd sou dit wees!

Die moeilikheid is dat Zwarte Piet by die Nederlandse kultuur hoort soos Afrikaans en koeksisters deel is van Afrikaners se kultuur. Buitendien is dit slegs ‘n klein groepie mense met ‘n donker velkleur wat teen Zwarte Piet gekant is en daarin geslaag het om die debat te kaap. Soos die Kommandokorps dikwels daarin slaag om die Nederlandse debat oor Afrikaans te kaap.

Die derde ding wat u dalk nie geweet het nie, is dat die debat oor die misdaad onder Nederlandse Marokkane ‘n probleem is wat ontstaan het met die immigrasie van Marokkane na Nederland, terwyl die Zwarte Piet-debat ‘n binnelandse aangeleentheid is, tussen oorspronklike Nederlanders wat almal volledige staatsburgers is. In teenstelling tot u land het Nederland in 1954 die verskil in burgerskap tussen burgers in die moederland en onderdane in die ou kolonies afgeskaf en is die staat se struktuur verander in ‘n federale koninkryk. Miskien sê dit meer oor u dat u nie kon bedink dat mense met ‘n ander velkleur oorspronklike Nederlanders kan wees.

Ek dink nie Nederland loop agter, ek dink Nederland het in ‘n fase van besinning beland. ‘n Fase wat u land nog moet bereik, maar waar die ANC baie hard werk om dié fase te bereik, maar dan op grond van ‘n negatiewe tendens.

Buitendien, mevrou Loots, is Afrikaners nog altyd BAIE meer rassisties in hul ondertoon as Nederlanders. Want amper almal wat hulself Afrikaners noem, praat dikwels van kaffers as hulle oor ‘n ander bevolkingsgroepe praat. Eers as u dié probleem gelos het, praat ek graag weer.

Advertisements

2 comments

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s