Afrikaanses, Afrikaners stry om Nederlandse guns

Keizersgracht 141, Amsterdam. Tans die setel van die kamp van Afrikaanses. Word tans verbou danksy ‘n finansiële bydrae van Naspers. (Foto: Taks / Wikimedia Commons)

Die Week van de Afrikaanse roman in Nederland en België het tot ‘n einde gekom. Tydens talle byeenkomste het vyf vooraanstaande Afrikaanse skrywers oor hul boeke, skryfkuns en die status en gebruik van Afrikaans gepraat.

Met Sonja Loots en Etienne van Heerden was die gematigde Afrikaanse beweging verseker goed verteenwoordig. Tydens die Week van de Afrikaanse roman, wat ook die skrywers Marita van der Vyver, Kirby van der Merwe en Irma Joubert ingesluit het, is talle biblioteke en boekwinkels in Nederland en België besoek.

Ongelukkig kon ek slegs by die openingsaand in Amsterdam wees.

Toe hulle daar die Suid-Afrikaanse diplomaat, Lindsay Louis, derde sekretaris van die Suid-Afrikaanse ambassade in Den Haag, in hul visier gekry het, was die vraaggesprek skielik nie meer so vriendelik nie. Die Afrikaanse skrywers het harde verwyte oor die Suid-Afrikaanse regering se taalbeleid rigting die diplomaat gemaak.

Die ambassade het die aand al punte verloor, toe die nuwe (voornemende) ambassadeur, die hoofrolspeler van die Gupta-gate, afsprake gebreek het en nie kom opdaag nie.

Louis, wat self tweetalig Afrikaans/Engels groot geword het, het eers probeer om die taalbeleid van die ANC-regering te verdedig (dit is mos sy taak). Maar toe Etienne van Heerden en Sonja Loots die druk verhoog het, het Louis gesê dat ook sy hart bloei.

Tewens het die Digitale Bibliotheek voor de Nederlandse Letteren (DBNL) sy afdeling oor Nederlandse literatuur in Suid-Afrika geopen. Omdat die grens tussen Afrikaans en Nederlands geheel willekeurig is en Afrikaanse skrywers steeds pryse vir Nederlandse letterkunde wen, het DBNL besluit om Afrikaanse letterkunde in te sluit. Ek twyfel of daar ‘n aanlyn biblioteek is wat ‘n meer volledige oorsig van Afrikaanse en Nederlandse letterkunde in Suid-Afrika gee.

En as jy in Nederland of België bly, gaan boekwinkel toe en koop ‘n boek van jou gunstelinge Afrikaanse skrywer. Meer as 100 Afrikaanse boeke is landwyd verkrygbaar!

Maar wie dink dat slegs die “Afrikaanses” ingang in Nederland kry, is fout. Ook die Afrikaner-kamp, hierdie week onder leiding van Carel (IV) Boshoff van Orania, was laasweek in Nederland. Die Orania Beweging met Carel Boshoff en Jaco Kleynhans het een van die mees suksesvolle skakeltoere nog gehou.

Tydens die skakeltoer is hulle nie net ontvang deur politici en ondersteuners vanuit die regse hoek, maar ook deur Christelike partye. So het die verteenwoordigers van die Orania Beweging met onder meer die leier van die konserwatiewe Staatkundig Gereformeerde Partij (SGP) en die Chistelike-hoofstroom party Christen Democratische Appèl (CDA) se “skadu-minister” van Buitelandse sake gepraat.

Van die CDA se jeugtak, die CDJA, se lede is selfs lid van AfriForum Jeug. Sommige van dié lede het ook met Carel Boshoff en Jaco Kleynhans gepraat.

Dat die leiers van Orania ontvang is deur hoofstroom Christelike partye, is ‘n breuk met voorgaande skakeltoere, waarby veral (ver)regse groepe en bewegings besoek is. Desondanks het ek ‘n gevoel van ongemak gekry toe ek gelees het dat leiers van Orania weer hoës van die Front National in Frankryk en die Vlaams Belang ontmoet het. Die Vlaams Belang is tans so onpopulêr dat dit nou uit die verskillende Belgiese parlemente dreig te verdwyn. In ‘n voorgaande blog het ek geskryf dat so’n strategie ernstige risiko’s saambring. Maar om eerlik te wees, die huidige skakeltoer is ‘n verbetering.

Dat die ANC, Afrikaanses en Afrikaners almal hul standpunte in Nederland en België duidelik maak, beteken dat die gesprek oor Afrikaans nou definitief geïnternasionaliseer het. Afrikaanses en Afrikaners sal probeer om Nederland en België te laat beweeg vir hul saak, terwyl die ANC sal probeer om die lande in slaap te sukkel.

Maar die gesprek in Nederland en België sal voortduur, so het ons die afgelope jare geleer. Dit is nie langer insidentele gesprekke: dit word stadig ‘n diskoers, aangejaag deur die verskillende kampe se permanente kantore in Nederland.

Die stryd om Afrikaans se grootste internasionale en moontlike bondgenote het begin.

Lees ook ‘n artikel van ongeveer ‘n maand gelede: Wéér groot stappe vir Afrikaans in Nederland. Die artikel het ‘n aantal sake, soos die skakeltoer van Orania en die stigting van die Afrikaanse afdeling van die DBNL, nie voorsien nie.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s