Prof. Jansen en sy bestuur: Wat is beter vir Kovsies?

Hoofgebou van die Universiteit van die Vrystaat. (Foto: Carla de Villiers / Wikimedia Commons)

Na die rowwe jaar vir Kovsies met skandale rondom transformasie en vermeende rassisme en die slegte hantering daarvan deur die Universiteit van die Vrystaat se bestuur, rys die vraag wat beter is vir Kovsies.

Die feit dat die vraag gevra word, is ‘n verleentheid vir die bestuur wat so hard geprobeer het om transformasie op die universiteit tot ‘n sukses te maak. Maar almal wat daeliks op die universiteit loop, kon hierdie scenario sien gebeur. Die aanloop tot vandag se berigte is lankal daar.

Die hoofprobleem is dat die sfeer op die Sentraalkampus in Bloemfontein al meer en meer politiek raak. Spannings tussen studente met verskillende agtergronde loop op weens wedersydse onbegrip, gebrek aan respek en gedwonge transformasie.

Een deel van die probleem word veroorsaak deur die feit dat sommige studente in hul moedertaal onderwys kan volg, terwyl ander studente verplig is om in hul tweede of derde taal onderwys te volg. En waar die studente nie die reg op moedertaalonderrig vir hulself wil hê nie, maar wel gelykheid vir almal, wil hulle hê dat almal in hul tweede taal onderwys volg. Dit is waar die probleme ontstaan.

Met hierdie argument word sommige meertalige koshuise in eentalige koshuise verander. My meertalige koshuis op die Kovsie-kampus moes twee van die universiteit se drie amptelike tale uitgooi omdat ‘n klein minderheid van 10% sulke groot opslae gemaak het dat die handhawing van die meertalige situasie onverstandig was. Hulle het dit as onregverdig beskou dat sommige mense in hul moedertaal bedien is, terwyl ander mense slegs in hul tweede of derde taal bedien kon word. Glo 70% van die studente in die koshuis, veral Afrikaans en Setswana-sprekers, het onder die besluit gely.

Ook die afspraak dat politieke partye nie mag deelneem aan die studenteraad se verkiesings word voortdurend geskend: SASCO is meer dominant aanwesig op die Kovsie-kampus as AfriForum Jeug by Tukkies, waar politieke inmenging wel toegestaan is. Die reël dat politieke partye nie mag deelneem aan die SR-verkiesings stam uit 2011, toe die ANC-Jeugliga die hoofgebou bestorm het. Nie-handhawing van die reël verhoog die spannings na elke SR-verkiesings.

Met vanjaar se skandale, word die persepsie versterk dat die universiteit se bestuur die sake nie onder kontrole het nie.

Dit lyk of die beleid van vrywillige transformasie vervang is met ‘n beleid van meer dwingende transformasie. En alles wat nie transformasie bevorder nie, word hardhandig ter syde geskuif. Daar word hard opgetree teen alles wat die prentjie van ‘n perfekte universiteit bederf. Dit is juis die onnodig harde en onsensitiewe beleid wat duidelik gemaak het dat nie als sonskyn en rosegeur op die Kovsie-kampus is nie, soos die huidige storie rond die afwikkeling van die insident van vermeende rassisme, waar twee onskuldige wit studente sukkel om ‘n gesprek met die vise-rektor te kry nadat hulle ongegrond geskors was na ‘n bewering van rassisme teen ‘n swart medestudent.

Dit werp die vraag of op die universiteit se bestuur, en meer presies vise-rektor prof. Jonathan Jansen, se optrede kan voortduur of dat die bestuur en vise-rektor vervang moet word.

Dan kry ons die vraag wat beter is:’n voortdurende wanbestuur onder Jonathan Jansen se regime of ‘n nuwe politieke aanstelling wat waarskynlik meer ANC-gesind is. Die minister van onderwys bepaal mos wie die nuwe (vise-)rektor van ‘n universiteit is.

Die feit dat hierdie vraag nou in sekere – beduidende – groepe in die samelewing gestel word, dui op die mislukking van Kovsies se transformasiebeleid. Die sukses van die begin van Kovsies se tranformasiebeleid was juis die erkenning van almal, ook van die groepe wat ‘n stappie terug moes doen.

Die basis  van die sukses was dat vise-rektor prof. Jansen met al die verskillende faksies gepraat het en vervolgens ‘n afweging gemaak het waarmee al die faksies kon saamstem. Die  huidige, onnodig harde en onsensitiewe houding van die universiteitsbestuur dui op min ruimte om te praat.

Aan die einde van sy Maandagbulletin aan studente en personeel vra prof. Jansen mense om met hom te praat. Maar is hy bereid om te luister?

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s