Bieroorlog tussen brouerye begin: SABMiller wil Heineken koop

Heineken lewer bier af by kroeë in die Warmoesstraat, Amsterdam (Foto: Cainebogdan / Wikimedia Commons)

Die planeet se drie grootste bierbrouerye het amper oornag ‘n oorlog begin. SABMiller, as tweede grootste bierbrouer in die wêreld, het afgelope naweek ‘n bod gedoen op die derde grootste bierbrouery, die Nederlandse Heineken. Dit kom nadat gerugte losgebreek het oor ‘n moontlike oorname van SABMiller deur die konglomeraat Anheuser-Busch InBev, die grootste brouery in die wêreld. Met die koop van Heineken sou SABMiller ‘n oorname deur AB InBev wil keer.

Die bod van SABMiller het groot opslae gemaak in Nederland, omdat weer ‘n Nederlandse bedryf kan verdwyn. Na die bekende mynboubedryf Biliton (verkoop aan SA), vliegtuigbouer Fokker (verkoop aan Duitsland), lugdiens KLM (verkoop aan Frankryk) die bank ABN-AMRO (verkoop aan die Verenigde Koninkryk, Spanje en België) voedselbedryf Numico (verkoop aan Frankryk) en winkelbedrywe soos Makro (verkoop aan die VSA) en HEMA (verkoop aan die VK) kan weer ‘n Nederlandse bedryf verdwyn. Sommige verkope lyk op korrupsie, omdat bestuurders persoonlik honderde miljoene rande verdien aan die verkope.

Maar die rykste familie van Nederland, hoe voorspelbaar die Heineken-familie, het die bod om hul meerderheidsbelang in hul brouery aan SABMiller te verkoop geweier. Die Amerikaanse sakeblad Forbes skat die vermoë van mevrou Charlene Heineken op ongeveer R120 miljard. Die Heineken-familie het die geld wat hulle met die verkoop kan verdien eenvoudig nie nodig nie.

En nou is die Vereniging van Effectenbezitters (VEB), wat klein en groot beurshandelaars verteenwoordig, boos op die Heineken-familie, omdat hul kans om geld te maak nou gekeer word. Die standpunt is hoogs opmerklik, omdat die VEB juis teen die buitelandse oorname van ander Nederlandse bedrywe was.

En nou is die Nederlandse samelewing, wat baie uitgesproke is, weer boos op die VEB, omdat dit slegs sy eie belang sou verdedig, en nie die belange van Nederland as ekonomiese mag nie. Hoofdeel van die argument is dat die Nederlandse ekonomie uitverkoop en vermors word.

Maar anders as op talle bande in taal, kultuur, verwantskap en ekonomie was daar nog nooit ‘n band in bier tussen Suid-Afrika en Nederland nie.

Ons sal sien waar die bieroorlog tussen Anheuser-Busch InBev, SABMiller en Heineken gaan eindig. Maar seker is dat ietsie met ‘n Nederlandse klank gaan sneuwel: Of ‘n volledig Nederlandse brouery, of ‘n brouery met sy oorsprong in die hart van die Nederlandse bestuur aan die kaap: die Kasteel.

Maar een ding lyk duidelik: Die Heineken-groep is nie te koop nie.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s