Wat as Flip Buys se argumente nie saak maak nie?

Die logo van Solidariteit (Foto: Solidariteit / Wikimedia Commons)

Ek lees baie graag artikels van Flip Buys. Hy verduidelik sy mening dikwels met goeie argumente, wat saak maak. Tewens dra sy argumente meer gewig as baie ander meningsvormers se menings, omdat Flip Buys die uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging is.

In die posisie as uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging is Flip Buys een van die mees invloedryke Afrikaners van hierdie oomblik. Dit beteken dat sy mening belangrik is vir die meningsvorming in sake waar Flip Buys ‘n sê in het. So kan Flip Buys die outoriteit wat hy opgebou het, gebruik om invloed te kry in sake waarin hy ‘n belang het.

‘n Mens kan sy outoriteit egter baie maklik verloor. Dit gebeur dikwels as ‘n persoon met outoriteit oor sake praat waarvan hy min verstand het of geen belang in het nie.

So ‘n voorbeeld is byvoorbeeld die voorsitter van die Islamitische Universiteit, wat as die belangrikste outoriteit op die gebied van opleiding van Islamitiese geestelikes in Nederland geld. Die voorsitter doen egter reëlmatig uitsprake oor die Turkse politiek en dit word nie in Nederland gewaardeer nie. Die uitsprake het gely tot binnelandse isolasie van die Islamitische Universiteit, ongeag sy outoriteit in Nederland met betrekking tot die opleiding van Islamitiese geestelikes.

In Nederlands is daar ‘n uitdrukking om die persoon met sekere outoriteit te waarsku: Schoenmaker, blijf bij je leest. Dit beteken dat die skoenmaker by sy lees, ‘n tipe skoenmaker-gereedskap moet bly, want hy weet mos hoe om ‘n lees te gebruik. Die punt is, as jy nie weet wat ‘n lees is nie, dat jy ook niks oor skoenmaak kan sê nie, so ek sal hóm nie kritiseer as hy die lees gebruik, omdat ek nie weet hoe om ‘n lees te gebruik nie.

Dit geld ook vir Flip Buys, tenminste, as hy ‘n persoon met outoriteit wil bly.

En onlangs het Flip Buys twee artikels op Maroela Media gepubliseer. Een waarin hy – slegs in ‘n paar reëls – sê dat die toekoms van Afrika steeds donkerder lyk. Met die artikel pleeg hy ‘n aanslag teen sy eie outoriteit, want hoekom sou ek Flip Buys se mini-artikel glo ten spyte van meer gesaghebbende en meer omvattende rapporte van talle ekonomiese institute? As Flip Buys so sy mening wil sê, sal hy minstens met beter argumente moet gebruik in ‘n langer artikel wat beter onderbou is met wetenskaplike data.

Die ander artikel gaan oor liberalisme en die militante Islam, waarin Flip Buys betoog dat die “imperialisme” van militante liberalisme aan die opkoms van die militante Islam bygedra het. Ten eerste is die mening baie aanvegbaar, omdat byvoorbeeld ook gesê kan word dat die Islamitiese kultuur geen verdraagsaamheid ken nie en darem bots met liberalisme. As Flip Buys so ‘n artikel op hoë standaard wil skryf, sal hy ook baie moet weet van die militante Islam en die verskil tussen Soenniete, Sjiïete, Alawiete en ander Islamitiese minderhede en hul verhoudings. Ek betwyfel of hy baie daarvan weet.

Buitendien speel Flip Buys in die tweede artikel met vuur. Sy beskuldiging aan die adres van die “imperialistiese” militante liberalisme kan immers vergelyk word met die indringing van die Afrikaner se “westerse” denke in donker Afrika. Vervang militante liberalisme met die Afrikaner se “westerse” denke, vervang die Midde-Ooste met Suid-Afrika en Namibië, en vervang militante Islam met regstellende aksie, en Flip Buys se argument bly ook in die nuwe opstel bestaan, alleen keer dieselfde argument hom dan teen die Afrikaner en sy bestaansreg in Afrika.

Ek is jammer om te sê, maar kan Flip Buys nie beter oor ander sake skryf nie? Oor sake wat regtig daartoe doen, vir Solidariteit, die Afrikaner en Suid-Afrika?

Want Flip Buys weet baie van baie sake. Sy mening is belangrik vir die Afrikaner, omdat hy een van die Afrikaner se min institute lei.

Nee, ek vra nie vir minder Flip Buys nie, ek vra vir een wat saak maak. Meneer Buys, bou asseblief eerder op die stewige fondamente van argumente wat saak maak as op die dryfsand van menings wat eintlik oorbodig was.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s