Lesersartikel: Uitspraak Barnard-saak is doodskoot vir minderhede

Die Konstitusionele Hof in Johannesburg (Foto: André-Pierre / Wikimedia Commons)

Die Konstitusionele Hof se uitspraak ten gunste van die Suid Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die Renate Barnard-saak is ‘n doodskoot vir minderhede. Dit beteken dat regstellende aksie onbepaald toegepas kan word en daar geen einde in sig is nie.

Swart werknemers en werksoekers gaan dus bevoordeel word, terwyl minderhede soos blankes, bruinmense en Indiërs aan die kortste end gaan trek. Ras gaan nou die enigste faktor wees wat gaan geld by aanstellings en bevorderings. Minderhede gaan dus nou nie meer werk kry nie en diegene wat wel werk het se kanse op bevordering is feitlik nul.

Kwalifikasies, ervaring, meriete en dies meer beteken nou niks, want slegs ras gaan nou geld. Onbevoegde persone word dus aangestel in poste wat swak dienslewering teweeg bring en ook n negatiewe effek op die ekonomie het.

Armoede neem dus toe en dit veroorsaak ook verdere probleme. Daar is juis ‘n toename in blanke armoede en al hoe meer blankes kry nie werk nie en dis uiters kommerwekkend.

Almal kan sien regstellende aksie se rakleeftyd is verby en dis uitgedien en dien geen doel meer nie. Feit van die saak is dat regstellende aksie nie werk nie en slegs ‘n nuwe benadeelde groep ontstaan. Tog gaan die regering voort met regstellende aksie en die Konstitusionele Hof se uitspraak help ook nie die saak nie, want nou gaan die regering eenvoudig net maak wat hul wil en minderhede aflag wat gekant is teen regstellende aksie.

Duidelik het blankes en ander minderhede nie meer ‘n toekoms in hierdie land nie, maar ons moenie opgee nie. Minderhede moet hul stem dik maak en opstaan teen blatante diskriminasie. Netso moet kiesers ook by die stembus afreken met partye wat rasbehepte wette ondersteun en eerder partye ondersteun wat veg vir minderhede se belange.

Dis tyd dat minderhede begin saamstaan en die tyd is nou!

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

One comment

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s