AfriForum en EFF se Jaco Oelofse weerspieël mekaar

Tydens die studenteverkiesings aan die Universiteit van Pretoria het Jaco Oelofse, die sekretaris van EFF-Tukkies, groot opslae gemaak deur te sê dat alle grond wat met geweld gevat is, deur die staat onteien moet word.

Natuurlik is dit ‘n politieke foefie. ‘n Goeie een, wat die aandag van AfriForum Jeug se verkiesingswins behoorlik afgelei het. Ek hoop tog seker dat Jaco Oelofse self die politieke strateeg van die aksie was, anders is hy behoorlik misbruik.

Die reaksie van baie Afrikaners op Jaco Oelofse uitsprake was ronduit walglik. Die gemiddelde kommentaar het maar gesê dat Jaco Oelofse onder die vloer moet verdwyn. Die internetredaksies van Media24, Maroela Media en talle ander aanlyn-nuusdienste was volstoom besig om diskriminerende kommentare te verwyder.

Soos elke Suid-Afrikaner het hy die grondwetlike basisreg om sowel aktief as passief deel te neem aan die politieke proses in die land. Sonder hierdie reg geen demokrasie nie. Wie Jaco Oelofse se deelname aan EFF as volksverraad beskou, is niks anders as ‘n rassis. Elkeen het die reg op sy eie standpunte en as jy nie met iemand saamstem, behoort jy hom op sy (veranderlike) standpunte aan te val en nie op sy nie-veranderlike eienskappe.

Talle kommentatore – reaguurders volgens internet-Nederlands (hulle reageer so guur) – sien egter nie die storie agter die storie nie. Wie die artikel goed lees en die twitterblad van Jaco Oelofse lees, sien hoekom Jaco Oelofse deel van die EFF geword het: omdat die meeste Afrikaners so verskriklik allergies reageer op almal wat van ‘n bietjie tot baie anders is.

Wie die twitterblad van Jaco Oelofse lees, lees dat anti-rassisme en gelykheid vir almal die basis is vir sy politieke standpunte. Dit, en nie swart nasionalisme, swart ekonomiese bemagtiging of kommunisme, lyk die redes hoekom Jaco Oelofse hom aangesluit het by die EFF. Politiek draai uiteindelik mos om eiebelang: eiebelang vir jouself en vir die mense waarmee jy identifiseer, is die dryfveer van politiek aktief wees. Anders is jou politieke standpunte nie volhoubaar nie en sal jou mening oortyd verander.

Hy, as ‘n Afrikaner gay man, is mos deel van ‘n minderheid binne ‘n minderheid wat nie geaksepteer word deur sy eie minderheid nie. Sy perspektief op minderheidsregte is bepaal deur die selektiewe mate waarin sekere Afrikaners minderheidsregte eis. So wil Afrikaners wel eie minderheidsregte hê, maar is baie Afrikaners byvoorbeeld teen die reg van die LHBTQ-gemeenskap om te kan trou.

En juis dit laat die LHBTQ-gemeenskap (en ander mense) op die barrikades klim. Die besluit van Jaco Oelofse om as “rebelse” LHBTQ binne EFF politiek aktief te wees, pas in die tradisie van die “anargistiese Queers”. Buitendien is die binne die Christelike konteks van die Afrikaner enige gay wat opstaan vir sy regte direk ‘n anargis, omdat die gemiddelde Christelike Afrikaner steeds baie weerstand bied teen regte vir die LHBTQ-gemeenskap. Dit terwyl die grootste Christelike party van Nederland, die CDA, wat presies dieselfde Nederduits-Gereformeerde agtergrond het, sedert 2006 reeds twee gays en ‘n lesbiër as minister in Nederland aangewys het.

Ek dink Jaco Oelofse wens net om geaksepteer te word; om as gewoon en normaal gesien te word. Maar hy wens ook van sy regte gebruik te kan maak, en dus nie as deel van die minderheid – dus as anders – uitgewys te word nie.

En dit is juis waar die verskil met AfriForum (Jeug) inkom. AfriForum wil minderheidsregte omdat hulle minderhede as “anders” sien. Jaco Oelofse wens regte om gelyk te kan wees, terwyl AfriForum regte wens om anders te kan wees. Die persepsies op minderhede se regte is geheel teengesteld.

Gelykheidsregte en minderheidsregte is mos nie dieselfde nie. Beide is belangrik, want sonder gelykheidsregte bestaan daar geen minderheidsregte. As net die verskil tussen mense uitgewys word, ontaard dit in apartheid of verzuiling. En sonder minderheidsregte is gelykheidsregte onmoontlik. As minderhede nie erken word nie, is gelykheidsregte mos oorbodig, omdat almal reeds gelyk is: Sedert die kulturele rewolusie in China bestaan daar amptelik geen minderhede meer nie, en die noodsaak van gelykheidsregte soos byvoorbeeld vir gestremdes en gays, word darem heeltemal deur die Chinese regering ontken. In Europa is gelykheidsregte en minderheidsregte darem met mekaar verbind – en juis dit maak minderheidsregte en gelykheidsregte so’n groot sukses.

Dit is jammer dat AfriForum nie daarin slaag om gelykheidsregte as deel van die organisasie se standpunte te aksepteer nie. In hierdie opsig vertolk AfriForum die Afrikaner se allergiese reaksie teen als wat anders is, perfek. Dieselfde geld egter vir Jaco Oelofse en sy EFF. Met die EFF-standpunte teen minderheidsregte (byvoorbeeld teen Afrikaans as onderrigtaal) is gelykheidsregte ‘n utopie.

Ek dink AfriForum  (Jeug) sowel as Jaco Oelofse (en die EFF) sal goed moet besef dat hulle beide ‘n ander se regte implisiet ontken.

This slideshow requires JavaScript.

Die hele mediastorie word ook op kampus uitgeveg, waar AfriForum Jeug ‘n alliansie van partye uitgedaag het deur ‘n plakkaat te verwyder en ‘n nuwe een met die uitslag van die studenteverkiesings op te laai. Die Anti-Racism Forum het die plakkaat van AfriForum Jeug weer verwyder.

Nota: Minute voor die publikasie van hierdie artikel het Jaco Oelofse sy twitterrekening verwyder of sy twitternaam verander.

Advertisements

9 comments

  1. Ek kan nie anders as om my hoed vir jou te lig nie i90Christian. Hierdie is een vou jou heel beste plasings wat ek al gelees het.

    Miskien sal jy onthou so tyd gelede, tydens die 2014 verkiesing, hoe die grootbaas van PRAAG, die doktor, so liries oor die EFF geraak het!

    Die politiek spektrum werk so, die reaksioner se gedrag toon baie ooreenkomste met die van die revolusioner.

    Dit is iets wat ek geleer het jare gelede as studentjie aan die Universiteit van die Vrystaat in Politieke Wetenskap I, en daardie lessie het vasgesteek. Die sogenaamde ver regste het nogal baie in gemeen met Malema. Hy wil niemand se regte respekteer nie en wil net chaos veroorsaak en baasspeel oor andere . . .

  2. Nee wat,vir my as Christen is gay wees verkeerd en onaanvaarbaar. Dan is dit ook nie baie slim vir n blanke persoon om by die EFF aan te sluit nie. Die EFF wil juis grond wat blankes besit,onteien sonder vergoeding. Volgens hulle het die blankes,en spesifiek die Afrikaner,die grond gesteel by swartmense. Dis onwaar en n blatante leuen. Kyk hoe skoorsoekend was hul met die VF Plus in die parlement gewees. Die EFF is beslis nie n aanwins vir Suid Afrika nie.

    • Die probleem is dat ‘n mens nie kies om gay te wees nie. Net so min jy jou velkleur kies. Dankie tog vir die begrip daarvoor. Jy kan homoseksuele handelinge maar afwys as jy wil, maar jy kan nie die gay-wees onaanvaarbaar vind nie, omdat jy dan Sy skepping en daarmee die heerskappy van Hom afkeur.

      Maar ek is nie lus om nou hier ‘n debat oor gayregte of enigiets te voer. Die artikel is duidelik: jy kan net werklik minderheidsregte eis as jy gelykheidsregte ondersteun en andersom.

      Elke poging om minderheidsregte vir Afrikaners te verkry, sal gekeer word deur sy eie onwil om regte van ander mense te ken. En daarmee herhaal die geskiedenis homself.

      • Stem beslis nie saam nie. Hoe kan mens God se skepping ontken as jy gekant is teen homoseksualiteit? God sê dan duidelik in die Bybel homoseksualiteit is verkeerd en n sonde. Ek kan nie sien hoe minderheidsregte en sogenaamde gelykheidsregte enigiets met mekaar te doen het nie. Wat is gelykheidsregte in elk geval? Ek sien dus niks fout in dit wat Afriforum gedoen het nie.

  3. Terloops,my Christelike beginsels is opreg en in lyn met God se Woord. Dis nie “sogenaamde” beginsels nie. Ek is trots om n Christen te wees en sal nooit my beginsels of God verloën nie.

      • God noem duidelik in Sy Woord wat ons moet doen en nie moet doen nie. Daar is duidelike beginsels en riglyne hoe ons moet leef. Volg Jesus Christus se riglyne en dit gee vir jou n ware en opregte Christen. My beginsels en ek as mens probeer opreg leef soos God wil hê. Weereens,ek is trots om n Christen te wees!

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s