Curriebeker 2014 naweek nommer 5

Ek het al beter naweke gehad op Superbru. Ai jai jai. 1 uit 4! Vir Curriebeker! Regtigwaar.

Dit was swaar om die Bokke te sien verloor. Dit maak altyd seer. Want ek is eers ’n Springbok ondersteuner en dan ’n Cheetah. Ek was baie negatief oor die Bokke, maar glo tog hulle was ongelukkig om te verloor. Ek is bly om te kon sien hulle kompeteer en ek hoop hulle sal sterk staan teen die All Blacks. Ek is nie altyd tevrede met afrigter Meyer se spankeuses nie, maar ek staan agter die Bokke. Nes ek my span die Cheetahs sal bly steun. Volgende Saterdag, as die Groot Gees dit so wil, dan gaan ek daar op die stadion wees wanneer die Cheetahs teen die Sharks speel.

Ten minste het ons land se sokkerspan Bafana Bafana en ook ons krieketspan die Proteas gewen! Dit troos darem.

Maar nou wat betref die Curriebeker. Ek weet duidelik niks van rugby af nie. Behalwe dalk dat die OP Kings nie hulle plek in die Curriebeker verdien nie.

Ek het gewoonlik baie om te sê. Miskien sê ek weer baie die dag wat ek meer wedstryde reg voorspel het.

So aangesien ek nou ¾ verkeerd het hierdie naweek (en duidelik niks van rugby af weet nie) het ek sommer klaar my keuses vir volgende naweek se wedstryde gemaak. Dit is as volg:

OP Kings vs Bulle – Kings met 10

Cheetahs vs Sharks – Cheetahs met 40

Leeus vs Westelike Provinsie – WP met 2

Griekwas vs Poemas – Griekwas met 1

 My keuses is gemaak en nou kan ek net die RUGBY geniet!

Advertisements

4 comments

  1. My span,die Blou Bulle,het darem gewen. Goeie oorwinnings ook deur Pumas en Griekwas. Terloops,my artikel wat ek geskryf het is nog steeds nie geplaas nie. Teleurstellend,om die minste te sê. Ek oorweeg dit sterk om hierdie webwerf nie weer te besoek nie.

    • Ja, baie geluk met julle span se oorwinning.

      Dit is jammer dat jou opiniestuk nog nie geplaas was nie Frik. Ek het tyd terug probeer om jou direkte toegang te laat verkry tot die Opinieplatform sodat jy direk kan plaas. Blykbaar kon hulle jou toe nie bereik nie?

      Ek ontvang nie self lesersbydraes nie en die persoon wat dit wel doen het ek bitter min kontak mee. Ek kan hom maar slegs per e-pos bereik.

      Ek is nogal seker dit gaan een of ander tyd geplaas word maar ek kan verstaan dat jy dit vroeer geplaas sou wou sien. Ek kan seker verskoning vra, maar ek het geen beheer daaroor nie so gaan my nie veel help om vir jou jammer te se nie!

      Mooi dag vir julle!

  2. Ja,dis jammer die Springbokke het verloor en ons sal maar sien hoe vaar hul teen die All Blacks. Ek het my besluit heroorweeg om nie weer die opinieplatform te besoek en artikels te skryf nie. Sal dit maar nog n kans gee en artikels skryf soos ek die tyd het om dit te doen.

    • Ek is self dikwels nie lus om opiniestukke te skryf nie. Ek skryf net wanneer ek regtig iets op die hart het. Die plasings vat baie van my tyd. As mens ‘n ding nie meer geniet nie, moet jy jouself afvra of jy dit moet doen! Ek sal seker altyd skryf, maar net as die gier my pak.

      Jou opininiestukke sal altyd waardeer word hier Frik. Ek en jy verskil baie, maar dit is die hele punt van die Afrikaanse Opinieplatform. Ek kom nie hierheen om te boetie boetie met mense nie. Ek soek warm debatte.

      Ek is bly dat die hoofredakteur toe jou stuk oor Barnard geplaas het. Ek weet min van ons hoofredakteur, maar ek weet hy is baie besig, hy kom nie altyd dadelik by alles uit nie.

      Geniet die res van jou week en ek gaan bankvas agter die Bokke staan vir die All Blacks wedstryd. En sterkte ook vir julle Bulle. Ek sal maar weer ogies toeknyp en na my Cheetahs gaan kyk op die stadion Saterdag.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s