Lesersartikel: Regering verantwoordelik vir die ontstaan van misdaad

Die Mangaung-lokasie aan Bloemfontein se suidekant trek voortdurend nuwe bewoners (Foto: DAO)

Regstellende aksie verarm alle Suid-Afrikaners. As besighede of privaat-persoon se geld opraak, gaan die werk daarmee saam. Dit veroorsaak werkloosheid onder mense van alle rasse.

Weens werkloosheid, wat deur regstellende aksie veroorsaak word, word al hoe meer mense verplig om onwettig geld te maak, soos om by smokkelsindikate aan te sluit. Ook moet gevra word of daar soveel moorde rassisties aangevuur is of dat hierdie moorde juis veroorsaak word omdat broodwinners nie kos op die tafel kan sit vir hul gesinne?

As ek met my opleiding of weens werkloosheid (soos jy wil) nie vir my kinders kos kan verskaf nie, sal ek – as ek vir hul omgee – enige iets doen om na hul om te sien.

Beloftes van ondersteuning aan jou gesin laat jou swyg. Is alle werkloosheid erg? Of as dit ‘n gevolg van rassisme of buitelanders is, word dit gebruik om konflik te veroorsaak tot ‘n paar mense se voordeel, nes wapens en dwelms.

Regstellende aksie bevoordeel net die wat reeds ryk is of mag het.

Hoeveel onskuldige Suid-Afrikaners (van alle rasse) is reeds veroordeel of word in oorsee se tronke aan gehou in afwagting op veroordeling. Net omdat hulle op onwettige manier probeer ontsnap aan die omstandighede wat die regering geskep het? Help die regering sulke slagoffers?

Met sy vrot regstellende-aksie-beleid is die regering mos gedeeltelik verantwoordelik vir die ontstaan van sulke misdaad.

Hierdie artikel is geskryf deur Susan Stols. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

2 comments

  1. Ek dink daar is beslis mates van meriete aan wat jy skryf! Regstel aksie benadeel dienslewering en dus werkskepping! Hoop om meer uit jou pen te sien dankie vir jou bydrae!

  2. Regstellende aksie diskrimineer teen minderheidsgroepe maw blankes,bruinmense en Indiers. Persone kry dus net die werk oor hul n spesifieke velkleur het. Daar word dus in baie gevalle mense aangestel wat nie die werk kan doen nie en dit lei tot swak dienslewering. Netso het swart ekonomiese bemagtiging ook n negatiewe effek op die ekonomie en dienslewering,want weereens word daar teen minderhede diskrimineer. Wat armoede en misdaad betref net die volgende: Dis nie nodig om te roof,steel en dood te maak net omdat jy arm is nie. Waar is die morele waardes en integriteit in ons land? Lyk my dit bestaan nie!

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s