Curriebeker 2014 naweek nommer 4

In 2011, toe dinge lelik skeefgeloop het vir die Bokke, toe was daar gesê dat die toe afrigter, meneer Peter de Villiers, die boer met sy voorganger Jake White se kalwers. John Smit is nie meer in die span nie, maar kan ons nie maar vandag dieselfde van Heyneke Meyer sê nie? Daar is maar baie van die 2007 Bokke in daar die span. Miskien is hulle op meriete daar. Miskien het die ou manne nog die staal, maar sjoe dinge laat mens maar so bietjie ongemaklik. Kort ons nie meer van die jonger manne nie? Die honger manne?

 

Iets van hierdie vrae sal die komende naweek beantwoord word, wanneer die Springbokke te staan sal kom teen Australië. En kom wat wil, wen of verloor, die Bokke sal ons span bly. Die politiek maak ons naar maar ons bly lief vir die game. En dis waarop ons sal fokus.

 

Week 4 van Curriebeker en ek moet nou ’n baie duister en omstrede bekentenis maak. Ek het nie een enkele wedstryd gekyk nie. Ek was op pad Kimberley toe om my span, die Cheetahs te gaan kyk. Maar dinge het voorgeval. Familie was siekerig en dit was Saterdag. Toe los ons maar om te gaan, om die immer kwynende liggaamlike kragte bietjie te spaar.

 

Van wat ek gehoor het, was die wedstryde se peil nogal heelwat beter. My eie voorspellings was darem drie uit vier hierdie week. Een beter as die twee uit vier die vorige week. Die wedstryd wat ek verkeerd voorspel het, was die van die Poemas, wat toe redelik maklik met die Haaie afgereken het.

 

’n Groot verligting vir baie rugbyondersteuners, is dat die Blou Bulle darem nie te ver verloor het in hulle wedstryd teen die Westelike Provinsie nie.

 

Vanoggend op die radio, toe praat hulle al weer met Darren Scott. Ek geniet die man se insigtigte tog te baie. Die radionstasie Radio Rosestad hier in Bloem is besig met ’n projek waar mense skenkings kan maak. En omdat Scott sy wedenskap teen die omroeper Jaco de Wet verloor het oor die naweek se uitslae, het hy vir De Wet ’n tipe wine en dine geskuld. Maar toe ruil hy die wine en dine vir ’n R2000 skenking vir die radio se gee projek. Ek dink dis wonderlik en hopelik inspireer dit meer mense om geld te skenk.

 

Nietemin, toe maak Scott die opmerking daar dat al die spanne in vanjaar se Curriebeker is kompeterend en gevaarlik. Dit is wonderlik en vanjaar se kompetisie is waarlik krag teen krag. Daar is geen span teen wie daar slapgele kan word nie!

 

Nou my voorspellings vir naweek nommer 5. Dit is as volg:

 

Westelike Provinsie teen die OP Konings – WP wen met 15

Cheetahs teen die Poemas – Cheetahs wen met 15

Haaie teen Griekwas – Haaie wen met 7

Bulle teen Leeus – Leeus wen met 7

 

Maar my grootste belangstelling hierdie naweek gaan ongelukkig beslis by die Springbokke le. Ek hoop van harte dat die Bokke my skeptisisme verkeerd sal bewys.

Advertisements

2 comments

  1. Sal interessant wees om te sien hoe die Springbokke gaan vaar teen Australie. Hoop die skrumprobleme is nou uitgesorteer. My span,die Blou Bulle,vaar nie baie waffers nie en hul sal beslis beter moet speel,anders gaan daar nog lang trane gehuil word!

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s