Wéér groot stappe vir Afrikaans in Nederland

Jack Parow tydens die Koninginnedag-fees in 2011 in Eindhoven, Nederland (Foto: Maarten van Maanen / Wikimedia Commons)

Afrikaans is ‘booming‘ in Nederland. Op TV, in musiek, met boeke en tydens feeste. So het meer as 2 miljoen Nederlanders het Vrydagaand ‘n Afrikaanse optrede in een van die mees populêre TV-programme van die land gesien. En op 19 September gaan die Week van de Afrikaanse roman afskop.

Ook in 2013 was Afrikaans in die hoofrol in die miljoene program Wie is de Mol, toe die kandidate van die spelprogram sonder enige kennis van Afrikaans die gedig “Ek het gedink” van Ingrid Jonker so foutloos moontlik moes skryf, terwyl “die mol”, wat die spel probeer ondergrawe, foute probeer ingooi. ‘n Kwartier lank het 2,5 miljoen mense gesien hoe Afrikaans geskryf word… Die hele reeks met 10 episodes het trouens in Suid-Afrika gespeel.

Skaars ‘n paar maande later vertrek Nick & Simon, twee van die mees populêre Nederlandstalige sangers van Nederland, na Suid-Afrika, om hul nuwe tv-reeks, Die Suid-Afrikaanse Droom te film. Hulle het met niks meer as ‘n gitaar langs kroeë, tv- en radiostasies en gemeenskappe getrek. Dit verloop so voorspoedig, dat hulle besluit het om ‘n liedjie in Afrikaans te loods. Die liedjie het later in GrootFM se trefferlys geëindig. Die reeks is hierdie maand op TV herhaal en elke episode het (gesamentlik met die oorspronklike uitsending) ongeveer ‘n miljoen mense getrek.

Dit was so tegelyk met die tweede edisie van die Festival voor het Afrikaans en die Afrikaans verower Harte-toer van Van Coke Kartel, Bittereinder en Jack Parow deur Nederland en België. Jack Parow skop oor ‘n paar dae sy TWEEDE Europese toer van 2014 in Nederland af. In Mei het hy ook getoer en was hy nog ‘prime-time‘ in die grootste Nederlandse ‘talkshow’ De Wereld Draait Door en tewens te hore op Radio 538, die grootste radiostasie van Nederland. Tewens het hy opgetree tydens die FunX-toekennings van dié grootste urban-alternatiewe radiostasie in Nederland.

Jacqueline Tolken, ‘n kandidaat vir The Voice of Holland, het Vrydagaand een van die grootste Nederlandse treffers – in Afrikaans – in die musiekprogram gesing. Sy het dit gewaag ‘n Nederlandse liedjie van een van die afrigters in Afrikaans te vertaal. So kon twee miljoen mense ‘n vertaling van “Zij” van Marco Borsato hoor. Dit was pragtig, maar ongelukkig kon Jacquline nie oortuig nie, omdat haar optrede ‘n bietjie kragteloos was. Sy is dus ook nie verder na die volgende rondte nie.

‘n Ander en baie groot mylpaal is die Week van de Afrikaanse roman. Die week gaan wéér ‘n gevolg van die kulturele boikot tydens apartheid vernietig. Voor 1979 was die gewildste Afrikaanse boeke dikwels beskikbaar – in Afrikaans – in vooraanstaande Nederlandse boekwinkels. Na 1979 was dit eintlik net die werk van Breyten Breytenbach en Elisabeth Eybers beskikbaar in Afrikaans. Na die afskaffing van apartheid word werk van Afrikaanse skrywers, onder wie Deon Meyer en Marita van der Vyver dikwels vertaal in Nederlands. ‘n Sake-afspraak tussen Tafelberg Uitgewers en die Atheneum-boekhandel in Amsterdam om Afrikaanse boeke te verkoop het in 2011 nog misluk. Met die moontlikheid van druk-op-versoek (publishing-on-demand) wat die organisatore van die Week van de Afrikaanse roman bied, word meer as 100 resente Afrikaanse boeke plotseling teen bekostigbare pryse aangebied. Ek wonder nog watter boeke ek – as arm student – gaan koop…

Vir die mense wat in Europa bly en dit lees, die volledige program van die Week van de Afrikaanse roman kan op hul webwerf gelees word (inligting in Nederlands).

Ja, Afrikaans word meer hoofstroom in Nederland. Maar daar is nog steeds baie werk te doen. So is die baadjie van apartheid nog lank nie verwyder nie. Ek doen my ding. Jy ook? Ook Suid-Afrikaners kan bydra deur byvoorbeeld Nederlandse aanlyn-artikels onder hul Afrikaanse vriende te versprei of ‘n kommentaar in Afrikaans te skryf op Nederlandse webwerwe. In hierdie aanlyn-tydperk is die uitruil van inligting baie maklik. Dus laat ons uitruil om ons gesamentlike taal en kultuur te beskerm, te verstewig en gesamentlik die storms van die toekoms tegemoet te tree.

Laat ons wees wie ons is, terwyl ons mekaar se tale verstaan en gesamentlik in vryheid en gelykwaardigheid en met respek na ander tale en kulture optree. Want gesamentlik is ons sterker as alleen.

Advertisements

2 comments

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s