Curriebeker 2014 naweek nommer 3

Ons het gesê dit gaan nie maklik wees vir die Bokke daar in Argentinië nie. Kyk, as jy met die ouetehuis wil speel, dan gaan dinge swaar gaan. Ons het dit gesien in 2011, toe Piet Snorre ook so danig was met die 2007 Bokke. En nou, nou sit ons met Heyneke, en ons worry. Ons wil he die Bokke met wen maar sjoe . . . Die taal wat in die koerante is maak mens bekommerd hoor! Daar is kenners wat sê die Bokke het hulle naar gemaak. Die groot vraag is, was die Poemas goed, of was die Bokke nie op peil nie? Ek dink ek weet wat die antwoord is, maar gaan dit maar vir myself hou.

En daar tuimel Australië toe. Dit lyk my dit was siep sop brand boude vir die manne van kiwiland nadat hulle die vorige week gelykop gespeel het. Die verskil tussen ons en hulle is dat hulle reageer wanneer daar kritiek is. En hoe! 31 punte het tussen die twee spanne gestaan toe die eindfluitjie blaas, en dit teen wat eintlik ’n goeie Australiese span is. Daar was hier en daar selfs voor die wedstryd gefluister dat die Aussies nou ’n vroeë gunsteling is vir die 2015 rugby wêreldbeker is, noudat hulle die All Blacks tot ’n gelykop uitslag kon dwing, maar ek dink na dese is daar bietjie groter skeptisisme oor daardie stelling, maar ons sal seker moet wag en sien né!

Nou, die Curriebeker. Ek is terug waar ek was by naweek een en kon net 2 uit 4 reg voorspel. Ek is nie besig om hierdie Curriebeker met my kop te speel in terme van my voorspellings nie. Ek kies die spanne wat ek graag wil sien wen. So het ek tereg opgemerk dat die Mpumalanga Poemas na alle waarskynlikheid die Griekwas sal wen. Tog my hoop op die Griekwas geplaas en hulle het toe verloor. Die WP het die Leeus gewen, soos voorspel, want soos ons weet is dit moeilik om WP op Nuweland te wen. En die Bulle het, wel, nogal gesukkel teen die OP Konings. Dinge lyk nie goed vir die Bulle nie. Ek het darem verwag wen met so 20 punte, toe net met 5!

En dan, in die laaste wedstryd, wel, ek het die verlede week gesê – die Cheetahs had die potensiaal in hulle om die Haaie te klop. Daardie Haaie is regtig nie ’n indrukwekkende klomp nie. En toe kom die Cheetahs ook nogal heel naby, maar helaas, soos so dikwels in die verlede, al weer die wedstryd weggesmyt.

Wat die komende naweek betref gaan ek nou maar al die voorlopers kies. Die Cheetahs oor Griekwas, die Haaie oor die Poemas, WP oor die Bulle en die Leeus oor die Konings. Dit is nie te sê dat dit so sal uitspeel nie. Veral die Haaie en die Cheetahs het meer as genoeg potensiaal in hulle om hulle onderskeie wedstryde weg te gooi. Maar ek reken die Cheetahs gaan alles in die stryd werp, want ’n derde verloor gaan regtig vir hulle probleme beteken.

Die Cheetahs kort dringend ligapunte in wegwedstryde – ke nako!

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s