Belhar: ’n Eietydse getuienis maar nie ’n belydenis – Johan van Rensburg

 

NG-kerk in Porterville, Wes-Kaap. (Foto: Morné van Rooyen / Afrikaanse Wikipedia)

Ek is iemand wat moeite doen om op hoogte te probeer bly oor die ontwikkeling van kerke. Die saak interesseer my. Daar is ’n duidelike verband tussen spiritualiteit en staatkundige ontwikkeling. Die een beïnvloed die ander. Mens maak ’n fout as jy, sê omdat jy dalk ongelowig of agnosties of ateïsties of wat ook al is, om sommer net die onderwerp te ignoreer. Voeg daarby die reusagtige staatkundige rol wat godsdienstige gemeenskappe speel, deur die welstand van mense te bevorder, dan begin mens eintlik eers besef hoe fassinerend die onderwerp eintlik is.

Nou het hulle hier in die Vrystaat anderdag ’n sinode gehou. En daar is skynbaar besluit dat daar gestem gaan word oor die veelbesproke Belhar beleid, uhms skies ek bedoel belydenis. Dit is geen geheim dat ek al die jare nog ’n voorstander van Belhar was nie. Maar die laaste tyd pla die onderwerp my nie juis meer so erg nie. Ek sal nie self aan die stemproses deelneem nie, aangesien ek ’n nonaktiewe lidmaat van die Nederduitse Gereformeerde Kerk is. Ek woon nooit dienste by nie.

Maar ek volg steeds die debatte rondom Belhar met groot nuuskierigheid, vir reeds genoemde redes. Godsdienssake fassineer my. Professor Johan van Rensburg het so nou hierdie goeie stuk anti Belhar propaganda geskryf waarin hy die pro-Belhar mense goed sê. Die boekie word vergesel van ’n kort DVD waarin hy sy saak stel. Die opmerklikste van hierdie DVD is vir my hoe daar in en uit gezoom word op die prediker, vir onverklaarbare redes. Dalk vir dramatiese effek, wie sal weet? Dit sal wonderlik wees as mens iemand soos professor Leon van Nierop se kommentaar hierop kon kry. Dan praat die prof, daan zoom hulle in op sy mond, op sy tande, en dan zoom hulle weer uit. En dan weer in, en dan weer uit. Soos diep asemteue.

Hoekom het my passie vir Belhar bietjie vervaag? Ek was in 2002 voorgestel en aangeneem in die kerk, soos amper alle lidmate, toe ek die ouderdom van 16/17 bereik het. Wat ek vandag weet is wêrelde verwyder van toe. Ons is baie dinge nie vertel nie. Daar is belangrike verslae in die notules van die kerk wat ek voel aan ons in ons opleiding gewys moes gewees het. Nietemin, wat vir my vandag die meeste uitstaan, is dat die sogenaamde drie formuliere van eenheid eintlik nooit regtig met ons behandel was nie. Ek wonder of al die mense in die katkisasieklas die name van die drie kon opsê. Waarskynlik nie. My skoolmaats wat in die Dopperkerk was, ja hulle moes dit nog geleer het. Maar nie die NG mense nie.

In die erdedienste was daar bitter min, indien ooit, na hierdie dokumente verwys. Dit is immers so dat daardie dokumente in die 17de eeu opgestel was. Lees mens deur die notules van die kerk, dan kom jy op verslae en besluite af wat lynreg indruis teen wat in daardie belydenisskrifte staan. Dit is eintlik dooie dokumente. Elke jaar word nuwe lidmate voorgestel wat trou sweer aan daardie dokumente. Hierdie tiener kinders is onvertroud met die inhoud van daardie geskrifte, en hulle word ook nie vertel dat die kerk self nie hierdie belydenisskrifte volgens die letter en woord toepas nie.

So wat is die punt van nog ’n dooie belydenis? Ek kom nog af en toe in ’n kerk. Bitter selde maar ja, mens is blootgestel. Ook op TV en veral radio is daar soms dienste.

Ek het in my ganse lewe nog nooit ’n teoloog gehoor wat tydens ’n preek na Belhar verwys het nie. Belhar is op 32 jarige leeftyd so dood soos sy voorgangers wat eeue oud is.

Dit is egter tog jammer, want dit lyk vir my tog asof daar ’n skeuring kom. Dit gaan onafwendbaar wees. Daar is mense wat nooit Belhar sal aanvaar nie. Ek het eendag geluister na die een, en toe stel hy die saak so. Jesus het gesê die grootste gebod is jy moet God liefhê en die tweede wat daarmee gelykstaan is dat jy jou naaste moet liefhê, maar alhoewel die tweede daarmee gelykstaan is dit tog onderhewig aan die eerste. Naasteliefde is met ander woorde nie regtig gelyk aan liefde vir God soos Jesus sê nie, aldus hierdie prediker waarna ek geluister het.

Van Rensburg argumenteer langs dieselfde lyne. Belhar handel nie oor kernwaardes nie. Naasteliefde is nie ’n kernwaarde van God se boodskap nie. Die belangrikste is die ‘vertikale’ verhouding met God. Die verhouding met die naaste is ‘horisontaal’ en is dus nie ’n belydenis waardig nie.

Dit is in kort waaroor hierdie kort werkie van Van Rensburg handel. Ek sal aanhou om die debat te volg, uit pure belangstelling. Dit gaan interessant wees om te sien hoe hierdie saak ontvou en ek hoop ek kan in die toekoms weer daaroor skryf op die Afrikaanse Opinieplatform.

Advertisements

2 comments

  1. Niks bly dieselfde nie … en tog bly alles dieselfde. Al die debatte is vir my ook interessant. Maar aan die einde is daar net een ware feit: God is liefde. Ons kan daarom redeneer soos ons wil – liefde vir wie/wat/waar. Maar eenvoudig beteken dit net om nie haatdraend te wees nie, teenoor niks en niemand nie. Om niemand te judge nie. Anyway, dis my “take” op dinge.

    • Hi. Dankie vir jou kommentaar Kelly. Jy is reg mens moet nie haatdraend wees nie. Dit is dikwels moeilik maar ons moet mekaar vergewe.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s