Solidariteit maak ‘fout’ met advertensie

DStv het weer geweier om ‘n advertensie van Solidariteit op kykNET uit te saai. Nou is Solidariteit boos en het hy die video aanlyn versprei. Solidariteit is onder meer boos omdat DStv geen rede vir die weiering gee nie.

Aan die een kant verstaan ek die rede tot boosheid. Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, is daar niks fout met die advertensie nie. In die video word ook die advertensie getoon:

Aan die ander kant gee dr. Hermann geen redes hoekom die weiering van DStv “onbillik” en darem “sensuur” is nie. Hy bespeel baie handig die gevoel van die kyker.

Nee, daar is juridies niks fout met die advertensie nie. Dit kwes geen mense nie, is nie uitgesproke rassisties nie, en gebruik geen growwe taal nie.

Maar kyk die advertensie nog ‘n keer. Dit is tog eerder die storie wat Solidariteit nie toon nie, wat saak maak. Natuurlik, advertensies toon altyd net die mooi dinge. Maar ek dink die ‘noordelike’ organisasie Solidariteit het hom lelik vergis in die boodskap agter die advertensie:

Solidariteit is slegs vir “wit” mense.

Tenminste, dit toon die advertensie. In die advertensie word net wit mense getoon. Dit is nie so erg nie, want daar is wel meer advertensies wat net “wit” mense toon. Maar die wyse waarop hulle getoon word, is wel erg.

Want wanneer het jy ‘n “wit” mynwerker? Natuurlik, Solidariteit is oorspronklik die Mynwerkersunie. Maar is in 2014 die “wit” mynwerker nog verteenwoordigend vir die meerderheid van Solidariteit se lede? Natuurlik werk daar nog “wit” mense in die mynbou, maar soos die man met houweel afgebeeld word… Voel dit nie baie onnatuurlik nie? Nie omdat “wit” mense te goed is vir die baantjie nie, maar omdat daar juis so min “wit” mynwerkers met houweel in Suid-Afrika bestaan…

Solidariteit Mynwerker
Die mynwerker uit die advertensie (Foto: Solidariteit / YouTube)

Die karikatuur van die “wit” mynwerker met houweel lyk amper soos latente rassisme.

Want Solidariteit is tog nie ‘n organisasie met slegs “wit” lede nie? Hy het lede dwarsdeur die rassespektrum. Solidariteit is betrokke by ‘n hoë-profiel regsaak in die Kaap, waar veral “bruin” mense slagoffer is van regstellende aksie. Het nie baie “bruin” mense lid geword van Solidariteit danksy die regsaak?

Maar die groot vraag is hoekom Solidariteit slegs “wit” mense toon in die advertensie. Dit is ‘n verlore kans om uit te reik na mense van ander rasse, want ‘n vakbond gaan nie oor gemeenskapsregte nie. ‘n Vakbond gaan oor individuele regte op die werk. Burgerregte-organisasies gaan oor gemeenskapsregte. En dit is AfriForum…

Natuurlik is daar vryheid van assosiasie en mag Solidariteit slegs “wit” mense in die advertensie toon. Maar die vryheid van assosiasie binne die vakbondwese behoort nie by die vakbond se kant te lê nie. Dit is die individu, die werker, wat ‘n vakbond moet kan kies wat by hom pas. Die vakbond moet dus oop wees vir almal en mag nie uitsluit op basis van watter rede dan ook nie.

En daar is niks fout om ‘n Afrikaanse, Christelike vakbond te wees nie – maar om Afrikaans en Christelik te wees het niks te doen met jou velkleur nie. En ‘n werker wat homself nie kan identifiseer met ‘n Afrikaanse, Christelike identiteit sal ook nie wil aansluit by so’n vakbond nie. Dus hoekom was die advertensie nie verteenwoordigend vir alle Afrikaanse, Christelike mense nie?

Ongelukkig is die onderliggende boodskap van die advertensie duidelik: Solidariteit is slegs vir “wit” mense.

En dit is miskien hoekom die ‘suidelike’ organisasie DStv die advertensie weier uit te saai.

En die Solidariteit Beweging sal moet besef dat hy nou so groot is, hy ‘n verantwoordelikheid het teenoor alle Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika, ongeag hul agtergrond. Solidariteit sal dit moet toon – ook in sy advertensies. Anders bly hy maar diep in sy hart die ou Mynwerkersunie, terwyl baie baie smag na die nuwe Afrikaanse, Christelike organisasie wat die leisels in die nuwe Suid-Afrika oppak.

Advertisements

5 comments

  1. Dis die eerste keer dat ek die woord houweel sien – ons noem daai ding ‘n pik.

    Maar ek stem saam met jou Christian, Solidariteit kan soveel meer wees as wat hierdie advertensie aandui. As daar regtig wit werkers is wat pikswaai sal ek graag daarvan hoor – ek twyfel sterk.

  2. “Ongelukkig is die onderliggende boodskap van die advertensie duidelik: Solidariteit is slegs vir “wit” mense.” Dit is ‘n stelling wat jy maak en dan dis jy dit op as ‘n heilige geskrif.
    Alle organisasies het lede, en sodra jy hulle begin klasifiseer as hierdie of daardie ras dan is jy besig met met ‘n ander agenda wat so oud soos die berge is. Die beste vir Solidariteit sal wees om die uitloking te ignoreer en te konsentreer op wat hulle normaalweg doen en nie in die strik trap om by ‘n polimiek betrokke te raak wat net stagnasie bring en sodoende negatief beinvloed word.

  3. Ek dink nie dit het met kleur te doen nie – alhoewel ek saamstem dat daar ‘n sterk “onderliggende boodskap” deurkom. Ek vind wel fout met die volgende: Daar word gesê “Wat is so omstrede aan hierdie advertensie dat DStv nie wil hê jy moet dit sien nie? Ons weet nie.” en dadelik daarna word gesê “DStv gee ook nie GOEIE redes nie”. My vrae: Gee hulle redes en dis net nie goed in Solidariteit se opinie nie, of gee hulle geen redes nie? Sê DStv die video is omstrede of se Solidariteit so? Oor die advertensie: Die eerste sin “Daar is NET EEN organisasie wat veg vir jou reg om te werk…” Dis onwaar. Daar is talle vakbonde in S.A. Is dit moontlik dat DStv nie vals informasie wil uitsaai nie? Is dit moontlik dat indien daardie eerste sin anders benader was, hulle dit moontlik sou uitsaai? As Cosatu dieselfde video gemaak het, en ook gesê het hulle is die ENIGSTE vakbond wat veg vir jou reg om te werk, sou dit nog ‘n “goeie” advertensie gewees het? “Ons dink dis sensuur.” Net omdat hulle dink dis sensuur, beteken nie dit is nie. As die advertensie goed uitgevoer was in die eerste plek sou daar nie ‘n probleem gewees het nie. Ek sou ook nie leuens wou versprei as ek DStv was nie.

  4. Interessante plasing!

    Ja en ons gebruik ook nie ‘baan’ in Afrikaans nie, net nog in die uitdrukking ‘baantjies vir boeties’ wanneer ons oor sommige mense praat. Ons praat van jou beroep of jou loopbaan of sommer net jou werk. Veral laasgenoemde.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s