Lesersartikel: Kyk met nuwe oë na minderheidsregte in SA

Die nuwe Suid-Afrika (Foto: Shooke / Wikimedia Commons)

Die huidige politieke stelsel in Suid Afrika is ongesond en werk nie. Die nuwe Suid Afrika is nie meer nuut nie, maar oud en gemuf. Daar moet verandering kom en die vraag is of daar nie met nuwe oë na minderheidsregte en selfbeskikking gekyk moet word nie.

Die Afrikaner voel soos ‘n vreemdeling in sy eie land en word orals uitgestoot. Netso word die Afrikaanse taal ook afgekraak en allerlei maniere word uitgedink om dit tot niet te maak. ‘n Goeie voorbeeld is dat baie Afrikaanse programme, soos byvoorbeeld die Afrikaanse nuus, van SABC 2 na SABC 3 geskuif is. Baie areas in die land kan nie kanaal 3 opvang nie en dit is juis waar die meeste Afrikaanssprekendes woon!

Afrikaners en Afrikaanssprekendes, asook ander minderheidsgroepe moet opstaan vir hul regte. Artikels 235 en 185 van die grondwet maak juis voorsiening vir regte soos selfbeskikking, kultuur en taalregte. Wat het byvoorbeeld van die Khoisan se regte geword? Wat van hul grondregte? Wat van hul kultuur, tradisies en dies meer?

Baie volksgroepe se regte word misken.

Duidelik word daar geen ag geslaan op minderhede se regte nie en word dit eerder vertrap. Ek as Afrikaner en duisende ander soos ek wil ons taal, kultuur en tradisies uitleef. Ons is trots op ons herkoms en trots op ons geskiedenis en nie skaam om te sê ons is Afrikaners nie. Ons is van Afrika en ons is hier om te bly. Netso wil ons selfbeskikking toepas waar ons kan, hetsy kulturele selfbeskikking of territoriale selfbeskikking.

Die Vryheidsfront Plus het destyds hard baklei om artikels aangaande selfbeskikking in die grondwet ingeskryf te kry en vandag veg die VF Plus nog steeds voort vir die regte van Afrikaners en ander minderhede. Dit is tyd dat die VF Plus meer erkenning en steun kry as wat tans die geval is, want hul doen geweldig baie vir ons mense.

Soos alreeds gesê, dit is tyd vir Afrikaners en ander minderhede om te sê genoeg is genoeg en op te staan vir hul regte.

Hierdie land moet eintlik deur ‘n meerderheid van minderhede regeer word en nie soos tans die geval is waar daar ‘n tirannie van die meerderheid is nie.

Selfbeskikking en minderheidsregte is die enigste toekomsgerigte oplossing vir hierdie land. Laat ons as Afrikaners en ander minderhede dus saamstaan en opstaan vir ons grondwetlike regte!

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

2 comments

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s