Lesersartikel: Mag ons hierdie seisoen puik rugby sien!

Lynstaan van die Bulle en die Crusaders in 2006 (Foto: Maree Reveley / Wikimedia Commons)

Die rugbyseisoen is weer in volle gang en dit behoort baie interessant en opwindend te wees. Die stryd in die Curriebeker-reeks kan dalk ‘n verrassing of twee oplewer, soos met die Pumas wat die Cheetahs geklop het.

Ja, in die verlede het spanne soos die destydse Noord Transvaal en Westelike Provinsie oorheers. Wie kan dan vir Naas Botha, Louis Moolman, Carel du Plessis, Rob Louw en die manne vergeet?

Ekself het op skool rugby gespeel en dit was vir my baie lekker gewees en opwindend gewees. Ook het ek toe ek nog op skool was die Curriebeker se eindstryd van 1980 tussen Noord-Transvaal en die Westelike Provinsie op Loftus Versfeld bygewoon. Netso die eindstryd van 1981 tussen Noord-Transvaal en die Vrystaat, ook op Loftus. Vir my as jong knaap was dit ‘n belewenis en iets wat ek altyd sal onthou.

Terug by vandag se rugby.

Die reeks tussen die Springbokke, All Blacks, Australië en Argentinië gaan baie interessant wees. Die Springbokke se spel verbeter en die span is besig om in ‘n hegte eenheid te ontwikkel. Goeie nuus is ook om weer vir Juan Smith terug by die Springbokke te sien. Hy is ‘n baie goeie speler en is beslis ‘n aanwins. Natuurlik gaan Fourie du Preez gemis word en myns insiens is hy een van die briljantste skrumskakels in wêreldrugby. Nou ja, hopelik sal ons die All Blacks kan klop en kan voortbou en verbeter sodat die span die reeks kan wen. Ons moet net nie teen Argentinië of Wallabies vasval nie.

Wel, sterkte aan al die spanne en mag ons puik rugby sien!

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

One comment

  1. Ja, baie bly daar is elke Saterdag RUGBY!!! Want ek soek die afwisseling. Kan nie net hele naweek boeklees of films kyk nie.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s